SuperSport Schools News

Kan iemand Pretoria se laerskole in die Campus Cup stuit?

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2021-03-08

CampusCupLogoDie virtuele skolerugby krag onder laerskole blyk tot dusver om in Pretoria te lê.  

Daar is slegs 16 laerskole oor in die Campus Cup en agt van dié skole kom vanuit Pretoria. Die agt skole uit die Jakarandastad wat die week gaan poog om tot die kwarteindronde van die reeks deur te dring is – Hennopspark, Wonderboom, Wierdapark, Stephanus Roos, Garsfontein, Elarduspark, Menlopark en Monumentpark. 

Dalk is dit ‘n geval dat die skole in die Jakarandastad se sosiale media op Facebook en Instagram op so standaard is dat hulle heelwat meer ondersteuning kan werf. 

Grey-kollege Primêr van Bloemfontein, Outenqua van George, Frikkie Meyer, Pietersburg-Noord, Noordskool Sasolburg, Thabazimbi, Helderkruin, Hartensbos en Bastion van Brackenfell is die ander agt spanne wat in die vierde ronde in aksie sal wees.

Die vierde ronde skop Woensdag of School of Rugby se Instagram en Facebook blaaie af. 

Die wenner van elke virtuele wedstryd sal deur die aantal stemme wat ‘n skool ontvang bepaal word. Die stemming sal op albei platforms vir slegs 24 uur bly – ondersteuners van dié skole sal twee keer hul stem kan uitbring een keer op elk van die platforms (Instagram en Facebook). 

Op Instagram stem jy deur op jou skool se naam op die story te kliek – indien jy jou stem suksesvol uitgebring het, sal die story ‘n persentasie van die stemme tot dusver uitgebring ten toon stel. Op Facebook gaan ons ‘n nuwe sisteem uittoets deur dat ondersteuners bv. die post like vir Laerskool Pofadder en love vir Laerskool Geelslang. 

Wys jou ondersteuning vir jou skool en gemeenskap deur hulle tot die volgende ronde van die kompetisie deur te stem. Skole kan die skakel vir die Instagram storries met hulle ondersteuners via WhatsApp en op Facebook deel – asook dit deel via die skool se Instagram.

#Round 3InstaFBTotal
Witrivier28599384
Hennopspark280249529
Wonderboom332216548
Worcester-Oos233213446
Helderkruin26123284
Thabazimbi23168299
Wierdapark390110500
Durban North College20247249
Stephanus Roos27192363
Sentrale Volkskool20059259
Garsfontein350133483
Vastrap158114272
Hartenbos33611347
Orion1565161
Elarduspark299223522
Randhart18316199
Mooirivier26075335
Bastion230243473
10 Magalieskruin13559194
Menlopark33363396
11 Outeniqua29237329
Kruinsig18243225
12 Grey Primer38922411
Knysna15398251
13 Curro Nelspruit255328583
Pietersburg-Noord293360653
14 Noordskool Sasolburg260155415
Kenmare241134375
15 Frikkie Meyer2448252
Fonteine19811209
16 Monumentpark210139349
Middelburg227117344

[powr-comments id=”cc5317c8_1615209230247″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.