SuperSport Schools Plus

Hier is Wildeklawer-juniortoernooi se bepalings vir 2019

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-10-03 Tags:

WildeklawerDie Wildeklawer-juniortoernooi beloof om volgende jaar die grootse sedert sy ontstaan in 2012 te wees. Van die 20 spanne wat vir die hooftoernooi (o.19-spanne) genooi is, het 17 hul junior-spanne se deelname vir die toernooi bevestig.

Dié getal kan tot 18 groei indien Dr. EG Jansen van Boksburg se eerstespan ‘n uitnodiging vir die hooftoernooi van 2019 in die plek van Paul Roos Gimnasium ontvang. Die skool van Boksburg se juniors sal wel volgende jaar aan die junior-toernooi deelneem. 

Die juniortoernooi sal in 2019 uit 54 spanne uit 18 skole bestaan. Die 18 skole se o.14-, o.15- en o.16-spanne sal in Kimberley in aksie wees. 

Paul Roos Gimnasium sal volgende jaar Suid-Afrika op die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan verteenwoordig. EG Jansen was nog by elk van die vorige tien Wildeklawers in aksie en hulle behoort volgende jaar weer ‘n gedugte span in die veld te stoot. Framesby wat die vorige twee jaar aan die Sanix-toernooi in Japan deelgeneem het, behoort ook in aanmerking kom om die leemte wat Paul Roos los te vul.  

Al die wedstryde van die juniortoernooi sal op Kimberley Boys’ High se geskiedkundige velde gespeel word. Die o.19-toernooi se bepalings is ook in ag geneem met die opstel van die juniortoernooi se wedstryde. In totaal sal 11 van die 18 wedstryde tydens die toernooi tussen dieselfde twee skole as die eerstespan-wedstryd wees. 

Die bepalings is: 

Donderdag, 2 Mei 2019 

Helpmekaar vs Noord-Kaap
Waterkloof vs Oakdale Landbou
Affies vs HTS Drostdy
Garsfontein vs Diamantveld
Monument vs Grey-kollege
Glenwood vs Hoër Jongenskool Paarl
Paarl Gimnasium vs Transvalia
EG Jansen vs Stellenberg
Menlopark vs Outeniqua

Saterdag, 4 Mei 2019 

Affies vs Hoër Jongenskool Paarl
Transvalia vs Stellenberg
Oakdale Landbou vs Menlopark
Waterkloof vs Diamantveld
Garsfontein vs Glenwood
Grey-kollege vs Helpmekaar
Paarl Gimnasium vs EG Jansen
Outeniqua vs Noord-Kaap
Monument vs HTS Drostdy

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.