SuperSport Schools Plus

Classen held op eerste dag van nasionale o.17-week

By Hannes Nienaber , in Cricket | News , at 2014-12-12 Tags: ,

JOHANNESBURG. – Ondanks twee honderdtalle en die feit dat twee boulers daarin geslaag het op ‘n vyftal paaltjies in te oes, waarvan hy nie een was nie is daar nie twyfel dat die eerste dag van Krieket Suid-Afrika (KSA) se nasionale o.17-week aan Gauteng se snelbouler, Chad Classen, behoort het nie.

Classen se boulwerk op ‘n kolfblad wat dit nie maklik vir kolwers gemaak het nie, het die gasheer tot die enigste regstreekse sege van die eerste dag van die toernooi oor die Suidwestelike Distrikte aangevuur. Hy het sewe paaltjies in die wedstryd ten koste van ‘n skamele 25 lopies in die wedstryd laat kantel.

Die Volstruisboere is vir 48 lopies in hulle eerste beurt uitgeboender met ‘n sekere “kolwer” met die naam Ekstras (11) wat die enigste kolwer was wat dubbelle-syfers kon behaal. Classen het vier kolwers vir 16 lopies in dié beurt laat terugstap.

Gauteng het sy eerste beurt op 239/7 laat verklaar na Shane Dadswell (95) sy honderdtal net misgeloop het. Classen (3/9) was daarna weer aan die voorpunt van sy span se aanslag om die nodige vyf paaltjies van sy teenstanders vir die regstreekste sege in te palm. Suidwestelike Distrikte kon net 16 lopies aanteken voor dié paaltjie van Classen se boulwerk gespat het.

Oostelikes se Vyasan Govenden (105) en KwaZulu-Natal se James Tedder (100*) het die twee honderdtalle van die dag teen onderskeidelik KwaZulu-Natal Binneland en Oostelike Provinsie gemoker. OP se Keenan Veira (97) het sy honderdtal ook net misgeloop in die wedstryd waarin Tedder sy mylpaal bereik het.

Mpumalanga se naatbouler, Elnu Potgieter (5/8), spog met die beste boulsyfers vir die dag. Die Westelike Provinsie se aanvangsbouler, Ryan Klein (5/17), het ook Zimbabwe se kolwers behoorlik laat bontstaan.

Niel Durow (84, 97b) het die Vrystaat gehelp om teen Boland as oorwinnaars van die veld te stap. Hy het die kolfblad op 31/3 betree en daarna 39 aflewerings vir sy eerste drie lopies getrotseer en daarmee sy span uit die moeilikheid en uiteindelik verby Boland se totaal gekolf. Boonop was hy met sy naatboulwerk sy span se beste bouler. Hy het van vier kolwers vir net 18 lopies ontslae geraak.

Vandag se bepalings:

Zimbabwe t. Boland (Saints V); KwaZulu-Natalse Binneland t. Grens (Randburg-krieketklub); Westelike Provinsie t. Vrystaat (KES); Noordelikes t. Suidwestelike Distrikte (Lenasia); Oostelikes t. Limpopo (UJ, Soweto); Mpumalanga t. Griekwas (Dobsonville); Noordwes t. Oostelike Provinsie (Hoërskool Randburg); Gauteng t. KwaZulu-Natal (Parktown).

Beknopte telkaarte:

SWD eerste beurt 48 (Ekstras 11; Chad Claassen 4/16, Vuyo Shongwe 2/12); Gauteng eerste beurt 239/7 verkl. (Shane Dadswell 95, Liam Smith 40; Tyler Bezuidenhout 2/33); SWD tweede beurt 16/5 (Chad Classen 3/9). Gauteng wen regstreeks met 175 lopies.

Boland eerste beurt 118 (Pieter Swart 26; Niel Durow 4/18, Lebohang Sekhalo 3/37); Vrystaat eerste beurt 188 (Niel Durow 84, Wihan Victor 38; Gianni Lombard 3/33, Pieter Swart 3/43); Boland tweede beurt 30/0 (Calum Moses 18*). Vrystaat wen op eerste beurt.

KwaZulu-Natal eerste beurt 231/7 verkl. (James Tedder 100*, Tyron Koen 35; Daine Kruger 4/76); Oostelike Provinsie eerste beurt 165/4 (Keenan Veira 97, Camren Rania 51*; Nduduzo Mfoza 2/39). Wedstryd eindig onbeslis.

Noordwes eerste beurt 177 (Dwayne Ratzlaff 56; Yonic Mack 4/10, Beyer Swanepoel 3/34); Noordelikes eerste beurt 190 (Rubin Herman 47, Yonick Mack 43, Jacques de Graaff 37); Noordwes tweede beurt 24/0 (Tshepang Motjale 20*). Noordelikes wen op die eerste beurt.

Zimbabwe eerste beurt 102 (Nick Welch 49; Ryan Klein 5/17, Aaqil Ebrahim 3/12); Westelike Provinsie eerste beurt 161/4 verkl. (Aaqil Ebrahim 54*); Zimbabwe tweede beurt 76/3 (Nick Welch 32*; Ziyaad Abrahams 2/7). Westelike Provinsie wen op die eerste beurt.

Limpopo eerste beurt 122 (Sahil Patel 56, Uvesh Patel 22*; Elnu Potgieter 5/8, Bandile Mashile 2/9); Mpumalanga eerste beurt 146 (Ozayr Karodia 50; Phillip Bester 4/24, Morné Venter 3/31); Limpopo tweede beurt 35/0 (Regardt Heiberg 29*). Mpumalanga wen op eerste beurt.

Griekwas eerste beurt 167 (Wian van Niekerk 73; Axola Ngwana 2/4); Grens eerste beurt 140/9 (Athenkosi Mfaze 38; Simon Muller 3/11, Hannes Jacobs 3/19). Wedstryd eindig onbeslis.

KZN Binneland eerste beurt 136/8 verkl. (Jean de Wet 42; Druv Gupta 2/7, Christmas Mpenyane 2/29); Oostelikes eerste beurt 188/4 verkl. (Vyasan Govenden 105, Nkosana Mqoco 59*; Ethan Bosch 1/4). Oostelikes wen op eerste beurt.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.