SuperSport Schools Plus

Dis weer tyd vir FNB Classic Clashes!

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-05-09 Tags: , , , , ,

Hoëskool Duineveld

Dit is weereens tyd vir die netbalspanne van Bloemfontein, Kimberley en Upington om sake uit te spook in die jaarlikse FNB Classic Clashes-botsings.

Alle oë is hierdie naweek op die kragmetings tussen die spanne van die Noord-Kaap en Vrystaat, wat gewaarborg is om tonne aksie op te lewer.

In Bloemfontein ontvou die botsing tussen Hoërskool Sentraal en Hoërskool Jim Fouché om 11:20 by Sentraal. Die gasheer het verlede jaar ‘n swaarverdiende oorwinning van 35-28 oor JF behaal, wat die hoop op ‘n herhaling laat opvlam het. Jim Fouché is egter vasbeslote om hierdie slag met die louere weg te stap.

Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Noord-Kaap is ook slaggereed vir ‘n epiese tweestryd op DHS se bane, in Kimberley, om 10:30. Met Diamonds wat in 2023 vir Noord-Kaap met 33-28 kon troef, weg van die huis af, is die besoekers oorgehaal om vanjaar die bordjies te verhang.

Hoërskool Duineveld en hul buurskool, Hoërskool Upington, pak mekaar om 11:20 by Upington. Duineveld het verlede jaar oortuigend met 42-25 geseëvier, en het ook in 2017, 2018, 2019 en 2022 as oorwinnaars uit die stryd getree.

Sentraal Chené de Villiers, Nicola van der Wath, Elbé van der Merwe, Keevy-Ann Fourie, Marli van der Merwe, Izanne van Aswegen, Ceinwin Lindeque, Caitlyn Maddocks, Anri Kachelhoffer.

Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw, Valmari Faber,  Lara van Niekerk,  Klarissa Taljaard, Brithe Horniball, Zandri Stark.

Duineveld: Abriëlle de Witt, Clarise Barnard, Carmi Liebenberg, Carla Kuhn, Tersian Oberholzer, Zandri Brink, Zanelle Brink, Jeanne Coetzer, Yolanda de Kock, Stephanie Kruger.

Upington: Kayla du Plessis, Liebe Karsten, Lané Esterhuizen, Anria Oberholzer, Jenique Matthys, Raquel Raman, Cara Fourie, Lida Louw, Mari-Alet van Zyl en Amé Kotzé.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.