SuperSport Schools Plus

Drie spanne sluit die Francois Swart-week onoorwonne af

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-03-23 Tags:

NewsGAffiesu15Die Afrikaanse Hoër Seunskool het sy jaarlikse Francois Swart o.15-week in Pretoria onoorwonne afgesluit.

Affies het die Hoërskool Garsfontein gemaklik met 25-8 verslaan om die jaarlikse week ter herhinnering van sy oud-leerling met ‘n vlekkelose rekord af te sluit. Die gasheer het ook vir Kempton Park (56-0) en EG Jansen van Boksburg (24-12) vroeër in die week geklop. 

Waterkloof en Maritzburg College se o.15-spanne het ook daarin geslaag om die week onoorwonne af te sluit. Klofies het ‘n klinkende sege van 48-12 oor Welkom Gimnasium behaal om die week onoorwonne af te sluit. 

Maritzburg College het geen probleme op die laaste dag ervaar om sy onoorwonne status teen Kempton Park te behou nie. Die besoekers van Pietermaritzburg het Kempies met 55-0 ‘n stewige drag slae toegedien. 

Helpmekaar-kollege het die gedugte span van Zwartkop met 24-8 afgestof. Helpies se enigste nederlaag tydens die week was op die eerste dag teen Maritzburg College (21-27). 

Maritzburg College het in sy wedstryd op die tweede dag die Hoërskool Nelspruit met 45-3 gekarnuffel. EG Jansen van Boksburg het sy week met ‘n naelskraapse sege van 19-18 oor die Hoërskool Klerksdorp afgesluit. 

Verwante Stories: 

Affies, Klofies en Maritzburg College behou onoorwonne status op Francois Swart-week

Groot tellings op die eerste dag van die Francois Swart Rugbyweek

Bepalings van die Francois Swart o.15-Week vir 2019 bekend

FOTO: William Brown

Al die uitslae: 

Affies25Garsfontein8
Helpmekaar24Zwartkop8
Waterkloof48Welkom Gimnasium12
EG Jansen19Klerksdorp18
Westville Boys’ High16Hoërskool Nelspruit14
Maritzburg College55Kempton Park0

[powr-comments id=”6935895c_1553344027311″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.