SuperSport Schools Plus

Gaan Diamantveld dit vyf uit vyf maak in die jaarlikse FNB Classic Clash?

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-05-11 Tags: , ,

Die opwinding is groot in die Diamantstad, want dit is weer tyd vir die jaarlikse FNB Classic Clashes.

Gaan Noord-Kaap die jaar die bordjies teen Diamantveld verhang?

Diamantveld stap Saterdag as die oortuigende gunsteling op die baan en die druk is egter op Noord-Kaap om te kyk of hulle die wenstitel kan verower.

Diamantveld spog al vir die afgelope vier jaar as die FNB Classic Clashes-netbalwenners en dra die kroon as top netbalskool in Kimberley.

Noord-Kaap is hierdie jaar die gasheer vir die sportnaweek tussen die twee buurskole en dis vir altwee spanne weer ‘n besonderse voorreg om deel te wees van die kragmeting waar vriendskapbande al sterk gevorm het oor die jare.

Die netbalwedstryde lok jaarliks groot belangstelling en word deur duisende netballiefhebbers bygewoon.

Magda Myburg, eerstespan netbalafrigter van Diamantveld sê die Clashes is altyd ‘n hoogtepunt op hul kalender en ‘n goeie geleentheid om staal teen staal te meet.

“Ons sien baie uit na die naweek. Die meisies is goed voorberei en ons is reg vir dit wat op ons wag. Ons glo dit gaan soos elke jaar in ‘n goeie gees plaasvind.”

Karien Opperman, eerstespan netbalafrigter van Noord-Kaap, sê hulle het groot drome as ‘n span. “Ons wil graag die skool en die ouers, wat ons grootste ondersteuners is en in ons glo trots maak. Ons doelkombinasies bring iets uniek na die spel. Ek glo as ons by die wedstrydplan hou en dit met selfvertroue uitvoer, kan ons die teenstanders verras.”

Die spanne sê mekaar Saterdag, 10:30 op baan A, die stryd aan.

Ontmoet Diamantveld se eerste netbalspan

D:  Mari du Raan
HD:  Anushka Hugo (onderkaptein)
AV:  Valmari Faber
S:  Carmen Louw
VV: Anliné Brunette (kaptein)
HV:  Lara v Niekerk
V:  Alexa Cox

Plaasvervangers: Amoré Rosant, Timney Greyling, Elé Kruis.

Ontmoet Noord-Kaap se eerste netbalspan: 

D:  Jayden Mapanka
HD:  Sasha Oliver
AV:  Jenna Lee le Roux
S:  Tayla-Anne Abrahams
VV:  Megan de Villiers (kaptein)
HV:  Charnique Faarland (onderkaptein)
V:  Theetso Peme
HV:  Kganya Molefe
VV:  Tlotla Seretse

Uitslae van die laaste vyf jaar:

2022 – Diamantveld 31, Noord-Kaap 26
2021 – Diamantveld 37, Noord-Kaap 9
2020 – Geen Classic Clashes weens die Covid-19 pandemie
2019 – Diamantveld 30, Noord-Kaap 29
2018 – Diamantveld 34, Noord-Kaap 22

 

 

 

 

 

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.