SuperSport Schools Plus

Klofies, Eldoraigne en Wonderboom skop seisoen met seges af


WaterkloofDie Hoërskool Waterkloof se eerste rugbyspan het sy litte Saterdag teen Montana in ‘n vriendskaplike wedstryd losgemaak. Klofies moes egter heelwat meer sweet as verwag om Montana met 29-17 die loef af te steek.

Hoërskool Rustenburg het met ‘n naelskraapse sege van 25-24 oor HTS Middelburg gewys dat hy vanjaar beter in die Tuks-reeks kan vaar wat volgende Saterdag afskop.

Eldoraigne het in ‘n opwindende kragmeting vir die Hoërskool Middelburg met 44-36 uitoorlê. Middelburg vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar.

Ben Vorster van Tzaneen het die bordjies teen Frikkie Meyer van Thabazimbi in die openingswedstryd van vanjaar se NWU-Pukke-reeks met 30-27 verhang. Frikkie Meyer het verlede jaar Ben Vorster se aspirasies om as Limpopo-kampioen gekroon te word op dramatiese wyse met 19-17 in die eindstryd verydel.

Ben Vorster is wel die verdedigende kampioen van die reeks en sal tevrede met sy eerste vertoning van die jaar voel. Die span se slotpaar, CJ Erasmus en Rickus Nel, asook die agtsteman, Thapelo Ramoshaba, het blink vertonings gelewer.

Agterlangs was die losskakel, Erik Meintjes, senters DJ du Preez en Christiaan Smit, en die heelagter, Jason Mulder, uitstaande.
Diamantveld het op sy tuisveld in Kimberley ‘n vroeë waarskuwing aan die ander spanne in die nuwe Wesgrow Sentrale Skolereeks gestuur.

Diamonds het Sentraal in ‘n vriendskaplike wedstryd met 42-7 afgestof. Albei spanne neem aan die reeks deel.

Diamantveld se binnesenter, Handré Bruwer, het met sy skopskoen 17 punte met sewe doelskoppe en ‘n strafdoel aangeteken. Buiten Bruwer het die flanke, Selle Maketlo en Armin de Villiers, uitstekend vertoon.

Maketlo het by die afbreekpunte vir Sentraal probleme besorg en vele kere daarin geslaag om omgekeerde balbesit te verseker. Agterlangs was die senter Cole Arnoldus en heelagter, Keenan Beckett, dorings in Tralies se vlees. 

In die Sport-reeks het Brandwag van Benoni vir Dinamika van Alberton met 41-5 kaf gedraf. Die Wilgers moes veel harder werk vir hulle sege an 19-17 oor Generaal Hertzog van Witbank. Wagpos het met ‘n oorwinning van 17-0 oor Vereeniging Gimnasium gewys dat hy vanjaar nie ‘n maklike teenstander sal wees om onder te kry nie. 

Vrydag in die Mbombela-stadion in Nelspruit was Morgenzon Landbou, Penryn College, Uplands College, Bergvlam, Barberton en Steelcrest in vriendskaplike wedstryde in aksie. 

Morgenzon Landbou het Uplands College met 32-3 gekarnuffel, terwyl Barberton vir Steelcrest met 31-10 geklop. Bergvlam het Penryn College naelskraaps met 26-25 geklop.

Puntemakers:

Diamantveld 47 (28) – Drieë: Keenan Beckett (2), Cole Arnoldus (2), Charlie Louw, Morné Matthewson. Doelskoppe Handré Bruwer (7). Strafdoel: Bruwer. Sentraal 7 (0) – Drie: Janco Kachelhoffer. Doelskop: Francois van Rooyen.

Waterkloof 29 – Drieë: Boipelo Kgatlanye (2), MJ Janse van Rensburg, Richard van den Berg. Doelskoppe: Polla Melamed (3). Strafdoel: Melamed. Montana 17 – Drieë: Dreyer van der Berg, Franco Stassen, Heinrich Potgieter. Doelskop: Jared Crafford.

