Menezes scores hat trick in victory over Hentie Cilliers
LANDBOUDAL van Jacobsdal het sy tweede oorwinning verlede week oor Hentie Cilliers op Fichardtpark en Clover se negende sportdag behaal. Hy het vroeër in die week ook met Sentraal afgereken. Die span van die Suid-Vrystaat het 27-15 gewen. Hy moes sonder sy gereelde kaptein en Cravenweek-losvoorspeler, Jamie Zwiegelaar, klaarkom. Zwiegelaar sukkel met ’n kniebesering, maar behoort binnekort weer in aksie te wees.
Die span se senter, Niel Menezes, het drie keer agter die span van Virginia se doellyn gaan kuier. Hy het ’n vernietigende wedstryd op die aanval beleef en was ongetwyfeld die speler van die wedstryd. Dié senter het gewis ’n besondere oog vir ’n gaping.
Pieter Vorster, slot van die wenspan, het die mooiste drie van die wedstryd gaan druk. Hy het die bal uit die losskakel, Ryno Venter, van Henties se hande geneem voordat hy kon skop en gaan druk.
Heinrich Wessels, flank van Landboudal, het weer vir sy span in die los gewoel. Hy het ook heeltyd die verloorspan se losvoorspelers by die afbreekpunte besig gehou.
’n Mens sal ver moet gaan soek om ’n harder haker as Gideon Bruwer van Landboudal te kry. Bruwer was gewis die kliphardste speler in sy posisie van die dag. Sy inklimspel by die afbreekpunte was waardevol vir sy span. Henties se regtervleuel, Johan Janse van Rensburg, het ’n paar keer goed op die aanval vertoon. Hy is sterk op sy bene en soek heeltyd werk.
Hentie Cilliers se Neels Smit (agtsteman), Jaco Naudé (flank) en Dewald Pretorius (skrumskakel en kaptein) kan meer as tevrede met hul vertonings voel. Dit is jammer dat die span van Virginia eers aan die einde hul ritme begin vind het anders kon die kragmeting vir nog meer opwinding gesorg het. Die meeste van die wenspan se spelers verdien egter ’n klop op die skouer ná ’n goeie oorwinning as span. Die name van Piet Louw (losskakel) en Karools Naudé (heelagter) verdien ook om uitgesonder te word.
Scorers:
Landboudal 27 (10) – Tries: Neul Menezes 3, Pieter Vorster, Durain Huiten. Conversions: Ryan Mulke. Hentie Cilliers 15 (5) – Tries: Paul van Heerden, Dewald Pretorius. Conversion: Hugo Pretorius. Penalty: Pretorius.