SuperSport Schools Plus

Menlo en Paarl Gim maak stemme dik op Boishaai se o.15-week

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-04

NewsBoishaaiu15Die o.15-rugbyspan van Menlopark het sy stem op die tweede dag van Paarl Boys’ High se jaarlikse o.15-rugbyweek behoorlik dik gemaak. Die span van Pretoria het die gasheer met 27-22 geklop. Menlopark het op die eerste dag vir Framesby met 48-19 die loef afgesteek. 

Garsfontein het op die eerste dag vir Boishaai met 12-5 geklop. Die span van Pretoria het sy rieme op die tweede dag met 5-31 teen Grey-kollege vasgeloop. Grey het op die eerste dag teen Paarl Gimnasium met 45-5 vasgeval. Gimmies het op die tweede dag ook vir Monument met 18-0 oortuigend ore aangesit. 

Menlopark kom Woensdag teen Grey-kollege te staan in die wedstryd op die A-veld om nie mis te loop nie. Paarl Gimnasium sal teen Florida te staan kom. Gimmies behoort die toernooi onoorwonne af te sluit. Florida het Maandag met 15-24 teen Stellenberg vasgeval. 

Al die uitslae van Dag 2: 

Rustenburg 13, Westville 10; SACS 32, HTS Middelburg 8; Stellenberg 24, Florida 15; Oakdale Landbou 48, Secunda 5; Paarl Gimnasium 18, Monument 0; Menlopark 27, Paarl Boys’ High 22; Grey College 31, Garsfontein 5; Paul Roos Gimnasium 28, Framesby 22.

Al die uitslae van Dag 1:

Garsfontein 12, Paarl Boys’ High 5; Paarl Gimnasium 45, Grey College 5; SACS 16, Westville Boys’ High 5; Oakdale Landbou 36, HTS Middelburg 20; Rustenburg 10, Stellenberg 5; Menlopark 48, Framesby 19; Monument 17, Paul Roos Gimnasium 12; Florida 27, Secunda 7.

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.