Eldoraigne 44 – Drieë: Marvin Petersen (2), Shayne Bolton, Charl Basson, Henry Kruger. Doelskoppe: Hilton Olivier (5). Strafdoele: Olivier (2), Bolton. Hoërskool Middelburg 36.

Hoërskool Rustenburg 25 – Drieë: Estian Heyneke, Paul Minnaar, Marco Henning. Doelskoppe: Heyneke (2). Strafdoele: Heyneke (2). HTS Middelburg 24.

Die Anker 20 – Drieë: Juanrich Botha, Sergio Moreira. Doelskoppe: Corné Mulder (2). Strafdoele: Mulder (2). Hugenote (Springs) 13.

Ben Vorster 30 – Drieë: CJ Erasmus, Thapelo Ramoshaba, Jason Mulder, Christiaan Smit. Doelskoppe: DJ du Preez (2). Strafdoele: Du Preez (2). Frikkie Meyer 27.

Morgenzon Landbou 32 – Drieë: Steven Jordaan, Christo Ferreira, Ulrich Venter, Kyle Coetzee. Doelskoppe: Venter (3). Strafdoele: Venter (2). Uplands College 3.

Curro Nelspruit 24 – Drieë: Dihan Putter (2), Lebo Mazibuko, Zinzan Cole. Doelskoppe: Cole (2). Kanonkop 31.

Die Wilgers 19 – Drieë: Wilbur Hugh (2), Jaco le Roux. Doelskoppe: Jean Myburgh, Jean Schoeman. Generaal Hertzog 17.

Wagpos 17 – Drieë: Dihan Opperman, Dirkie Pretorius, Joshua Brits. Doelskop: Owen Erasmus. Vereeniging Gimnasium 0.

Ander spanne:

Eerstespanne: Wonderboom 37, Oosterlig 7; Lichtenburg 52, Wesvalia 17; Jeugland 22, Driehoek 20; Frans du Toit 24, Lowveld High 23; Bergsig Akademie 37, Ellisras 22; Bergvlam 26, Penryn College 25; Barberton 31, Steelcrest 10; Brandwag (Benoni) 41, Dinamika 5.

o.16: Diamantveld 52, Sentraal 0; Waterkloof 26, Montana 21; Middelburg 29, Eldoraigne 28; Oosterlig 12, Wonderboom 12; Hugenote (Springs) 26, Die Anker 12; Lichtenburg 19, Wesvalia 14; Ben Vorster 46, Frikkie Meyer 17; Jeugland 7, Driehoek 5; Frans du Toit 48, Lowveld High 0; Ellisras 27, Bergsig Akademie 5; Curro Nelspruit 20, Kanonkop 12; Bergvlam 25, Penryn College 7; Morgenzon Landbou 19 Uplands College 5; Barberton 21, Steelcrest 14; Generaal Hertzog 50, Die Wilgers 5.

o.15: Diamantveld 57, Sentraal 0; Montana 5, Waterkloof 0; Middelburg 52, Eldoraigne 0; Oosterlig 19, Wonderboom 0; Die Anker 40, Hugenote (Springs) 10; Lichtenburg 26, Wesvalia 14; Ben Vorster 10, Frikkie Meyer 0; Jeugland 24, Driehoek 5; Frans du Toit 36, Lowveld High 7; Ellisras 22, Bergsig Akademie 7; Curro Nelspruit 68, Mpumalanga Ontwikkeling XV-tal 0; Die Wilgers 12, Generaal Hertzog 10.

o.14: Diamantveld 20, Sentraal 15; Waterkloof 29, Montana 12; Middelburg 40, Eldoraigne 0; Oosterlig 17, Wonderboom 15; Die Anker 43, Hugenote (Springs) 0; Wesvalia 14, Lichtenburg 7; Ben Vorster 38, Frikkie Meyer 10; Jeugland 17, Driehoek 17; Frans du Toit 20, Lowveld High 12; Ellisras 22, Bergsig Akademie 17; Curro Nelspruit 57, Kanonkop 5; Die Wilgers 27, Generaal Hertzog 19.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.