SuperSport Schools Plus

Geen tyd vir voetfoute vir netbalspanne by ABSA Wildeklawer

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-04-25 Tags:

In net twee dae, 84 wedstryde tussen 23 skole sal daar bepaal word wie met die louere as netbalkampioen gaan wegstap.

Dis weer daai tyd van die jaar, die immergewilde ABSA Wildeklawer-skolesporttoernooi is hier en die Noord-Kaap wemel van opgewondenheid met spanne wat sover as 900 km ry het om in die viering te kom deel.

Al die wedstryde kan regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gekyk word.

Die toernooi, wat as die grootse sporttoernooi in Afrika beskou word, word vir die 13de keer vanaf 28 April tot 1 Mei in Kimberley aangebeid.

Top skole van reg oor die land kry die geleentheid om mekaar die stryd aan te sê en netballiefhebbers kan uitsien na groot kragmeting op die netbalbaan tydens die toernooi.

Helpmekaar en Oranje Meisieskool skop Vrydagoggend 08:30 op baan een saam met Garsfontein en Paarl Girls’ High op baan twee die netbalwedstryde af.

Ondersteuners kan Saterdag uitsien na ‘n groot wedstryd wanneer Paarl Gimnasium en Waterkloof vir die eerste keer die jaar mekaar op die netbalbaan ontmoet.

Die toernooi het in 2022 ‘n rekordgetal van meer as 40 000 besoekers gelok – dubbeld soveel besoekers as in 2019 en sal weer die jaar by Hoërskool Diamantveld plaasvind.

Die gasheer sal ook een van die deelnemers wees.

Die deelnemende spanne is:

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Voortrekker (Bethlehem), Helpmekaar-kollege, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoër Meisieskool Oranje, La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Brandwag, Uitenhage, Hoërskool Diamantveld, Hoërskool Duineveld, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Framesby, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Sentraal, Hoërskool Stellenberg, Hoërskool Waterkloof, Paarl Gimnasium, Potchefstroom Gimnasium en Shayamoya High.

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.