SuperSport Schools Plus

Craven Week – 1989

By Hannes Nienaber , in Results Rugby | News , at 2014-12-13

 

 

Day 4 

Verre Noord 29, Grens 9: VERRE NOORD: Drieë: Willem van Staden (heelagter), Marius Broodryk (regtervleuel, 2), Phillip Coetzee (senter); Strafdoele: Gerhard Pienaar (losskakel, 3); Doelskoppe: Pienaar (2). GRENS: Drie: Quinton Maritz (linkervleuel); Doelskop: Luke Smith (losskakel); Skepdoel: Smith.

Vrystaat Platteland 23, Boland-Liga 10: PLATTELAND: Drieë: Johan Smit (agtsteman, 2), Riaan Viviers (stut), Elroy Cierenberg (flank); Doelskoppe: Frans Gerber (losskakel), Martin van Rensburg (skrumskakel); Strafdoel: Van Rensburg. BOLAND-LIGA: Drieë: Vernon Adams (skrumskakel); Strafdoele: Gerrit Swartz (2).

Noordoos-Kaapland 32, SA Projekspan 3: NOK: Drieë: Gregory Hoole (heelagter), Rudi Nell (skrumskakel), Willem du Plessis (stut), Walter Viljoen (flank), Cecil du Plessis (slot); Doelskoppe: Christo Badenhorst (losskakel, 3); Strafdoele: Badenhorst (2). SA PROJEKSPAN: Strafdoel: Andy Purnell (losskakel).

OP 16,Oos-Transvaal 8: OP: Drieë: Matthys Bekker (flank), Kelly Hilton-Green (linkervleuel); Doelskoppe: Michael Catt (heelagter); Strafdoele: Pieter O’Neill (losskakel, 2). OOS-TRANSVAAL: Drieë: Marius van Biljon (heelagter), Frik Bosman (stut).

Noord-Natal 22, Suidwestelike Distrikte 9: NOORD-NATAL: Drieë: Kobus Bekker (heelagter), Martin Bezuidenhout (linkervleuel); Strafdoele: Chris Craven (losskakel, 3); Doelskop: Craven. SWD: Strafdoele: Jandré Calitz (senter, 2); SkepdoeL: Calitz.

Vrystaat 13, Wes-Transvaal 12: OVS: Drieë: Werner Swanepoel (skrumskakel), André Peach (flank); Doelskop: LR Botha (stut); Strafskop: Botha. WES-TRANSVAAL: Drieë: André Fouche; Strafskoppe: Boyce Harris (losskakel, 2); Doelskop: Harris.

Noord-Transvaal 16, Noord-Vrystaat 12: NOORD-TRANSVAAL: Drieë: Eugene du Preez (senter), Robbie Brink (agtsteman); Doelskop: Ralf Baumgartner (losskakel); Strafskoppe: Braam van Straaten (2). NOORD-VRYSTAAT: Drieë: Franöois Fivaz (losskakel); Doelskop: Fivaz; Strafskoppe: Fivaz (2).

Transvaal XV 15, WP-Liga 4: TRANSVAAL: Strafskoppe: James Whie (losskakel). WP-LIGA: Drie: Ronald Adendolf (vleuel).

Day 5 

Transvaal 17 – Tries: Ian de Ru, Frans van Tonder, Andre Venter. Conversion: Bertus Kruger. Penalty: Kruger. Eastern Province 6 – Penalties: Pieter O’Neill (2). 

Western Province 12 – Tries: Justin Hendrikz, Andrew Lanning. Conversions: Michael Ehrentraut (2). Free State 10 – Tries: Heinrich Fuls, Nico Linde. Conversion: LR Botha. 

Northern Transvaal 21 – Tries: Natal 19 – Tries: 

