SuperSport Schools Plus

Louis Botha en Welkom-Gim gunstelinge vir JF-sewes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-02-20

Die kampioen van die jaarlikse Jim Fouché en Kimberley Express sewesrugby-toernooi in Bloemfontein, Louis Botha, kan vanjaar sterk teenstand van Welkom-Gimnasium verwag in die stryd om dié titel.

Louis Botha het verlede jaar in ‘n opwindende eindstryd vir Hentie Cilliers met 40-33 uitoorlê. Die verdedigende kampioen sal in sy twee groepwedstryde Welkom Gimnasium se tweede span en Heatherdale pak.

Welkom-Gimnasium het verlede Saterdag die kroon as kampioen van die Wilgerivier Sewes gedra. Hy het egter sterk teenstand van HTS Sasolburg gekry, wat ook vandag in die Rosestad in aksie sal wees.

Die span van Welkom se sleutelspelers sal Ezrick Alexander, Jason Olivier, Richman Gora en Byron Ferreira wees.
Alexander en Olivier was verlede jaar lede van die Griffons se Cravenweek-span wat dié toernooi onoorwonne afgesluit het. Die span wat verlede week in Frankfort koning gekraai het, sal egter sonder SJ Malherbe in die Rosestad moet klaarkom. Gimmies kom teen HTS Sasolburg en Sehunelo in sy twee groepwedstryde te staan.

Die gasheer behoort bo-aan Groep A te eindig deur met Fickburg en Douglas klaar te speel. Wilgerivier wat verlede jaar deur Hentie Cilliers in die halfeindronde uitgeskakel is, behoort vanjaar ook weer een van die sterker spanne op die toernooi te wees. Die span sal egter ‘n taai groepwedstryd teen Louis Botha se naasbestes moet wen indien hy vandag tot die halfeindronde wil deurdring.

Die Hoërskool Bultfontein se jaarlikse sewes-toernooi word ook vandag beslis. Bultfontein het verlede Saterdag die Koffiefontein Sewes gewen. Hoërskool President Steyn van Bloemfontein sal egter daarin poog om vir die derde jaar agtereenvolgens as kampioen van die toernooi in Bultfontein gekroon te word.

Die Steyners het die gasheer in verlede jaar se eindstryd met 28-10 verslaan. Die toernooi se loting vind eers vandag plaas.

Die Groepe is:

Groep A: Jim Fouché, Douglas, Ficksburg.
Groep B: Louis Botha, Welkom-Gimnasium II, Heatherdale.
Groep C: Welkom-Gimnasium, HTS Sasolburg, Sehunelo.
Groep D: Wilgerivier, Tsoseletso, Louis Botha II.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.