SuperSport Schools Plus

Gimmies mik vir sesde Griffon-titel sedert 2015

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-08-01 Tags: , ,

CECIL PARSONS, SA Skole-vaskopstut van Voortrekker vuur hier op alle silinders tydens sy skool se halfeindstryd teen Witteberg. FOTO: Marnus Prinsloo

Die vonke gaan behoorlik spat in die Griffon-eindstryd Saterdag op die Downtouch Investments-stadion in Welkom.

Welkom Gimnasium is die verdedigende kampioen, terwyl Voortrekker van Bethlehem sy derde agtereenvolgende verskyning in die eindstryd maak. Die eindstryd skop om 14:00 af.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

Daar was nie veel tussen die twee spanne in hul ligawedstryd vroeër vanjaar te kies nie. Die span van Welkom het die kragmeting in Bethlehem met 26-24 gewen.

Die Trekkers het sy plek in die eindstryd met ‘n klinkende sege van 37-3 oor Witteberg bespreek. Dit nadat die Trekkers met 23-25 vroeër vanjaar teen sy aartsvyande die knie gebuig het. Die Gimmies het vir die Hoërskool Trio van Kroonstad met 35-7 in die ander halfeindstryd afgestof.

Die Gimmies se senterpaar, Joshua Coertzen en Jayden Weideman, sal weer ‘n rotsvaste vertoning op verdediging moet lewer indien hul span weer vanjaar die trofee omhoog wil hou. Die span se losskakel, Ronaldo Kiewiet, sal natuurlik sake vergemaklik indien hy op sy stukke is.

Kiewiet was verlede jaar die voorste puntemaker op die Cravenweek in George.

Voorlangs sal die Trekkers se aanslag deur sy SA Skole-vaskopstut, Cecil Parsons, gelei word. Parsons hou boonop ook daarvan om die bal onder die arm vas te knyp en etlike meters met sy stormramlopies te wen. Gimmies se afrigter, Roean Bezuidenhout, was Parsons se afrigter by vanjaar asook verlede jaar se Cravenweek. Só hy sal presies weet wat vandag op sy span voorlangs wag.

Voorlangs sal Gimmies se Ethan Jones (agtsteman) en Jayden Auld (slot) sleutelspelers vir hul span wees.

Welkom Gimnasium en Voortrekker het reeds met hul seges in die halfeindstryde hul plek in vanjaar se Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga bespreek. Duineveld van Upington is reeds Griekwas se verteenwoordiger in dié liga, terwyl die wenner van die Vrystaatse A-liga ook tot die kompetisie se halfeindronde sal deurdring.

In die Vrystaatse eindstryd pak Jim Fouché en Landboudal van Jacobsdal mekaar.

Die spanne is: 

Welkom Gimnasium: 15 Leano Williams, 14 Dyllan Kemp, 13 Jayden Weideman, 12 Joshua Coertsen, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Ronaldo Kiewiet, 9 Rewaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Ayden Bezuidenhout, 6 Rovaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Diederik Beuken, 3 Ryan Lemmer, 2 Kganya Molapo, 1 Buchle Ngxabayi-Mpaka.

Voortrekker: 15 Tumi Khoza, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Kamohelo Moses, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Edre Wille, 8 Dawie Fourie, 7 Jayden de Jesus, 6 Berto van Niekerk, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.

Skeidsregter:

Ander eindstryde:

14:00 – o.19A – Welkom Gimnasium vs Voortrekker
12:30 – o.16A – Welkom Gimnasium vs Voortrekker
11:20 – o.19B – Welkom Gimnasium vs Voortrekker
10:10 – o.15A – Hoërskool Trio vs Voortrekker
09:00 – o.14A – Welkom Gimnasium vs Hoërskool Trio

Griffion-liga Eindstryde 1996-2023: 

Yearnt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4
2023Welkom Gimnasium29Voortrekker26
2022Hoërskool Trio21Voortrekker15
2019Welkom Gimnasium22Goudveld-Hoërskool22
2018Welkom Gimnasium30Goudveld-Hoërskool8
2017AHS Kroonstad22Witteberg22
2016Welkom Gimnasium35Voortrekker8
2015Welkom Gimnasium20AHS Kroonstad15
2014Voortrekker33Hentie Cilliers13
2013Hentie Cilliers22Voortrekker10
2012Hentie Cilliers35Welkom Gimnasium5
2011Voortrekker15Hentie Cilliers14
2010Hentie Cilliers21AHS Kroonstad16
2009AHS Kroonstad23Goudveld-Hoërskool9
2008Voortrekker32AHS Kroonstad25
2007AHS Kroonstad27Welkom Gimnasium17
2006AHS Kroonstad39Welkom Gimnasium0
2005Harmony Sportsacademy31AHS Kroonstad24
2004AHS Kroonstad39Goudveld-Hoërskool11
2003AHS Kroonstad19Welkom Gimnasium16
2002Hentie Cilliers21Hoërskool Kroonstad14
2001Hoërskool Kroonstad29AHS Kroonstad28
2000Hoërskool Kroonstad29Hentie Cilliers25
1999Hoërskool Kroonstad41Hentie Cilliers12
1998HTS Welkom30Hoërskool Kroonstad14
1997AHS Kroonstad17Hentie Cilliers10
1996Hentie Cilliers15Welkom Gimnasium10
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.