SuperSport Schools Plus

Lammergeiers onttroon OP as VKB-week (o.16) kampioen

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-07-06 Tags: ,

VKBDie Noord-Natal Lammergeiers het Oostelike Provinsie as kampioen van die jaarlikse VKB-week (vir o.16-spanne) in Frankfort onttroon. Die Lammergeiers het Woensdag op Wilgerivier in Frankfort in die eindstryd van die week met 36-26 oor OP koning gekraai. Die nuwe kampioen het teen rustyd ‘n voorsprong van 15-7 geniet. 

Oostelike Provinsie het die afgelope twee jaar met die louere weggestap. Die Lammergeiers se slot Ryno Swanepoel het met sy inklimspel in die eindstryd beindruk. Swanepoel kon egter nie die uitsoekspan na Dubai haal nie, maar is wel in die naasbeste 25-tal van die week opgeneem. Interresant is dat geen van die kampioen se spelers goed genoeg geag was deur die keurders om as die beste speler in hul onderskeie posisies tydens die week aangewys te word nie. 

Ses van die span se spelers het wel die vergrootte toergroep na Dubai gehaal. Hulle is SW Craig (haker), FP de Villiers (stut), Armand Olsen (agtsteman), Ruan Bosman (skrumskakel), JW Olsen en Johan Oberholster (albei senters).

Die Titans, wat vanuit Johannesburg-skole gekies word, was self ‘n gedugte span op die toernooi. Die span het op die laaste dag ‘n klinkende sege van 24-0 oor die Luiperds behaal. Al die punte van die wedstryd was reeds in die eerste helfte aangeteken. Die Titans se flank Jarryd Steyn is as die voorspeler van die toernooi vir sy rits skitterende vertonings aangewys. Steyn is ‘n leerling van die Leeuwenhof Akademie in Germiston.

Sandveld se binnesenter, JC Kleynhans, is vir sy vertonings tydens die week met die toekenning as Agterspeler van die Toernooi vereer. Kleynhans is soos Steyn in die toerspan na Dubai ingesluit. 

Die Rooikatte se vleuel Khatlo Molefe het ‘n driekuns aan driee op die laaste dag in sy span se oortuigende sege van 35-14 oor Oud-Skoliere. Die Rooikatte word uit die Pretoria Privaatskole saamgestel, terwyl Oud-Skoliere van Bethlehem uit spelers van Voortrekker en Witteberg gekies word. 

Puntemakers: 

Noord-Natal Lammergeiers 36 (15) – Driee: JW Olsen, Wikus van der Walt, SW Craig, Ruan Muller, Armand Olsen. Doelskoppe: Muller (4). Strafdoel: Muller. OP-platteland 26 (7) – Driee: Ricardo Krige, Morne Prins, Cameron le Vac, M Nortje. Doelskoppe: Elcurtis le Vac (3). 

Titans 24 (24) – Driee: Oliver Mayall, JC Grundlingh, Eugene van Biljon, Jared Steyn. Doelskoppe: Donovan Styger. Luiperds 0.

Rooikatte 35 (15) – Driee: Khatlo Molefe (3), Richard Collins, George van der Merwe. Doelskoppe: Stephan Alberts (2). Strafdoele: Alberts (2). Oud-Skoliere 14 (7) – Driee: Lourens van Rensburg, Hanrique Grobler. Doelskoppe: Henrico Janse van Rensburg (2). 

Griffons 50 (31) – Driee: Chad Delport (2), Ryan Fields (2), Duncan Amsterdam, Jared Kruger, Francois van Niekerk, Adriaan Wessels. Doelskoppe: Gerhard Swart (5). Vrystaat Kiewiete 14 (0) – Driee: Piet Louw, Angelo Steynburg. Doelskoppe: Brenden Fourie (2).

Oos-Vrystaat 24 (7) – Driee: Tsepiso Mzizi, Rorisang Mashiloane, Andries Labuschagne. Doelskoppe: Tsepang Morake (3). Strafdoel: Morake. Sandveld 17 (7) – Driee: Alrikus Meintjies, JC Kleynhans. Doelskoppe: Antonie Jordaan (2). Strafdoel: Jordaan.

Lynx 27 (12) – Driee: Qunton Bekker, Z Hlubi, Nkateko Pandeka, S Khumalo. Doelskoppe: Duan Kriel (2). Strafdoel: Kriel. Suid-Vrystaat 17 (10) – Driee: Drikus Klopper, Jabes Hattingh. Doelskoppe: Pieter Veldsman (2). Strafdoel: Veldsman.

Die toerspan na Dubai is: 

15 Elcurtis le Vac (OP), 14 Ricardo Krige (OP), 13 Oliver Mayall (Titans), 12 JC Kleynhans (Sandveld), 11 Francois Swanepoel (Luiperds), 10 Janco Scheepers (Luiperds), 9 George van der Merwe (Rooikatte), 8 Shaun Potgieter (Titans), 7 Jared Kruger (Griffons), 6 Jared Steyn (Titans), 5 Hansie Pieterse (Luiperds), 4 Johan Janse van Rensburg (Luiperds), 3 Morne Prins (OP), 2 Franco Boshoff (Luiperds), 1 Wiehan Pretorius (OP). Plaasvervangers: 16 SW Craig (Noord-Natal), 17 Nicolaas Erasmus (Luiperds), 18 FP de Villiers (Noord-Natal), 19 Hanrique Grobler (Oud-Skoliere), 20 Armand Olsen (Noord-Natal), 21 Kevin Swiegers (Luiperds), 22 Ruan Bosman (Noord-Natal), 23 JW Olsen (Noord-Natal), 24 John Oberholster (Noord-Natal), 25 Richard Collins (Rooikatte). 

Ander tellings van die VKB-week: 

Dag 1 

Titans 24 Rooikatte 10
Vrystaat Kiewiete 10 Sandveld 7
Oostelike Provinsie 54 Suid-Vrystaat 0
Luiperds Platteland 56 Lynx 0
Noord-Natal Lammergeiers 54 Oos-Vrystaat 0
Oud-Skoliere 15 Griffons 8

Dag 2 

Oostelike Provinsie 21 Luiperds Platteland 18
Noord-Natal Lammergeiers 25 Titans 7
Oud-Skoliere 36 Vrystaat Kiewiete 29
Rooikatte 35 Griffons 27
Sandveld 33 Suid-Vrystaat 0
Oos-Vrystaat 15 Lynx 12

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.