SuperSport Schools Plus

EG Jansen rook pyp in Noordvaal Sewes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-09-28 Tags: , , , ,

News JansiesSewesEG Jansen van Boksburg is as kampioen van die derde jaarlikse Noordvaal Sewestoernooi op Menlopark in Pretoria gekroon. Die Jansies het Garsfontein met 40-17 in die eindstryd die loef afgesteek. 

Dit was veral Jansies se Ruben Beytell wat skitterend vir die wenspan vertoon het. Hy het vier keer die doellyn in die eindstryd oorgesteek. Garsies was nog in elke eindstryd sedert die ontstaan van die toernooi in 2014 in aksie, maar kon nog nie een keer met die titel as kampioen wegstap nie. Die span van Pretoria het gehoop dat derde keer skeepsrg vir hom sou wees. 

Dylan Schwartz het met sy spel ook heelwat geleenthede vir die nuwe kampioen geskep. Garsies het in 2014 tydens die eerste eindstryd teen HTS Middelburg vasgeval, terwyl Monument van Krugersdorp hom verlede jaar in die stryd om die titel uitgestof het. 

EG Jansen het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 24-21 in ‘n wipplankstryd oor Helpmekaar-kollege bespreek. Helpies was die vroee gunsteling om as kampioen gekroon te word, maar het reeds in sy eerste groepwedstryd teen Garsies met 14-19 gegly. Helpies se Mark Snyman was saam met Jansies se Beytell ongetwyfeld die twee voorste spelers tydens die Noordvaal Sewestoernooi.  

Garsfontein het sy plek in die eindstryd bespreek deur Eldoraigne met 26-21 uit te skakel. EG Jansen het boonop in sy een groepwedstryd teen die verdedigende kampioen, Monnas, met 5-45 behoorlik op sy baadjie gekry. Die span van Carson Koekemoer het sy ander twee groepwedstryde teen Rustenburg (24-12) en Oos-Moot (26-21) gewen.

Jansies se breier Kwagga Loubser het die eerste afrigter ooit geword om die Beeldtrofee asook die Noordvaal Sewestoernooi omhoog te hou. Loubser het Kemptonpark in 2012 tot kampioen van die Beeldtrofee gebrei. 

Al die uitslae (o.17):

Groep A: Eldoraigne 19, Die Anker 17; Nelspruit 38, Louis Trichardt 0; Louis Trichardt 21, Die Anker 12; Eldoraigne 49, Louis Trichardt 7; Nelspruit 20, Eldoraigne 15; Louis Trichardt 21, Die Anker 12.

Groep B: Monument 26, Oos-Moot 19; EG Jansen 24, Rustenburg 12; Monument 45, EG Jansen 5; Oos-Moot 26, Rustenburg 7; EG Jansen 26, Oos-Moot 21; Monument 33, Rustenburg 14.

Groep C: Kemptonpark 21, Ben Vorster 14; Garsfontein 17, Helpmekaar 14; Helpmekaar 48, Ben Vorster 5; Kemptonpark 19, Garsfontein 14; Garsfontein 27, Ben Vorster 7; Helpmekaar 26, Kemptonpark 7.

Groep D: Menlopark 17, HTS Middelburg 14; Florida 47, Pretoria Boys’ High 0; Menlopark 12, Florida 7; Florida 22, HTS Middelburg 21; Menlopark 21, Pretoria Boys’ High 7; Pretoria Boys’ High 32, HTS Middelburg 17.

Kwarteindstryde – Bowl: Rustenburg 31, Louis Trichardt 19; Oos-Moot 24, Die Anker 0; Pretoria Boys’ High 21, Ben Vorster 14; HTS Middelburg 19, Kemptonpark 14. Beker: EG Jansen 24, Nelspruit 19; Eldoraigne 22, Monument 12; Garsfontein 21, Menlopark 17; Helpmekaar 29, Florida 19.

Halfeindstryde – Skild: Kemptonpark 54, Louis Trichardt 5; Ben Vorster 26, Die Anker 12. Bowl: HTS Middelburg 31, Rustenburg 5; Oos-Moot 26, Pretoria Boys’ High 7. Plaat: Florida 17, Nelspruit 7; Monument 38, Menlopark 0. Beker: EG Jansen 24, Helpmekaar 21; Garsfontein 26, Eldoraigne 21.

Eindstryde – Skild: Kemptonpark 43, Ben Vorster 7. Bowl: Oos-Moot 25, HTS Middelburg 17. Plaat: Monument 40, Florida 17. Beker – 3/4: Helpmekaar 29, Eldoraigne 7. Eindstryd: EG Jansen 40, Garsfontein 17.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.