Klofies op soek na derde agtereenvolgende NWU Sportreeks-titel
Kan ‘n span van buite Pretoria vanjaar tot die eindstryd van die NWU Sportreeks deurdring?
Na die eerste twee jaar van die reeks is albei die eerstespan-eindstryde tussen die enigste twee spanne vanuit die Jakarandastad, die Hoërskool Waterkloof en Menlopark, beslis.
In die eerste jaar (2024) het Waterkloof die Parkies met 23-8 op Eldoraigne se hoofveld verslaan om as kampioen gekroon te word. Verlede jaar in Boksburg het die Parkies en Klofies die titel gedeel (23-elk).
Vanjaar se eindstryd sal by Hoërskool Kempton Park op 18 April aangebied word.
Die halfeindrondes word op 11 April by onderskeidelik HTS Middelburg en Transvalia in Vanverbijlpark beslis.
Waterkloof sal hul aanslag op ‘n derde agtereenvolgende titel vanjaar op sy tuisveld teen die Rooi Bulle van HTS Middelburg afskop. Die kragmeting vind op Dinsdag, 10 Maart plaas.
Menlopark sal die daaropvolgende dag na Eldoraigne in Centurion reis om die Groen Drake die stryd aan te sê.
Alle oë sal wel op die kragmeting in Groep C tussen Hoërskool Middelburg en Transvalia op 14 Maart wees. Die Middies is aan die einde van verlede jaar tot die Beker-afdeling van die Virseker Noordvaalbeker gepromoveer in Transvalia se plek, wat vanjaar in die Plaat-afdeling sal deelneem. Albei spanne het dus iets om te bewys tydens dié kragmeting wat in Middelburg sal plaasvind.
Die Groepe:
Groep A: Waterkloof, HTS Middelburg, Piet Retief.
Groep B: Menlopark, Eldoraigne, Ben Vorster.
Groep C: Transvalia, Oos-Moot, Hoërskool Middelburg.
Groep D: EG Jansen, Kempton Park, Hoërskool Nelspruit.
Die bepalings (tuisspanne eerste vermeld):
10 Maart 2026
Waterkloof vs HTS Middelburg
Transvalia vs Oos-Moot
EG Jansen vs Kempton Park
11 Maart 2026
Eldoraigne vs Menlopark
14 Maart 2026
HTS Middelburg vs Piet Retief
Menlopark vs Ben Vorster
Hoërskool Middelburg vs Transvalia
Hoërskool Nelspruit vs EG Jansen
21 Maart 2026
Piet Retief vs Waterkloof
Ben Vorster vs Eldoraigne
Oos-Moot vs Hoërskool Middelburg
Kempton Park vs Hoërskool Nelspruit
- Klofies op soek na derde agtereenvolgende NWU Sportreeks-titel - 2026-02-16
- Athletics Rankings 2026 | Girls u19 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Girls u17 - 2026-02-05



