SuperSport Schools Plus

JF en Eunice pak mekaar in liga-stryd

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2024-04-15 Tags: ,

Voor (vlnr): Tarien van der Linde (onderkaptein), mev Rachelle Rautenbach (spanbestuurder), Lee-Ann Usher (kaptein), me Ané Retief (afrigter), Keren Usher.
Agter: Daniella Ngeleka, Carné Stapelberg, Caitlyn Visser, Amy Pastor, Busisiwe Zulu, Anike van der Merwe, Nikita Kaleba.

Hoërskool Jim Fouché en Eunice High School pak mekaar Dinsdag, 16 April, in ‘n liga-wedstryd om 16:00 by JF.

Volgens Some van Rensburg, JF sê afrigter, is haar span uiters positief oor die wedstryd, vernaam omdat hulle twee goeie toere agter die rug het.

“Ons sien uit uit na goeie en gesonde kompetisie, en ‘n harde wedstryd,” sê sy. “Eunice gaan dit vir seker nie vir ons maklik maak nie, maar ons is nie bang vir harde werk nie.”

Eunice se afrigter, Ané Retief, wat ook kaptein van die Crinums is, het ook volle vertroue in haar span se vermoëns.

“Ons doelwit is om ‘n kultuur van uitnemendheid te kweek wat gegrond is op beginsels van harde werk, spanwerk en selfbevoegdheid. Deur opregte sportmangees poog ons om inspirasie onder ons eweknieë en andere aan te wakker,” vertel Retief, met klem op die span se verbintenis tot waardes wat verder strek as die baan.

Lee-Ann Usher, die spankaptein, deel die afrigter se afwagting vir die nuwe seisoen.

“Ons sien uit na ‘n nuwe seisoen waar hierdie jong span met die hoogs ervare Jim Fouché kan meeding,” sê Usher, en beaam dat die span oorgehaal is om uitdagings aan te pak en hul talente op die baan ten toon te stel.

Retief, wat ervaring op nasionale vlak bring, voeg voorts by: “Daar is diversiteit in beide die aanvallende en verdedigende kante, met sterk spelers op elke gebied.”

Eunice High School:

Voor (vlnr): Tarien van der Linde (onderkaptein), mev Rachelle Rautenbach (spanbestuurder), Lee-Ann Usher (kaptein), me Ané Retief (afrigter), Keren Usher.
Agter: Daniella Ngeleka, Carné Stapelberg, Caitlyn Visser, Amy Pastor, Busisiwe Zulu, Anike van der Merwe, Nikita Kaleba.

Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.