Heidelberg Volkies bo, Valia en Malan veg om oorlewing in Sedibeng-liga
Ná weke van strawwe mededinging op die netbalbaan, het Heidelberg Volkskool hul posisie bo aan die punteleer van die Sedibeng-liga verseker.
Met hul eerste span wat elke kragmeting met oortuiging aangepak het, het Volkies as streekswenners reeds gekwalifiseer vir die Gauteng-uitspele.
Die tweede en laaste plek vir Gauteng-kwalifikasie is egter nog op die spel, en word volgende week bepaal in ‘n wedstryd tussen Transvalia en Hoërskool Dr. Malan.
Beide spanne het gedurende die seisoen indrukwekkende uitslae behaal. Die komende kragmeting sal dus nie slegs bepaal wie na die volgende fase deurdring nie, maar ook wie die grootste groei en karakter gedurende die liga getoon het.
Die atmosfeer in die streek is een van afwagting, aangesien spelers, afrigters en ondersteuners uitsien na ‘n bepalende botsing tussen twee puik spanne. Die wenner sluit by Volkskool aan as die streek se verteenwoordigers op provinsiale vlak — ‘n prestasie waarvoor die spanne deurgaans hard gewerk het.
Dr. Malan vs Vereeniging Gimnasium – Uitslae:
O/14A: Dr. Malan 31, Vereeniging Gim 17
O/14B: Dr. Malan 22, Vereeniging Gim 0
O/14C: Dr. Malan 14, Vereeniging Gim 8
O/15A: Dr. Malan 37, Vereeniging Gim 3
O/15B: Dr. Malan 43, Vereeniging Gim 2
O/15C: Dr. Malan 45, Vereeniging Gim 0
O/16A: Dr. Malan 10, Vereeniging Gim 26
O/16B: Dr. Malan 13, Vereeniging Gim 23
2de Span: Dr. Malan 24, Vereeniging Gim 7
1ste Span: Dr. Malan 47, Vereeniging Gim 15
Transvalia vs Driehoek – Uitslae:
1stes: Transvalia 33, Driehoek 18
2des: Transvalia 13, Driehoek 10
17A: Transvalia 27, Driehoek 18
17B: Transvalia kry punte
16A: Transvalia 23, Driehoek 18
16B: Transvalia 7, Driehoek 18
15A: Transvalia 10, Driehoek 23
15B: Transvalia 25, Driehoek 8
15C: Transvalia 16, Driehoek 6
14A: Transvalia 14, Driehoek 23
14B: Transvalia 14, Driehoek 21
14C: Gelykop
Heidelberg Volkskool vs Overvaal – Uitslae:
O/14A: Volkskool 16, Overvaal 20
O/14B: Volkskool 26, Overvaal 9
O/15A: Volkskool 30, Overvaal 10
O/15B: Volkskool 39, Overvaal 4
O/16A: Volkskool 18, Overvaal 11
O/16B: Volkskool 44, Overvaal 11
O/17A: Volkskool 41, Overvaal 7
3de Span: Volkskool 20, Overvaal 16
2de Span: Volkskool 26, Overvaal 11
1ste Span: Volkskool 56, Overvaal 8
- Tshwane dra kroon by Telkom Kampioenskap - 2025-07-15
- Delta maak stem dik by SASN All Ages 2025 - 2025-07-03
- Gabby Smith: Die stem van haar pa, die hart van haar span - 2025-06-20