SuperSport Schools Plus

La Rochelle, Klofies staan uit op eerste dag van Kloof Netbalfees


La Rochelle in aksie. FOTO: Monya Lombard

Die eerste dag van Kloof-Netbalfees 2025 het afgeskop met kragmetings tussen van die land se voorste skole, en die aksie het geensins teleurgestel nie.

Met ‘n propvol skedule is daar reeds ‘n aanduiding van wie die gunstelinge is, watter spanne die verrassingselement bring en watter spanne nog die regte kombinasies soek.

Waterkloof se eerste span het ’n onoorwonne openingsdag geniet met drie stewige vertonings teen Jeugland (16–11), Potch Volkies (18–11) en Eunice, laasgenoemde wat hulle swaarverdiend met 21–17 deurgetrek het.

Teen Jeugland het hulle die wedstryd in die tweede helfte oorheers, en teen Potch Volkies het hul verdediging, spesifiek hul VV met haar tweede verdediging, die verskil gemaak.

Die wedstryd teen Eunice het gewys dat Waterkloof nie bloot op talent staatmaak nie, maar ook kalmte onder druk kan aan die dag lê.

Waterkloof II, daarenteen, het swaar getrek teen van die sterker spanne. Hulle het verloor teen Framesby (9–36) en Ellisras (9–13), maar die ervaring op hierdie vlak sal van onskatbare waarde wees vir hul jonger spelers.

Framesby was beslis een van die uitblinkers van die dag, met dominante vertonings teen Wagpos (36–5), Waterkloof II (36–9), en Wesvalia (19–14). Die span se tempo en presiese afronding het teenstanders oorrompel, en hulle wys vroeg in die toernooi dat hulle hier is om te wen.

La Rochelle het op die eerste dag nie alleen ook ál hul wedstryde gewen nie, maar hulle het dit met oortuiging gedoen. Oorwinnings teen Witteberg (37–14) en Wesvalia (33–12), asook ’n wegholsege oor Wagpos (40–3) getuig van ’n span wat ten volle in beheer is.

Die hulpdoel, Marone Uys, het met haar akkuraatheid en beweging uitgeblink, terwyl die span se verdediging meedoënloos was. Daarbenewens het hul doel, Iselle, haar 100ste wedstryd gespeel – ’n spesiale mylpaal wat die oorwinning des te meer betekenisvol gemaak het.

Ashton het puik uitslae behaal teen Reitz (32–11) en Vrede (34–8), maar die knie gebuig teen ’n kragtige Redhill-span (8–29). Ashton toon nietemin belofte dat hulle nog ver kan vorder in die toernooi. Kempton Park het goeie strukture tentoongestel en drie oorwinnings behaal teen Wesvalia (22–15), Witteberg (27–19) en Brandwag (19–22 – ’n taai stryd teen ’n goed georganiseerde span).

Hoërskool Alberton het ook sterk vertoon met ’n gelykopuitslag teen Piet Retief (19–19) en oorwinnings oor Ellisras (27–12) en Vrede (25–14).

Centurion het twee belangrike oorwinnings behaal teen Empangeni (22–8) en St Anne’s (14–11), ondanks ‘n naelskraapse nederlaag teen Amanzimtoti (14–15). Brandwag het indrukwekkend vertoon om te wen teen Windhoek Pvt (17–10), Eunice (22–19) en Kempton Park (22–19), wat hulle beslis as ’n gevaarlike span onderskei.

Hoërskool Klerksdorp was ook uiters mededingend teen Windhoek Privaatskool (25–13) en Jeugland (18–9). Redhill het hul gehalte uitgestal met drie oortuigende seges, teen Amanzimtoti (23–16), Empangeni (31–6) en Ashton (29–8).

Sentraal het hul dag afgesluit met twee indrukwekkende seges oor Voortrekker (18–13) en Windhoek Pvt (23–7), met hul verdediging wat telkens die verskil gemaak het. Amanzimtoti se indrukwekkende telling van 38–5 oor Reitz was een van die grootste punteverskille van die dag, terwyl hulle ook vir Centurion met 15–14 getroef het.

Na die eerste dag is daar ’n aantal spanne wat steeds onoorwonne is, naamlik La Rochelle, Framesby, Waterkloof (eerste span), Brandwag en Redhill. Hierdie spanne beskik nie bloot oor talent nie, maar ook struktuur, fiksheid en ’n wil om te wen – sleutelkenmerke van sukses in ’n kompetisie van hierdie formaat.

Al die uitslae | Dag 1: 

nt_header_1nt_header_2nt_header_3Score
Hoërskool Windhoek22Eunice11
Redhill23Amanzimtoti16
Waterkloof16Jeugland11
Framesby36Wagpos5
Alberton19Piet Retief19
Ashton32Reitz11
Oosterlig13St Anne's13
Centurion22Empangeni8
Kemptonpark22Wesvalia15
Ellisras32Gerrit Maritz19
Brandwag17Windhoek Privaatskool10
La Rochelle37Witteberg14
Bergvlam18Vrede18
Klerksdorp34Jeugland3
Amanzimtoti15Centurion14
Waterkloof18Potchefstroom Volkskool11
Sentraal18Voortrekker13
Ashton34Vrede8
Bergvlam21Reitz12
Alberton27Ellisras12
Die Brandwag (Kariega)22Eunice19
Framesby36Waterkloof II9
Oosterlig17Wagpos14
Piet Retief33Gerrit Maritz9
Redhill31Empangeni6
St Anne's15Jeugland14
Ferrum24Piet Potgieter6
La Rochelle33Wesvalia12
Klerksdorp25Windhoek Privaatskool13
Kemptonpark27Witteberg19
Centurion14St Anne's11
Alberton25Vrede14
Waterkloof21Eunice17
Piet Retief21Bergvlam9
Framesby19Wesvalia14
Ellisras13Waterkloof II9
Amanzimtoti38Reitz5
Piet Potgieter15Gerrit Maritz12
Brandwag22Kemptonpark19
Sentraal23Windhoek Privaatskool7
Hoërskool Windhoek25Ferrum7
Redhill29Ashton8
Witteberg23Oosterlig12
Klerksdorp18Jeugland9
Voortrekker21Potchefstroom Volkskool17
La Rochelle40Wagpos3

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.