Monnas en EG deur tot eindstryd van Tuks-reeks
Monument se eerste rugbyspan het net genoeg petrol in sy tenk oorgehad om die Hoërskool Nelspruit met 37-33 in hul halfeindstryd van die Tuks-reeks in die L.C. de Villiers-stadion in Pretoria te troef.
Monnas het twee taai wedstryde voor dié halfeindstryd gehad nadat hulle Boland Landbou Saterdag met 22-20 geklop het en Grey-kollege van Bloemfontein Maandag met 17-7. Dit was die span van Krugersdorp se eerste sege oor Grey sedert 1996.
Monnas het met die omdraaislag teen die Rhinos met 27-7 voorgeloop.
Die manne van die Laeveld het egter in die tweede helfte met ’n reuse-terugvegpoging vorendag gekom. Monnas kon egter elke keer nadat hulle moes afskop weer gou daarin slaag om punte aan te teken.
Die wenspan se losskakel, Xander Kruger, se taktiese skopwerk en besluitneming was van hoogstaande gehalte,
Die agtsteman, Len Massyn, en slot Ruan Vermaak het soos altyd voorlangs inklimspel gelewer.
Nelspruit se losskakel, Wessel Muller, se skopskoen was soos gewoonlik van groot waarde vir sy span.
Voor het die loskopstut, Stephan de Jager, die flank Dawid Joubert en die slot en kaptein, Coenie Kruger, goed gespeel.
Die verloorspan se skrumskakel, Ideon van der Merwe, verdien ook ’n klop op die skouer vir sy vertoning.
E.G. Jansen van Boksburg sal sy titel as kampioen van die reeks teen Monnas verdedig.
Die span van Boksburg het Garsfontein met 47-31 in die ander halfeindstryd verslaan.
Die span se kaptein en slot, Hendré Stassen, het Garsies probleme in die lynstane besorg. Hy het ook hard gewerk in die losgemaal en is hier met twee drieë beloon.
Die flank Dylan van der Walt was ook voorlangs ’n doring in die span van Pretoria se vlees. Hy het ’n pragdrie uit sy eie kwartgebied gedruk nadat Garsies se springers nie die bal in ’n aanvallende lynstaan kon bemeester nie.
In die agterhoede het die senterpaar Erich Cronjé en Marco Niemandt skitterspel vir die Boksburgers gelewer. Die vleuel Irvin Ali het ook gevaarlik gelyk elke keer dat hy die bal in die hande gekry het.
Eldoraigne se binnesenter, Maartin du Toit, was aan die voorpunt van sy span se sege van 43-10 oor die Hoërskool Pietersburg. Eldos se agtsteman en kaptein, Brendon Heymans, het ook goeie spel gelewer.
Die skopskoen van Kempton Park se losskakel, Francois Erasmus, het die meeste van die praatwerk in sy span se oorwinning van 30-12 oor die HTS Middelburg gedoen. Hy het 15 punte met die voet aangeteken.
Ermelo het Transvalia met 41-25 geklop danksy ’n ratverwisseling in die tweede helfte. Die twee spanne het met die telling op 13 elk gaan rus.
Marais Viljoen se buitesenter, Ederick van Niekerk, het ’n driekuns aan drieë in sy span se sege van 36-19 oor Centurion behaal. Sy direkte teenstander, Gavin Pienaar, was ook sy span se beste speler in dié nederlaag.
Puntemakers:
Monument 37 (27) – Drieë: Arno van der Westhuizen (2), Elmar du Plessis, Stian Joubert. Doelskoppe: Xander Kruger (4). Strafdoele: Kruger (3). Nelspruit 33 (7) – Drieë: Dewald Maritz, Dawid Jacobs, Marius Kruger, Eduan Engelbrecht, Stephan de Jager. Doelskoppe: Wessel Muller (4).
EG Jansen 47 (21) – Drieë: Marco Niemandt (2), Hendré Stassen (2), Dylan van der Walt, Francois du Preez, Irvin Ali. Doelskoppe: Xander Crause (6). Garsfontein 31 (12) – Drieë: Embrose Papier (2), Jaco Bezuidenhout. Doelskoppe: JP Wegner.
Eldoraigne 43 (21) – Drieë: Maartin du Toit, Marcel Meyer, Brendan Heymans, Mornay Smith, Trystan van Schalkwyk, André Kruger, Awie Smal. Doelskoppe: Armand de Beer (4). Hoërskool Pietersburg 10 (7) – Drie: Tyron Thompson. Doelskop: Morné Venter. Strafdoel: Venter.
Kemptonpark 30 (20) – Drieë: Francois Jordaan, Arnant Vorster, Lieu van Schalkwyk. Doelskoppe: Francois Erasmus (3). Strafdoele: Erasmus (3). HTS Middelburg 12 (12) – Drieë: Eric Basson, Tiaan Botha. Doelskop: Reynard van As.
Ermelo 41 (13) – Drieë: Daniël Visser, Vusi Mkhonza, Boeta Terblanché, Pieter Bekker, Leon Visser, Arno le Roux. Doelskoppe: Visser (4). Strafdoel: Visser. Transvalia 25 (13) – Drieë: Chris Herbst, Jaco Munnink, Juandré Swanepoel. Doelskoppe: Wernich Human (2). Strafdoel: Human. Skepdoel: Human.
Marais Viljoen 36 (29) – Drieë: Ederick van Niekerk (3), Jacques Moll, Migael du Plessis. Doelskoppe: Jonathan Muller (4). Strafdoel: Muller. Centurion 19 (7) – Drieë: Gavin Pienaar (2), Hannes van Dyk. Doelskoppe: Pienaar (2).
Hoërskool Klerksdorp 20 (13) – Drieë: Donovan Ivens, Willem Swanepoel. Doelskoppe: Machiel le Roux (2). Strafdoele: Machiel le Roux (2). Vereeniging Gimnasium 17 (5) – Drieë: Michael Mey, Webster Swanepoel. Doelskoppe: DC du Plessis (2). Strafdoel: Du Plessis.
Hoërskool Rustenburg 41 (22) – Drieë: Renier van der Westhuizen (2), Andries du Plessis, Arnand Fick, Arno van Heerden. Doelskoppe: Gerhard Fourie (5). Strafdoele: Fourie (2). Florida 22 (3) – Drieë: JP Swart, Devin Makriga, Tyron Dempsey. Doelskoppe: Vaigan Groenewald (2). Strafdoel: Elrico Swartz.
Ander spanne:
o.16: Eldoraigne 12, Garsfontein 10; Monument 15, Nelspruit 3; EG Jansen 29, Vereeniging Gimnasium 15; Rustenburg 33, Kempton Park 16; Transvalia 45, Pietersburg 14; HTS Middelburg 45, Marais Viljoen 5; Florida 26, Centurion 12; Klerksdorp 45, Ermelo 0.
o.15: Nelspruit 15, Rustenburg 5; Monument 13, Garsfontein 6; Florida 28, HTS Middelburg 17; Kempton Park 15, EG Jansen 8; Eldoraigne 22, Pietersburg 0; Centurion 8, Marais Viljoen 9; Transvalia 52, Ermelo 7; Vereeniging Gimnasium 19, Klerksdorp 10.
o.14: Transvalia 33, Pietersburg 15; Klerksdorp 22, Garsfontein 5; Monument 45, Nelspruit 3; HTS Middelburg 57, Marais Viljoen 0; EG Jansen 46, Florida 7; Centurion 17, Vereeniging Gimnasium 14; Kempton Park 14, Eldoraigne 5; Rustenburg 31, Ermelo 10.




