Montana, Heidelberg Volkies deur na NWU Prestige-eindstryd
Montana en Heidelberg Volkskool se netbalspanne het hul plekke bespreek in die eindstryd van die NWU Prestige-reeks met oortuigende seges in verlede naweek se halfeindronde.
Die semi-finale het opwindende kragmetings opgelewer, met spanne wat goeie strukture, kliniese afronding en soliede spanwerk tentoongestel het.
Montana het indrukwekkend vertoon om vir Potchefstroom Gimnasium met 41–20 af te ransel in hul halfeindstryd. Die Monties het hul ritme vroeg gevind om Gimmies se verdediging deurgaans onder druk te plaas en het met elke kwart hul voorsprong vergroot.
In die ander semi-finaal was Heidelberg Volkies klinies en gefokus teen Hoërskool Klerksdorp om ‘n ewe oortuigende sege van 31–13 te behaal. Volkies se verdediging het min spasie gebied, terwyl hulle doeltreffend en blitsig was op die aanval.
Marais Viljoen het vir Wesvalia met 37–21 geklop danksy puik samespel tussen hul senters en aanvallers, terwyl Pietersburg in ‘n naelbytstryd met 24-20 vir Zwartkop getroef het. Sowel die Pieties as Zwarries het rotsvas verdedig, maar eersgenoemde het op kritieke oomblikke die oorhand verkry en hul kanse in doele omskep.
Potchefstroom Volkies het hul naam hoog gehou met ‘n oorwinning van 37–23 oor Hugenote. Volkies se doelskieters was akkuraat, terwyl hul verdediging ‘n groot rol gespeel het met ‘n aantal kritieke onderskeppings. Bergsig het indrukwekkend vertoon in die middelveld, waar hul oorgang tussen verdediging en aanval vloeiend was, om met 34–24 as oorwinnaars uit die stryd te tree teen Die Anker.
Uitslae:
nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | Score |
---|---|---|---|
Heidelberg Volkies | 31 | Hoërskool Klerksdorp | 13 |
Montana | 41 | Potchefstroom Gimnasium | 20 |
Marais Viljoen | 37 | Wesvalia | 21 |
Pietersburg | 24 | Zwartkop | 20 |
Potchefstroom Volkies | 37 | Hugenote | 23 |
Bergsig | 34 | Die Anker | 24 |
- Parkies, Affies oorheers in Jubilee-liga; Klofies-kaptein vier 150ste - 2025-05-17
- Nories skok Monnas, Helpies oorrompel Florida - 2025-05-17
- Volkies vonkel versus Valia - 2025-05-16