Grey die Bielies van Brugstraat, Helpies nou perd van ander kleur in Noordvaal

PRETORIA. – Hulle speel dalk nie tradisionele Grey-rugby nie, maar die span van 2023 in Greyt in sy eie opsig.
Grey-kollege het Saterdag vir die Hoër Jongenskool Paarl in die Brugstraat-stadion in die Paarl met 39-30 getroef.
Die sege was gemakliker as wat die telling aandui, sonder om enige iets van Boishaai se poging weg te neem.
Niemand gaan vanjaar vir Grey klop nie. Behalwe natuurlik as heelwat van hul spelers vanjaar die SA Skole-span haal en hul sonder die staatmakers moet klaarkom. Dit sal ook vyf of meer van hul troepe moet wees.
Die span se kaptein en agtsteman, JJ Theron, speel elke week beter as die vorige en gaan ‘n sterk aanspraakmaker vir ‘n plek in die nasionale skolespan wees. Hy was teen Boishaai uitstaande met die bal in die hand asook op verdediging.
Die vaskopstut, Jean Erasmus, het die toekenning as Speler van die Wedstryd ontvang. Dit was ook welverdiend. Hy het telke male soos ‘n senter deur gapings in die tuisspan se verdediging gebars.
Dan natuurlik speel die losskakel, Ian van der Merwe, met sy geleërde skopskoen ‘n beduidende rol in die span van Bloemfontein se sukses vanjaar. Hy sool die bal myle ver en hou die span se agttal daarmee op die voorvoet.
Vir Boishaai het sy flank Divan Fuller hard voorlangs gewerk, terwyl die vleuel Jameel de Jongh twee pragtige drieë afgerond het.
Paarl Gimnasium het nie te veel probleme in die Agter-Paarl ondervind om Boland Landbou uiteindelik met 36-18 af te stof nie.
Durbanville se skrumskakel, Monray Daars, het 23 punte in sy span se wegholsege van 77-0 oor Parel Vallei aangeteken. Hy het nege doelskoppe oorgeklits en self een keer ‘n draai agter die doellyn gemaak.
In die SDC Noordvaal Cup het Helpmekaar-kollege gewys dat hy vanjaar veral op sy tuisveld nie ‘n katjie sal wees wat jy sonder handskoene aanpak nie.
Helpies het met sy kaptein en agtsteman, Christian Steyn, aan die spits vir Noordheuwel met 42-32 getroef. Die span van die Goudstad beklee tans die boonste posisie op die puntelys.
Nories het verlede week nog sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks suksesvol verdedig. Die span van Krugersdorp se heelagter, Cheswill Jooste, het wel weer gewys dat daar dalk nie vanjaar ‘n beter aanvallende heelagter op skolevlak in Suid-Afrika is nie.
Garsfontein het nou wel meer gesukkel as verwag om vir Menlopark met 48-6 te bêre, maar die span is waarskynlik erg ontwrig deur die feit dat sy losskakel, Nicallen Gabrielsen, nie kon uitdraf nie weens ‘n besering.
Die Parkies het egter ook heelwat meer vuur gehad as in sy vorige kragmeting met veral die agtsteman en kaptein, Steyn Landman, wat sy lyf op die spel geplaas het.
Waterkloof sou tevrede vanaf Mbombela na die Jakarandastad na sy sege van 28-24 oor die Hoërskool Nelspruit teruggekeer het.
EG Jansen moes behoorlik in Alberton sweet om vir Marais Viljoen met 22-17 te klop. Die Jansies het laat in die kragmeting eers die voortou geneem danksy twee drieë deur sy buitesenter, Jeandré Jacobs.
Marais Viljoen se twee losvoorspelers Henrico Germishuizen en Cephas van Biljon (kaptein) was die twee groot dorings in die besoekers se vlees.
In die Bowl-afdeling kon Merensky nie vir ‘n beter buiging tussen die groot honde gevra het nie. Die span het op sy tuisveld in Tzaneen vir Eldoraigne met 32-22 verslaan.
Daar was die naweek ook heelwat FNB Classis Clashes. Noord-Kaap het in Kimberley ‘n naelskraapse sege van 18-17 oor Diamantveld behaal, terwyl Jim Fouché met 38-17 oor Sentraal koning gekraai het.
Tydens die Klein Interjol in Upington het die Hoërskool Upington vir Duineveld met 22-17 geklop, terwyl Voortrekker in Bethlehem vir Witteberg met 24-16 in ‘n strawwe kragmeting verslaan het.
