SuperSport Schools Plus

Monnas stel ‘n afrigter uit Duitsland en ‘n dokter aan om die Wit Bulle te brei

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-11-07 Tags: ,

Reinhard Gerber destyds as afrigter van Ben Vorster in Tzaneen.

Die Hoërskool Monument van Krugersdorp het ‘n oud-Monumentaar, Reinhard Gerber, as sy nuwe hoof van rugby aangestel.

Gerber het die Wit Bulle in 1999 gespeel met toekomstige internasionale spelers soos Quintin Geldenhuys (Italië) en Jorrie Muller (Suid-Afrika) as sy spanmaats. Geldenhuys is tans die hoof van rugby by Hoërskool Trio in Kroonstad.

Buiten Gerber is die voormalige Springbok-voorryman Jannie du Plessis as die hoof van afrigting aangestel. Gerber en Du Plessis sal saam die sweep by die skool se eerstespan klap.

Du Plessis het die Springbokke in 70 toetse as stut verteenwoordig. Hy was onder andere ‘n lid van die Springbok-span wat in 2007 die Wêreldbeker verower het.

Gerber was tot onlangs nog betrokke as afrigter by die Duitse klub Frankfort 1880. Hy het voorheen ook skolerugby by Ben Vorster in Tzaneen asook Glenwood in Durban afgerig. Hy het ook as speler vir die Luiperds, Goue Leeus en Grens uitgedraf.

Monument se paneel wat die onderhoude en aanstellings hanteer het, het onder andere uit oud-Bokke van Monnas – Jaco Taute en Willem Alberts bestaan, asook die voorsitter van die beheerliggaam, Ryno Hartman, en nog ‘n oud-Monumentaar dokter Jano de Beer.

Gerber en Du Plessis het stof in die oë van ‘n hele paar sterk aansoekers geskop. Onder die aansoekers was daar voormalige Springbok-afrigters, asook huidige provinsiale breiers.

Monnas se paaie het verlede maand met Tjaart van der Walt geskei. Hy was sedert 2017 aanstuur van sake van Monnas se rugby. Die Wit Bulle het onder hom drie keer die Noordvaaltrofee in 2017, 2018 en 2022 gewen. Hy het die Wit Bulle ook in 2017 en 2018 tot kampioen van die Tuks-reeks geneem.

Van der Walt het in sy sewe seisoene by Monnas vyf trofees verower. Twee van die seisoene was boonop nie volle seisoene nie weens die Covid 19-pandemie. Van der Walt het hom intussen by Helpmekaar-kollege in Johannesburg aangesluit.

Van der Walt is met sy vyf titels as afrigter in die SDC Noordvaal Cup een van die mees suksesvolste afrigters in die geskiedenis van die oudste skolereeks in Suid-Afrika. Hy het ook twee titels as hoofafrigter van Garsfontein in 2015 en 2016 verower. Slegs Dr. Carel Kriek met nege titels vir Affies het al meer titels sedert 1920 as Van der Walt ingepalm.

Monnas se Wit Bulle het vanjaar sy grootste nederlaag nog op ‘n rugbyveld

Wynand Moolman sal steeds ‘n belangrike rol by Monnas vertolk om te verseker dat die voorste talent na Krugersdorp gelok word.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.