SuperSport Schools Plus

Monnas en Louis Botha pak mekaar op Emirates Airline-park

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-03-18

Rugbyondersteuners van die Emirates Leeus kan hul lippe aflek vir ‘n smaaklike voorgereg voor more se SuperRugby-wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs op Emirates Airline-park (Ellispark) in Johannesburg. 

Die Leeus se voorste skolespan, Monument van Krugersdorp, sal om 14:30 teen Louis Botha van Bloemfontein in ‘n voorwedstryd vir die hoofmaal speel. Dit sal Monnas se tweede wedstryd van die seisoen wees na hy Transvalia verlede week met 66-0 in die Tuks-reeks afgeransel het. 

Die wedstryd sal Louis Botha se derde van die seisoen wees. Die span het teen Welkom Gimnasium (5-32) en Duineveld (10-13) vasgeval, terwyl hy ‘n sege van 55-0 oor Witteberg van Bethlehem behaal het. Monnas se heelagter, Dandre Prinsloo, sal vir die wedstryd saam met MJ Pelser die middelveld beman. 

Pelser se gereelde sentermaat, Reyno “Bakkies” Potgieter, sal die wedstryd weens ‘n ligte besering misloop. Die span van Krugersdorp se ysterslot Ruan Vermaak, sal ook nie teen Louis Botha in aksie wees nie. 

Louis Botha se kantman Jabulani Msthatsheni sal ook nie in aksie wees nie. Hy was sover vanjaar een van sy span se staatmakers. 

Die spanne is: 

Monument (Krugersdorp): 15 Arno van der Westhuizen, 14 Karel Vahrmeijer, 13 Dandre Prinsloo, 12 MJ Pelser, 11 Jonathan Rabie, 10 Luke Rossouw, 9 Tinus Combrinck, 8 PJ Jacobs, 7 Cristen van Niekerk, 6 Kevin le Roux, 5 Jandre Botha, 4 Christopher Havenga, 3 Dewald Schoeman, 2 PJ Botha, 1 Nathan McBeth. 

Louis Botha (Bloemfontein): 15 Rethabile Mzamo, 14 Martin Lottering, 13 Marvin Ruiters, 12 Rallston Dreyer, 11 Gustav Kok, 10 Mfezeko Moyo, 9 Keaton Swarts, 8 Ayabonga Ntaba, 7 Jabulani Mtshatsheni, 6 Songezo Ngozi, 5 Brentl Marais, 4 Siyabonga Luwaca, 3 Christopher Rolomana, 2 Bradley Heyns, 1 Gela Kanya. 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.