Hier is die spanne vir vanjaar se Marius Schoeman Sewes-toernooi
Die Marius Schoeman Sewes-toernooi is nou wel nog in sy babaskoene, maar die baba is reeds die grootste en belangrikste enkele sewestoernooi op skolevlak in Suid-Afrika. Die loting vir die toernooi se poele vind op Donderdag, 30 Augustus plaas.
Paul Roos Gimnasium het verlede jaar die kroon as kampioen van dié toernooi gedra. Die Marius Schoeman-toernooi is ook deel van die Hoërskole Sewes-reeks in samewerking met Twizza.
Paul Roos het verlede ook die kroon as kampioen van die Kampioen van Kampioene-toernooi verower. Die kampioen van die toernooi in die Paarl sal weer vanjaar vir die Kampioen van Kampioene-toernooi kwalifiseer. Dié toernooi vind op die velde van Camp Discovery net noord van Pretoria plaas. Daar sal vanjaar ‘n o.15-toernooi ook plaasvind.
Paul Roos kan vanjaar sterk teenstand van Grey-kollege, Monument, Garsfontein en Outeniqua vir die titel verwag. Garsfontein neem die naweek ook aan die Montana 7’s toernooi deel. Laasgenoemde is ‘n kwalifiserende toernooi vir die Virseker Noordvaal-toernooi wat op 14 en 15 September deur Menlpark aangebied word.
Grey-kollege Primêr is die verdedigende kampioen van die o.12-toernooi. Die span van die Rosestad kan sterk teenstand van Lochnerhoff van die Strand, Bastion, Gene Louw, Kenmare en Worcester Primêr verwag.
Die deelnemende spanne is:
o.17: Paul Roos Gimnasium, Paarl Gimnasium, Grey-kollege, Hoër Jongenskool Paarl, Boland Landbou, Hoërskool Garsfontein, Outeniqua, Monument, HTS Drostdy, Hugenote (Wellington), Stellenberg, Tygerberg, Durbanville, Brackenfell, Douglas, Prieska, Overberg, Paulus Joubert, Albert Myburgh, Primrose RFC, Western Cape Sport School, Milnerton, Vuka Legends, Paarl Barbarians, Melkbosstrand, Schoonspruit, Malibu, Hermanus, Be the Difference, Namibië.
o.15: Grey-kollege, Outeniqua, Paarl Gimnasium, Monument, Paul Roos Gimnasium, Oakdale Landbou, Boland Landbou, Hoër Jongenskool Paarl, HTS Drostdy, Durbanville, Stellenberg, Hugenote (Wellington), Brackenfell, Namibië, Vuka Legends, Tygerberg, Douglas, Western Cape Sport School, Paulus Joubert, Albert Myburgh, Primrose RFC, Prieska, Bredasdorp.
o.14: Laerskool Bastion, Grey-kollege Primêr, Klein Gim, Lochnerhoff, Gene Louw, Worcester Primêr, Kenmare, Namibië, Laerskool Gericke (Ceres), Primrose RFC, Kenridge, Bellpark, Gordansbaai, Van Riebeeckstrand, De Hoop, Durbanville.
- Athletics Rankings 2025 | Boys u17 - 2025-02-18
- Athletics Rankings 2025 | Boys u15 - 2025-02-18
- Curro Hazeldean clears the hurdle at the Wildeklawer Super Interhigh Group 5 - 2025-02-11