SuperSport Schools Plus

HJS Krieketfees is ‘n bielie van ‘n krieketfees

By Hannes Nienaber , in Cricket | Featured Cricket | News , at 2024-01-03 Tags: ,

Die Hoër Jongenskool Paarl se jaarlikse krieketfees sal vanjaar weer sorg dat daar amper nie ‘n kolfblad of krieketveld in die hele Boland vanaf 11 tot 14 Januarie beskikbaar sal wees nie.

Die HJS Krieketfees het vanjaar 28 skole se eerstespanne wat ‘n totaal van 54 wedstryde oor vier dae sal speel. Boonop is daar nog 24 o.15-krieketspanne wat ook oor vier dae in ‘n totaal van 48 wedstryde sake teen mekaar sal uitspook. Dit maak dié fees ongetwyfeld die grootste van sy soort in Suid-Afrika.

Al die wedstryde kan regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.co.za) gekyk word.

Wedstryde sal vanaf Worcester, Paarl, Stellenbosch, Somerset-Wes, Durbanville, Wellington en tot in Brackenfell gespeel word.

Van die land se voorste krieketskole is hier in aksie met die Hoërskool Waterkloof, St John’s College, Marais Viljoen, Garsfontein, Helpmekaar, Noord-Kaap, Paul Roos Gimnasium en Westville Boys’ High wat onder andere aan die fees deelneem.

Die gasheer, Paarl Boishaai, het ook natuurlik ‘n trotse rekord op die krieketveld en sal op die eerste dag teen Outeniqua van George kragte meet. Boishaai sal in sy ander drie wedstryde teen onderskeidelik Garsfontein, Noordheuwel en St John’s College te staan kom. Die tuisspan sal ongetwyfeld goed in die laaste drie wedstryde getoets word.

Die eerste dag se wedstryde sal in die tydkrieket-formaat beslis word.

Die tweede en derde dae se wedstryde sal oor 50 boulbeurte beslis word, terwyl spanne kan ooreenkom om die laaste dag se wedstryde tot ‘n Twintig/20-wedstryd te verkort. Dit hang natuurlik van die spanne van die noorde se reisplanne af asook die feit dat die binnelandse skole reeds volgende week oopmaak. 

Een van die hoogtepunte vir spanne is gewoonlik om op Welbedacht net buite Wellington se veld te speel. Dit is die krieketveld op Schalk Burger Sr. se plaas. Garsfontein kom op die eerste dag hier teen Westville Boys’ High te staan.

Waterkloof kry ook ‘n kans om hul staal op die veld te wys wanneer hy op die tweede dag teen Outeniqua hier te staan kom. Dit is wel die Klofies se naasbestes wat op die fees in aksie sal wees.

Die bepalings is – o.19: 

Dag 1 | 11 Januarie 2024 | Tydkrieket

Hoër Jongenskool Paarl vs Outeniqua (Brugstraat)
Paarl Gimnasium vs Marais Viljoen (Paarl Gimnasium)
Paul Roos Gimnasium vs St John’s College (Paul Roos Oval)
Hoërskool Bellville vs Noordheuwel (Bellville)
Stellenberg vs Montana (Stellenberg)
Parel Vallei vs Cornwall Hill College (Parel Vallei)
Brackenfell vs JTG Cricket Association (Brackenfell)
Curro Durbanville vs Northcliff (Curro Durbanville)
Hoërskool Durbanville vs Waterkloof (Durbanville)
Somerset College vs Helpmekaar Kollege (Somerset College)
HTS Drostdy vs Hoërskool Centurion (HTS Drostdy)
Boland Landbou vs Noord-Kaap (Boland Landbou)
Garsfontein vs Westville Boys’ High (Welbedacht, Wellington)
Hans Moore vs Diamantveld (Paul Roos B-veld)

Dag 2 | 12 Januarie 2024 | 50 Boulbeurte

Hoër Jongenskool Paarl vs Garsfontein (Brugstraat)
Paarl Gimnasium vs Noordheuwel (Paarl Gimnasium)
Paul Roos Gimnasium vs Marais Viljoen (Paul Roos Oval)
Hoërskool Bellville vs Northcliff (Belville)
Stellenberg vs Helpmekaar Kollege (Stellenberg)
Parel Vallei vs Noord-Kaap (Parel Vallei)
Brackenfell vs Montana (Brackenfell)
Curro Durbanville vs Centurion (Curro Durbanville)
Hoërskool Durbanville vs Cornwall Hill College (Durbanville)
Somerset College vs St John’s College (Somerset College)
HTS Drostdy vs JTG Cricket Association (HTS Drostdy)
Boland Landbou vs Diamantveld (Boland Landbou)
Hans Moore vs Westville Boys’ High (Paul Roos B-veld)
Outeniqua vs Waterkloof (Welbedacht, Wellington)

Dag 3 | 13 Januarie 2024 | 50 Boulbeurte

Hoër Jongenskool Paarl vs Noordheuwel (Brugstraat)
Paarl Gimnasium vs Cornwall Hill College (Paarl Gimnasium)
Paul Roos Gimnasium vs Westville Boys’ High (Paul Roos Oval)
Hoërskool Bellville vs Outeniqua (Bellville)
Stellenberg  vs St John’s College (Stellenberg)
Parel Vallei vs Waterkloof (Parel Vallei)
Brackenfell vs Noord-Kaap (Brackenfell)
Curro Durbanville vs Marais Viljoen (Curro Durbanville)
Hoërskool Durbanville vs Hans Moore (Durbanville)
Somerset College vs Garsfontein (Somerset College)
HTS Drostdy vs Montana (HTS Drostdy)
Boland Landbou vs Helpmekaar Kollege (Boland Landbou)
Northcliff vs JTG Cricket Association (Paul Roos B-veld)

Dag 4 | 14 Januarie 2024 | 50 Boulbeurte/T20

Hoër Jongenskool Paarl vs St John’s College (Brugstraat)
Paarl Gimnasium vs Garsfontein (Paarl Gimnasium)
Paul Roos Gimnasium vs Hans Moore (Paul Roos Oval)
Hoërskool Bellville vs Diamantveld (Bellville)
Stellenberg vs Noordheuwel (Stellenberg)
Parel Vallei vs Outeniqua (Parel Vallei)
Brackenfell vs Centurion (Brackenfell)
Curro Durbanville vs Cornwall Hill College (Curro Durbanville)
Hoërskool Durbanville vs Helpmekaar Kollege (Durbanville)
Somerset College vs Westville Boys’ High (Somerset College)
HTS Drostdy vs Waterkloof (HTS Drostdy)
Boland Landbou vs Montana (Boland Landbou)
Noord-Kaap vs Northcliff (Paul Roos B-veld)

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.