 Noord-Transvaal 21, Natal 19: Die Noord-Transvalers het hul beste vertoning van die Cravenweek in dié wedstryd gelewer en was beslis meer as net twee punte beter as die Piesangboere. Die eindtelling was 21-19. Waar Noord-Transvaal se vier drieë na pragtige bewegings gekom het, was albei die Natallers se drieë gelukskote. Vir die eerste keer op die Cravenweek het die Noorde voorlangs nie tweede viool gespeel nie en by tye mooi met die bal gemaal en gedryf. Rudolph Wheeler was op loskopstut ‘n toring van krag. In die los het Noord-Transvaal se lostrio, André Cloete, Robbie Brink en Carel le Roux, reuse-werk gedoen. Die groot uitblinkers in die wenspan se agterlyn was Ralf Baumgärtner (losskakel), Braam van Straaten (senter) en Cornél Windell (linkervleuel). Vir Noord-Transvaal het Windell, Eugene du Preez (senter), Tommy Symons (skrumskakel) en Carel le Roux drieë gedruk. Baumgärtner het met ‘n strafdoel en doelskop geslaag. Vir Natal het sy heelagter, Brendan Edwards en die linkervleuel, Fanie Goedeke, drieë gedruk. Die een senter, Anton Jankowitz, het met drie strafdoele en ‘n doelskop geslaag. Oos-Vrystaat 22, Wes-Transvaal 13: In ‘n skitterende wedstryd het Oos-Vrystaat met ondernemende rugby bevestig dat die plattelandse spanne nie vir die “groot” spanne hoef terug te staan nie. Anders as teen Transvaal het die Riemlanders dié keer hul man voorlangs gestaan. In die vaste skrums het hulle die swaarder agttal van Wes-Transvaal opgekeil en in die lynstane het Albert Hoon en Stefan Viljoen goeie besit gewen. In die los het Jonker Botha (agtsteman) en Calla Human en Gerhard van Rensburg (flanke), pragtig saamgejag. Van die Wes-Transvaalse voorspelers was dit net Eben van Aswegen (slot) en Joe Pretorius (flank) wat kon saamgesels. Oos-Vrystaat se agterlyn het die skaal nog verder in sy guns laat swaai. Met flinke hanteerwerk en Stephen Brink (heelagter), wat baie goed op die aanval gebruik is, is Wes-Transvaal se verdediging verskeie kere oopgekloof. Die senterpaar van die wenspan, Chris Wentzel en Stompie Hugo, het goed gekombineer. Vir Oos-Vrystaat het Louis Botha (losskakel), Chris Wentzel, Gerhard van Rensburg en Jonker Botha drieë gedruk. TL de Waal (linkervleuel) het met een en Stompie Hugo met twee doelskoppe geslaag. Vir die Weste het André Herbst ‘n drie gedruk en Boyce Harris (losskakel) met drie strafdoele geslaag. WP-Liga 12, Vaaldriehoek 10: Die Vaaldriehoekers het net hulself te verkwalik vir hul eerste nederlaag van die toernooi. Die Liga het egter verdien om te wen. Hy het van die avontuurlikste en mees onvoorspelbare rugby van die week gespeel. Vaaldriehoek het die wedstryd met tienmanrugby probeer wen, maar te min van sy lynskoppe uitgekry en ook verloor in die los. Die Liga het juis die meeste van sy gevaarlike bewegings uit die tweede fase geloods. Die verloorspan het veral vlak om die skrum swak verdedig. In die tweede helfte het die Liga se skrumskakel, Raymond van Niekerk, wyd gebreek en 30 m gevorder voordat hy na sy linkervleuel, Eugene Gordon, vir die wendrie laat loop het. In die wenspan het sy agttal baie goeie spel gelewer met die regtervleuel, Ronald Arendolff, die beste agterspeler. Riaan Pietersen (heelagter), Arendolff en Gordon het die Liga drieë gedruk. Bruce Sharpe (losskakel) het met ‘n doelskop geslaag. Vir Vaaldriehoek het Frisby twee drieë gedruk en Freddie Grobler (senter) met ‘n doelskop geslaag. Griekwas 12, Transvaal XV 6: In ‘n goeie wedstryd het Griekwaland-Wes sy derde wedstryd van die week gewen. Griekwas het sy oorwinning verdien, want hy het ondernemende rugby gespeel en die enigste drie van die wedstryd gedruk. Bakkes het vir Griekwas ‘n drie gedruk. Pietie Maree (senter) het met die doelskop en twee strafdoele geslaag. Vir die Vyftiental het Jamie White twee strafdoele behaal. Boland 12, Oos-Transvaal 4: Oos-Transvaal sal sy nederlaag van 12-4 teen die Boland as die wedstryd van verspeelde kanse onthou. In die eerste helfte het die Rooi Duiwels vir die grootste gedeelte gebiedsvoordeel gehad, maar het sy agterlyn gesukkel om af te rond. Die groot verskil tussen die twee spanne was juis agterlangs, waar die wenspan meer planmatig en afgerond gespeel het. Vir Boland het Andries van Zyl (senter) twee drieë gedruk. André Nel (losskakel) het met albei doelskoppe geslaag. Willie Venter (flank) het die Ooste se drie gedruk. Laeveld 18, NOK 3: Hoewel Laeveld by tye goeie rugby gespeel het, het die wedstryd nooit werklik aan die gang gekom nie. Laeveld se agttal het die grondslag van die oorwinning gelê deur NOK in al die afdelings te klop. Vir die wenspan het Dwane Pelser (heelagter), Stefan Potgieter (flank), Aubrey van der Bank (skrumskakel) en Schutte Bekker (agtsteman) drieë gedruk. Shaun Pelser (losskakel) het met ‘n doelskop geslaag. Vir NOK het Rudi Nel (skrumskakel) ‘n drie gedruk en Christo Badenhorst (losskakel) met ‘n strafdoel geslaag. Verre Noord 31, Noord-Natal 3: Verre Noord het soos Noord-Transvaal sy beste vertoning vir heel laaste gehou. Sy agttal het met doelgerigte spel verseker dat Noord-Natal in trurat bly, terwyl die agterlyn die bal pragtig gedra het. Die voor- en agterspelers van Verre Noord het uitstekend saamgespeel sodat die bal min doodgegaan het. Verre Noord se drieë is deur Paul Grobler (haker), Phillip Coetzee (2), Eduard van Rensburg en Casper Willemse (slot) gedruk. Gerhard Pienaar (losskakel) het met vier doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag. Vir Noord-Natal het Chris Craven (losskakel) ‘n strafdoel behaal.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.