SuperSport Schools Plus

Hier is die Noord-Kaap-uitspele in die DStv Schools Challenge se rolspelers

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-06-14 Tags: , , , , , , , , , ,

Hoërskool Diamantveld is vanjaar die gunsteling om weer as die nommer een netbalspan by die Noord-Kaap netballiga uitspele gekroon te word.

Hul sal egter eers ‘n paar aanslae van hul mededingers moet afweer wanneer die top netbalskole in die Noord-Kaap op 16 en 17 Junie aan die uitspele in Upington deelneem.

Kyk regstreeks na die aksie op SuperSport Schools www.supersportschools.com.

Diamantveld is in 2022 as die kampioen gekroon nadat hulle Duineveld met 25-22 in die eindstryd geklop het.

Diamantveld het ‘n uitstekende netbalseisoenv tot dusver beleef en vroeër vanjaar vir die vyfde agtereenvolgende jaar vir Hoërskool Noord-Kaap by die Classic Clashes met ‘n telling van 33-28 geklop.

Diamantveld het ook vir Hartswater 44-11 verslaan, terwyl Hartswater op hul beurt vir Noord-Kaap met 22-12 gewen. Hierdie oorwinning plaas Hartswater in die tweede possie en Noord-Kaap in die derde possie van die Frances Baard-streek wat aan die uitspele gaan deelneem.

In die ZF Mgcawu-streek het Duineveld, Upington en Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) van Kakamas tot die uitspele deurgedring.

Duineveld het vanjaar skoonskip teen Upington met ‘n telling van 42-25 gemaak tydens die FNB Classic Clashes.

Duineveld was in sy laaste vier van sy vyf Clashes-kragmetings teen Uppies aan die wenkant nadat die twee spanne in 2019 gelykop gespeel.

Duineveld het HMO, wat die streek in die derde plek verteenwoordig, 49-8 pak gegee.

Uit die John Taolo Gaetsewe-streek sal Kalahari en Kathu hul staal tydens die uitspele ten toon stel terwyl Douglas en Prieska die Pixley-streek verteenwoordig.

Die voorste twee spanne per ouderdomsgroep tydens die uitspele dring deur tot die DStv Schools Challenge.

Frances Baard-streek:

Hoërskool Diamantveld: Mari du Raan, Anushka Hugo (onderkaptein), Valmari Faber, Carmen Louw, Anliné Brunette (kaptein), Lara van Niekerk, Alexa Cox, Amoré Rosant, Elé Kruis, Timney Greyling.

Hoërskool Noord-Kaap: Jayden Mapanka, Sasha Oliver, Jenna Lee le Roux, Tayla-Anne Abrahams, Megan de Villiers (kaptein), Charnique Faarland (onderkaptein), Theetso Peme, Kganya Molefe, Tlotla Seretse

Hoërskool Hartswater: Tezlyn Blom, Anjelle Carroll, Liancke de la Rey, Miallse du Toit, Anchen Duvenhage, Liza Engelbrecht, Demunke Fourie, Lana McKenzie, Nina Snyman, Rene van Niekerk

ZF Mgcawu-streek:

Hoërskool Duineveld: Chane Steyn, Sylene Terblanche (kaptein), Joane Visser, Sumarie van Deventer, Tersian Oberholzer, Rone van Zyl, Janie Visser, Abrielle de Witt, Zanelle Brink, Carmi Liebenberg

Hoërskool Upington: Riana Oberholzer, Cameron Gilbert, Ipeleng Molokwane, Yonta de Koker, Gilly-Ann Titus, Elizna Scheepers, Lee-Chandré van Wyk, Vivi Mbiza, Kayla du Plessis, Mischa Geldenhuys

Hoërskool Martin Oosthuizen: Joré Wessels, Brigitte Wessels, Connie Springbok, Gracelen Matthys, Jazzlynn Louw, Ilene van Niekerk, Lizmari Kruger, Mauneeze Cloete, Jassleen Kavula, Karin Penny, Erin Kordom, Frans-Janien Jansen van Rensburg

John Taolo Gaetsewe-streek:

Hoërskool Kalahari: Zethè Jospeh, Marilie Kotzé (kaptein), Lieze Rossouw, Keila Fourie, Shanay Kriek, Kaitlin Hoops (onderkaptein), Beate Lubbe, Lené Slabbert, Nadene Kasper, Ansheila Oosthuizen.

Hoërskool Kathu: Tseko Bonokwane, Leago Mokomele, Lemogang Tsinyane, Ashlynn Majola, Olorato Dipone, Kaylim Ebrahim, Sharike Rossouw, Matlogonolo Molomo en Gontle Tsinyane

Pixley-streek:

Douglas: Chanè Steenkamp, Caretha Nel, Anke Taljaard, Mila Visser, Lanthe Jansen (kaptein), Celine Scholtz, Nicci le Roux, Minè de Winnaar, Cailin Nel, Johandri Visser.

Prieska: La-Rochelle Kruger, Merice Smith, Maurique Nyl, Caylene Van Wyk, Kris-Mari Zeelie, Zaricia Badenhorst, Andrea Booisen, Emma Hescock, Mariam Williams.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.