Lammergeiers, Rooikatte en Suid-Vrystaat bult spiere op eerste dag van VKB-week
Die Lammergeiers en Rooikatte was saam met die Suid-Vrystaat behoorlik losgelaat op die eerste dag van die jaarlikse VKB-week op Piet Geyer-park in Reitz. Die Lammergeiers het sy aanslag op vanjaar se titel met ‘n klinkende sege van 48-12 oor die Vrystaat Kiewiete afgeskop.
Die span van Noord-Natal het verlede jaar die titel as kampioen met die Luiperds gedeel na die twee spanne in die eindstryd met 22-elk gelykop gespeel het. Die Lammergeiers se flank, Shuvaun Palm, het twee keer oor die doellyn teen die Kiewiete gebars.
Suid-Vrystaat was ook op sy stukke deur die Panthers met 57-0 kaf te draf. Die wenspan het teen rustyd reeds daarin geslaag om ‘n stewige voorsprong van 26-0 op te bou.
Die Rooikatte het Living Ball met 56-0 uit die pad gestamp. Die span se vaskopstut, Anthony Ceronio, het ‘n goeie dag op kantoor beleef en twee keer oor die doellyn geval.
In die hoofwedstryd van die eerste dag was daar nie veel tussen die gasheer, Oos-Vrystaat, en Suid-Natal te kies nie. Die Riemlanders het die wedstryd naelskraaps met 10-8 gewen. Sandveld het die Luiperds met 38-3 verniel met die vindingryke heelagter, Jabulani Mculwani, wat op sy stukke was.
Mculwani het twee van sy aanvalle vanuit die laaste afgerond.
Puntemakers:
Oos-Vrystaat 10 (0) – Drie: Bongani Mavumbela. Doelskop: Bruwer Potgieter. Strafdoel: Potgieter. Suid-Natal 8 (0) – Drie: Mhlengi Ndlazi. Strafdoel: Duncan Vroom.
Sandveld 38 (17) – Drieë: Jabulani Mculwani (2), Marco Bester, Lemohang Moopela, Daniel Canali. Doelskoppe: Bester (5). Strafdoel: Bester. Luiperds 3 (3) – Strafdoel: Henru van Wyk.
Noord Natal Lammergeiers 48 (29) – Drieë: Shuvaun Palm (2), Siyanda Nthuli, Sithembiso Mthiyane, Prince Sokhela, Amahle Dlamini, Zuzi Mntambo, Marnus Christie. Doelskoppe: Siwela Minenhle (4). Vrystaat Kiewiete 12 (5) – Drieë: Danru Malan, Stephan Weideman. Doelskoppe: Tommie Bloem.
Rooikatte 56 (24) – Drieë: Anthony Ceronio (2), Jadyn Jeanes (2), Thumelo Kabele, Andrew Bezuidenhout, Josh Appelgryn, Zenrich Niemand, Michael Coetzee. Doelskoppe: Delano de Leeuw (2), Jeames (2). Strafdoel: Jeanes. Living Ball 0.
Suid-Vrystaat 57 (26) – Drieë: Janco van Staden, Jesse Issemonger, Hanno Labuschagne, Pieter Grobbelaar, Elwid Kruger, LJ Franzsen, Richard Nolan, Nico Hendrickz. Doelskoppe: Damien Erasmus (4), Van Staden (2). Panthers 0.
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15
- Rondebosch finish the prestigious Peninsula Festival as the only unbeaten side - 2025-01-12