Master Coach 2015
Die Hoërskool Monument van Krugersdorp sal op 26 en 27 Februarie weer sy jaarlikse MasterCoach-konferensie aanbied.
Dit is ‘n opwindende en prakties-gerigte rugby konferensie. Die aanbieders is van hoogstaande gehalte wat elkeen was afrigters reeds hulle merk op die internasionale verhoog gemaak het.
Vanjaar sal die Suid-Afrikaanse o.20-afrigter, Dawie Theron, wedstrydplanne, struktuur en die kies van spanne behandel. Die Stormers se verdedigings-guru, Jacques Nienaber, die tegniese meesterbrein Brendan Venter, die Leeus se hoofafrigter Johann Ackerman, en die Blitsbokke se Neil Powell sal ook afdelings van die spel tydens die konferensie by Monnas behandel.
Die Leeus se hulpafrigter, Swys de Bruin en Wimpie Vermeulen sal ook hulle kennis deel.
Slegs ‘n beperkte aantal afrigters kan geakkommodeer word teen ‘n koste van R1700 per persoon. Dit sluit tee/koffie, etes, gholfhemp en ‘n DVD in. Sluitingsdatum vir aansoeke is 16 Februarie 2015.
Voltooi die aansoekvorm en faks terug na 011-953-6770 of epos na hans@monnas.co.za. Vir meer besonderhede bel vir Hans Coetzee by 083-459-0903.
DAY 1 26 February 2015
14:00 – 14:45
ARRIVAL, TEA/COFFEE, REGISTRATION
14:45 – 15:00
WELCOMING AND INTRODUCTION
15:00 – 16:30
JOHAN ACKERMANN
Lineout organisation and the Maul as an attacking weapon
16:30 – 18:00
SWYS DE BRUIN
Counter attack and Attacking Drills
18:00 – 18:30
DINNER
18:30 – 20:00
WIMPIE VERMEULEN
Winning The Breakdown
DAY 2 27 February 2015
14:00 – 15:30
JACQUES NIENABER
Defensive Structure
15:30 – 17:00
DAWIE THERON
Game planning: Structure and Selection
17:00 – 18:30
NIEL POWELL
Individual Skills
18:30 – 19:00
DINNER
19:00 – 20:00
BRENDAN VENTER
Think Attack




