Eldoraigne sewes het paar swaargewigte wat mekaar pak
Die Hoërskool Eldoraigne in Pretoria sal more ‘n sewes-toernooi in samewerking met McCarthy Toyota Centurion aanbied. Een van die voorste sewes-skole, die Hoërskool Tygerberg van Kaapstad, sal ook op die toernooi in die Jakarandastad in aksie wees.
Slegs tien spanne sal aan die toernooi deelneem. Eldoraigne het verlede week in die eindstryd van Montana se sewes-toernooi teen Hoërskool Tuine met 32-19 die knie gebuig. Tuine het in die halfeindstryd vir Affies met 26-21 uitoorlê.
Eldoraigne is egter saam met Garsfontein en Monument van Krugersdorp in dieselfde groep geloot. Monnas en Garsies het mekaar verlede week in die eindstryd van Krugersdorp High Schools se toernooi gepak met Monnas wat 24-12 baas was.
Tygerberg en Waterkloof is die twee spanne in Groep A wat die vroeë gunstelinge is om tot die halfeindstryde van die Beker-kompetisie deur te dring.
Die twee halfeindstryde van die Beker-kompetisie word om 13:00 beslis, terwyl die Plaat-halfeindstryde net voor dit om 12:40 gespeel word. Die Beker-eindstryd vind om 14:00 plaas, terwyl die Plaat-eindstryd om 13:40 afskop. Daar sal ook ‘n Bowl-eindstryd om 13:20 gespeel word.
Die bepalings is:
Veld A – 08:30: Tygerberg t. Pretoria THS. 08:50: Waterkloof t. Hendrik Verwoerd. 09:10: Tygerberg t. Montana. 09:40: Overkruin t. TBC. 10:00: Monument t. Eldoraigne. 10:20: Garsfontein t. Overkruin. 10:50: Montana t. Hendrik Verwoerd. 11:10: Tygerberg t. Waterkloof. 11:30: Montana t. Pretoria THS. 12:00: Monument t. TBC.
Veld B – 08:30: Garsfontein t. TBC. 08:50: Monument t. Overkruin. 09:10: Garsfontein t. Eldoraigne. 09:40: Hendrik Verwoerd t. Pretoria THS. 10:00: Waterkloof t. Montana. 10:20: Tygerberg t. Hendrik Verwoerd. 10:50: Eldoraigne t. Overkruin. 11:10: Garsfontein t. Monument. 11:30: Eldoraigne t. TBC. 12:00: Waterkloof t. Pretoria THS.