SuperSport Schools Plus

SSS_logo_Rugby_rev2

@lantic nie meer borg van sewesreeks

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-01-21

Sewesrugby op skolevlak het reuse terugslag beleef. Die borg van die skolereeks, @lantic is deur ‘n ander besigheid oorgekoop en sal dus nie meer as borg van die reeks betrokke wees nie. Dié reeks het vir ‘n groot oplewing in sewesrugby op skolevlak gesorg.

Die nasionale o.18-span wat na afloop van die provinsiale toernooi in Pretoria gekies is, het reeds verlede week ‘n goue medalje op die Australiese Jeug Olimpiese-fees (AJOF) in Sydney verower.

Hoewel die verowering van die goue medalje ‘n groot prestasie is, moet daar in ag geneem word dat ‘n hele paar van die wêreldkragte in sewesrugby Fidji, Nieu-Seeland of Engeland ‘n span na Australië toe gestuur het nie. Suid-Afrika het Australië in die eindstryd gemaklik 22-7 kafgedraf. Hy het in sy groepwedstryde vir Japan (58-0), Tonga (36-0), China (73-0) en Australië (30-12) uit die pad gevee. In die halfeindronde was hy ook veels te sterk vir Japan en 68-0 as oorwinnaars uit die stryd getree. Die Vrystater, Marius Louw (Grey-kollege) was die onderkaptein van dié span.

Die organiseerder van die nasionale sewesreeks, Willem Strauss het erken dat dit ‘n terugslag is, maar dat die reeks steeds voort sal bestaan. Die besigheid wat @lantic oorgekoop het sal voortgaan om die reeks te borg, maar die reeks sal eers in die tweede helfte van die jaar afskop.

Dit beteken dat die sentrale streek se twee toernooie in Bloemfontein en Kimberley in die slag sal bly. Volgens Strauss word daar wel gekyk om die toernooie wat in die eerste helfte van die jaar sou plaasvind steeds in vanjaar se program te laat inpas.

Die toernooi wat in die Rosestad deur Jim Fouché aangebied word is seker dié suksesvolste van al die toernooi wat deel van @lantic se sewesreeks uitgemaak het. Blitsbokke soos Cecil Afrika, Branco du Preez en Hoffman Maritz het op dié toernooi hulle eerste tree in sewesrugby gegee. Die Springbok Raymond Rhule en Leroy Bitterhout was ook spelers wat op JF se veld in die reeks vir hulself naam gemaak het. 

Hoërskool Voortrekker van Bethlehem sal wel op 15 en 16 Februarie ‘n sewestoernooi aanbied. Strauss sal ook help met die organisering van hierdie toernooi. Die toernooi by JF sou dieselfde naweek plaasgevind het. 

Deur Hannes Nienaber

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.