Middies wil bordjies teen Rhinos verhang

Hoërskool Middelburg soek vroeg-vroeg ‘n tweede hap van die kersiekoek wanneer hy Saterdag in Boksburg vir die tweede keer in bietjie meer as ‘n maand teen Hoërskool Nelspruit te staan kom.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Dié twee spanne het hul onderskeie seisoene vanjaar teen mekaar geopen in Mbombela, met die Rhinos wat uiteindelik met 18-13 kon seëvier nadat hulle die tweede helfte oorheers het met 12 onbeantwoorde punte.
Die Middies het egter daardie stryd sonder ‘n groot wapen in hul arsenaal, losskakel, Matthew Abbey, aangepak.
Abbey is hierdie naweek terug om die nr. 10-trui oor sy kop te trek en weer die toutjies vir die span van Middelburg agterlangs te trek. Abbey is netjies op dreef en onlangs in die Oakdale Rugbyweek se Span van die Week ingesluit. Sy tweestryd met John Duncan, wat uitgeblink het vir Nellies in hul vorige wedstryd, beloof om vir heelwat vuurwerke te sorg.
Voorlangs sal die Nellies se breier, Ryno Luus, staatmaak op steelkantflank, Vian Louw, om die invloed van Middies se woelige haker, Roux Grobler, teen te werk. Grobler is ook in die Oakdale-spogspan ingesluit, terwyl Louw uithalerspel gelewer het vir die Rhinos by die onlangse Noord/Suid-toernooi in Stellenbosch.
Hoërskool Eldoraigne se pad raak nie makliker nie, met die Drake wat hul Sportreeks teen Hoërskool Oos-Moot afsluit. Die Oosies is bykans op volsterkte met die terugkeer van die gevaarlike Dewron Aford (losskakel) en Jeandré Venter (binnesenter), wat weer vir die beginspan uitdraf.
Die Oosies se breier, Braam Pretorius, meen dat sy span op ‘n goeie plek is na ‘n suksesvolle toer na die Suid-Kaap, waar hulle in altwee wedstryde by die Southern Cape Sports Tour in George koning gekraai het, insluitende ‘n sege van 34-24 oor Hoërskool Trio.
Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Piet Retief is vir die eerste keer vanjaar haaks. Die Pieties sal later vanjaar weer teen die Buffels te staan kom wanneer hulle in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling kragte meet.
Die Pieties het ‘n verandering aan hul afrigtingskorps aangebring, met die bekwame Herman Schlebusch, wat verlede jaar by Ligbron Akademie betrokke was, wat as hoofafrigter oorneem.
Die spanne:
Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Middelburg om 14:00 in Boksburg:
Hoërskool Nelspruit: 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Prosper Chillione, 5 André Smit, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.
Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Lesego Rakale, 13 Jaco Trutter, 12 Lungelo Maseko, 11 Siboniso Mahlangu, 10 Matthey Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Henco Jansen van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 CW Hanekom, 5 Zanempilo Mahlangu, 4 Jabu Mathebula, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.
Oos-Moot t. Eldoraigne om 13:35 in Boksburg:
Oos-Moot: 15 Jayden Pretorius, 14 Drew Williams, 13 Royston Arendse, 12 Jeandré Venter, 11 LJ Vaughan, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Clayton du Bruyn, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan Du Preez.
Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Tristan Lee, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Esdee Kotze, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 MC Scheepers, 4 Juawan Pieterse, 3 Chase Wessels, 2 Jean de Villiers, 1 Wian White.
Ben Vorster t. Hoërskool Piet Retief om 08:30 in Boksburg:
Ben Vorster: 15 Phetogo Shubane, 14 Miguel Makhubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gehan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Lourens Harmse, 4 Lesedi Motseki, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Hoërskool Piet Retief: 15 Bubele Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siposethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Marnus Thomas, 7 Melo Xulu, 6 Harold Gevers, 5 Prince Mahlangu, 4 Abongwe Maduna, 3 Sfundo Mayisa, 2 Lethu Hlope, 1 Wayne Mitchell.