SuperSport Schools News

Nelspruit se Rhinos kan posisie in Virseker Noordvaal Cup verder met sege oor Klerksdorp versterk

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-05-15 Tags: , , , , ,

PHOTO: Tap Light Edits

Die Hoërskool Klerksdorp kon nie vir ‘n moeiliker eerste ekspedisie in vanjaar se Plaat-afdeling van die Virseker Noordvaal Cup gevra het nie.

Die span vanuit die Noordwes sal Saterdag teen die voorloper in die Plaat-afdeling, Hoërskool Nelspruit, te staan kom.

Die Rhinos nog onoorwonne na drie wedstryde en met 15 ligapunte heel bo-op die puntelys. Kempton Park, Zwartkop en Wesvalia is die enigste ander onoorwonne spanne oor in die Plaat-afdeling.

Die Rhinos sal wel die meer as ‘n 1,000 kilometer vir hierdie kragmeting afgelê het.

Nelspruit se heelagter, Rhandzu Mkhabela, tel onder die voorste heelagters op skolevlak vanjaar. Hy is ook tans met vier drieë die voorste driedrukker in die Plaat-afdeling. Hy kan die besoekers Saterdag heelwat hoofbrekens besorg.

Die tuisspan se skrumskakel, Kamo Monkwe, sal ook fyn deur Klerksdorp dopgehou moet word.

Klerksdorp sal heelwat selfvertroue uit sy sege van 38-23 oor Lichtenburg verlede week put. Die kragmeting was ‘n FNB Classic Clash.

In Vanderbijlpark gaan die vonke behoorlik spat wanneer Transvalia teen Kempton Park uitdraf.

Transvalia was vroeër vanjaar met 21-13 oor die Kempies baas. Daar sou wel nie veel energie in die twee spanne gewees het vir dié kragmeting nie, want dit was ‘n uitspeelwedstryd om die negende en tiende posisie van die NWU Sport-reeks.

Die twee spanne het mekaar al sewe keer sedert 2022 gepak. Transvalia was in vyf van die wedstryde baas, terwyl Kempies in 2025 (28-21) en 2024 (31-21) die septer geswaai het. Kempies se wen oor Valia in 2025 was ook in die NWU Sport-reeks. Valia het verlede jaar nog onder die groot honde in die Beker-afdeling van die Noordvaal-reeks baklei.

Transvalia se losskakel, Jaydee Maree, kan met sy skopskoen Saterdag die verskil tussen die twee spanne wees. Die tuisspan het egter nog nie vanjaar in die Virseker Noordvaal Cup die soet smaak van ‘n sege geproe nie.

Hy het teen Zwartkop (19-54) en Nelspruit (20-31) die onderspit gedelf. Kempton is egter steeds onoorwonne met twee seges oor Oos-Moot (52-8) en HTS Middelburg (27-12).

Indien die Kempies se agterhoede genoeg balbesit kry kan Aubrey Hoskin (regtervleuel) en Guillaume Botha (binnesenter) verwoesting saai.

Die spanne is :

Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Klerksdorp om 12:30 in Mbombela: 

Hoërskool Nelspruit: 15 Rhandzu Mkhabela, 14 Tye Habib, 13 Alex Hallet, 12 Rian Botha, 11 Hanre Smit, 10 Ewan van der Merwe, 9 Kamo Monkwe, 8 Vian Louw, 7 Christiaan de Klerk, 6 Aldo van Jaarsveld, 5 Ruan Ehlers, 4 Robroy MacGregor, 3 Marcel Lindique, 2 Mphobuhle Nyumba, 1 Christiaan Viljoen.

Hoërskool Klerksdorp: 15 Jayden Turner, 14 Tyran Masango, 13 Simphiwe Nero, 12 Marco Symmington, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Brendin Mathyse, 9 Rellston Wilson, 8 Gerrit Koen, 7 MP Willemse, 6 Karabelo Maseka, 5 SG De Klerk, 4 Daniel Schoeman, 3 Ricko le Roux, 2 De Wyk Pretorius, 1 De Waal Coetzer.

Transvalia t. Kempton Park om 12:40 in Vanderbijlpark: 

Transvalia: 15 Nhlosenhle MacCamel, 14 Dave Mthizi, 13 Waldo Mclean, 12 Lorenzo Flynn, 11 Xander Pretorius, 10 Jaydee Maree, 9 Johan Smit, 8 Matthew van Niekerk, 7 Caylan McLauchlin, 6 GJ Rossouw, 5 Juhan Basson, 4 Jeanre Barnard, 3 Damian van Heerden, 2 Justin Sampson, 1 Wimpie Maritz

Kempton Park: 15 Ruan Opperman, 14 Aubrey Hoskin, 13 Ettienne Stroebel, 12 Guillaume Botha, 11 Ethan Botha, 10 Heinrich Burger, 9 Kehan Kruger, 8 Christian Nixon, 7 Wihan Strey, 6 Marko van der Walt, 5 Juan Hall, 4 Ruan Mostert, 3 Reece van Loggenburg, 2 Matthew Vermaak, 1 Tristan Marx.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.