Al die uitslae:
Skolerugby-uitslae – 13 Mei 2023
SDC NOORDVAAL CUP
Afdeling 1
Beker: Garsfontein 48, Menlopark 6; Helpmekaar 42, Noordheuwel 32; Waterkloof 28, Hoërskool Nelspruit 24; EG Jansen 22, Marais Viljoen 17.
Plaat: Transvalia 28, Kempton Park 20; Zwartkop 37, HTS Middelburg 24; Hoërskool Rustenburg 37, Montana 31.
Skild: Secunda 38, Jeugland 21.
Bowl: Wesvalia 31, Hoërskool Alberton 5; Merensky 32, Eldoraigne 22; Potchefstroom Volkskool 45, Dr. Malan 0.
Afdeling 2
Blou Bulle: Midstream College 93, HTS John Vorster 0; Wonderboom 12, Pretoria-Noord 12; Centurion 13, Overkruin 12. Limpopo: Frikkie Meyer 22, HTS Tom Naudé 15. Pumas: Rob Ferreira 55, Pionier 26; Ermelo 20, Piet Retief 7; HTS Witbank 43, Ferrum 17. Valke: Hans Moore 28, Brandwag (Benoni) 27.
Afdeling 3
Goue Leeus: Linden 25, Fochville 12. Limpopo: Louis Trichardt 24, Nylstroom 22; Eric Louw 19, Northern Academy 0. Pumas: Lydenburg 29, Lowveld High 19.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Grey-kollege 39, Hoër Jongenskool Paarl 30; Noord-Kaap 18, Diamantveld 17; Voortrekker (Bethlehem) 24, Witteberg 16; Jim Fouché 38, Sentraal 17; Hoërskool Upington 22, Duineveld 17; Welkom Gimnasium 44, Hoërskool Trio 17; Goudveld-Hoërskool 26, Hentie Cilliers 3; Fichardtpark 21, Landboudal 19; Zastron 45, President Steyn 12; Brandfort 61, Hoërskool Bloemfontein 12; Harrismith 68, Ntsu 7; Ladybrand 69, New Horizon 0; St Andrews 35, Sand du Plessis 24; Brandfort 14, Grey-kollege VI 27; Vrede 50, Reitz 0; Wilgerivier 74, Wessel Maree 7; Curro Kathu 47, Daniëlskuil 6; Hopetown 42, Adamantia 5; Hendrik Potgieter 46, Sand du Plessis 10; Douglas 40, De Aar 19.
NOORDVAAL
Affies 43, King Edward VII 20; St Stithians College 31, St John’s College 19; Lichtenburg 31, Hoërskool Klerksdorp 27; Jeppe 73, St David’s Marist 8; Parktown Boys’ High 38, Northcliff 25; Wagpos 26, Hoërskool Tuine 20; Cornwall Hill College 44, St Andrews (Bloemfontein) 10; St Alban’s College 22, Clifton 10; Dinamika 34, Bergsig Akademie 19; Penryn College 50, Stanford Lake College 3; Wolmaransstad 27, Schoonspruit 14; Die Anker 27, Ligbron Akademie 10.
KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP
Grey High School 19, St Andrew’s College 0; Queen’s College 21, Dale College 12; Selborne College 45, HTS Port Rex 0; Marlow Landbou 25, Nico Malan 15; Glenwood 18, Kearsney College 13; Michaelhouse 31, Durban High School 27; Northwood 61, St Charles College 29; Hilton College 39, Pretoria Boys’ High 15; Kingswood College 18, Pearson 0; Winterberg Landbou 19, Aliwal-Noord 12.
WES-KAAP
Paarl Gimnasium 36, Boland Landbou 18; Rondebosch Boys’ High 22, SACS 7; Bishops 14, Wynberg Boys’ High 10; Durbanville 77, Parel Vallei 0; Worcester Gimnasium 30, Hoërskool Bellville 19; Hoërskool Punt 31, Montagu 7; Robertson 16, Swartland 14; Augsburg Gimnasium 27, Vredendal Sekondêr 0; Hoërskool Oudtshoorn 19, Hermanus 14; Milnerton 22, Tygerberg 20; Strand 34, DF Malan 27; Brackenfell 19, HTS Bellville 17; Melkbosstrand 38, Elsiesrivier 12; Porterville 23, Vredendal 7; Hottentots-Holland 89, Somerset College 5; Monument Park 15, Vishoek 14; Charlie Hofmeyr 17, Oakdale Landbou II 18.
- Western Province teams for the FNB Youth Weeks of 2025 - 2025-06-18
- GIRLS | School Hockey Results – 14 June 2025 - 2025-06-14
- BOYS | School Hockey Results – 14 June 2025 - 2025-06-14