SuperSport Schools Plus

JF opgewonde oor eerste DStv-uitdaging

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-07-11 Tags: ,

Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

Hoërskool Jim Fouché (JF) gaan vir die eerste keer in sy geskiedenis aan die gesogte DStv Challenge op 12 en 13 Julie by Hoërskool Florida deelneem. Hierdie merkwaardige geleentheid volg nadat die skool van Bloemfontein die tweede plek in die DStv Vrystaat Skole-uitdaging behaal het.

Mary-Anne Goeieman, afrigter van JF, sê hulle is opgewonde om teen van die land se beste skole mee te ding.

“Ons het ‘n brandende begeerte om te veg en sien geweldig uit na die uitdaging, verál aangesien dit ook die laaste toernooi vir die meeste van ons spelers is. Dit is persoonlik.”

Goeieman voeg by dat die span hard gewerk het, asook dat hul alles het om te wen en niks om te verloor nie.

“Ek glo ons is die underdogs; niemand weet regtig wie ons is nie, en dit kan soms gevaarlik wees.”

JF spog met ‘n topspeler in hul geledere, met Jana Rossouw wat onder die top-35 spelers in Suid-Afrika tel en ‘n plek in die Vrystaatse A-span verdien het. Elri Pieters was ook erken as die beste doel- en senterbaanspeler by die Affies Prestige-toernooi (brons) en Sentrale Standard Bank-toernooi (goud).

Die span sal tydens die toernooi gelei word deur kaptein, Roechelle van der Merwe, en onderkaptein, Lindsey Leveling.

JF sal in hul poel teen spanne soos Hoër Meisieskool La Rochelle van die Paarl en Hoërskool Waterkloof van Pretoria, teen wie hulle Vrydag om 08:50 hul eerste wedstryd speel, meeding.

Jim Fouché se eerste span: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.