Brandwag van Uitenhage aan die brand op Oakdale Rugbyweek
Die Hoërskool Diamantveld het op die eerste dag van die Klein Karoo Saadproduksie Rugbyweek by Oakdale Landbou net buite Riversdal in die hoofwedstryd vir Hoërskool Rustenburg met 26-5 die loef afgesteek. Rustenburg vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar.
Diamonds het teen rustyd ‘n skrale voorsprong van 8-5 geniet, maar kon daarin slaag om in die tweede helfte na ‘n hoër rat oor te skakel. Die span van Kimberley se losskakel, Wynand Botha, was op sy stukke en het 16 van sy span se punte in die sege bygedra. Hy het een van sy span se drie drieë afgerond, een daarvan verdoel en drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.
Diamantveld kom Maandag teen Die Brandwag in die hoofwedstryd van die tweede dag te staan.
Die Brandwag van Uitenhage het met ‘n weghol-oorwinning van 80-12 oor Kempton Park ‘n duidelike waarskuwing aan die ander spanne gestuur dat hy nie sonder handskoene vanjaar gepak kan word nie. Die span se skrumskakel, Raydon Swartbooi, en losskakel, Johan Smalberger, het spel dikteer en elk ‘n driekuns aan drieë behaal.
Smalberger het ook tien van sy span se drieë verdoel vir ‘n persoonlike bydra van 35 punte tot die sege. Die meeste punte nog vanjaar deur ‘n skolespeler.
Pearson van Port Elizabeth het ook oor te veel skietgoed vir die Hoërskool Zwartkop van Centurion beskik en gemaklik met 50-0 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van die Baai sal nou teen Rustenburg in sy tweede wedstryd kragte meet.
Hugenote van Wellington se binnesenter, Wayde Julies, was op sy stukke in sy span se sege van 38-24 oor Potchefstroom Gimnasium. Julies het drie keer ‘n draai agter die span van Potchefstroom se doellyn gaan maak. Nog ‘n Bolandse skool, Robertson, sal baie tevrede met sy oorwinning van 29-7 oor Oosterlig wees.
Overberg van Caldeon het ‘n naelskraapse sege van 17-16 teen Graaff-Reinet Volkskool op die eerste dag deurgetrek. Die manne van Caledon se buitesenter, Slade Jacobs, het twee keer ‘n draai agter die doellyn gemaak. Die losskakel, Clive Swarts het sy skopstewels aangehad en albei drieë verdoel asook ‘n strafdoel deur die pale gejaag.
FOTO: Oakdale Landbou
Puntemakers:
Hoërskool Diamantveld 26 (8) – Drieë: Wynand Botha, Ruben Pienaar, JP Vorster. Doelskop: Botha. Strafdoele: Botha (3). Hoërskool Rustenburg 5 (5) – Drie: Hugo van Niekerk.
Brandwag (Uitenhage) 80 (33) – Drieë: Raydon Swartbooi (3), Johan Smalberger (3), Jason Oosthuizen, George Ethan, Jaydee Arendse, Jamaine Dampies, Owen Maya, Liam van Loggerenberg. Doelskoppe: Smalberger (10). Kempton Park 12 (7) – Drieë: Sarel Erasmus, Brandon Perreira. Doelskop: Henco Potgieter.
Pearson 54 (28) – Drieë: Callie van der Spuy (2), Keenan Martin, Darren Julies, Arno van Heerden, CJ Erasmus, Okuhle Nkengana, Divan Fourie. Doelskoppe: Casper Fouché (7). Zwartkop 0.
Hermanus 34 (22) – Drieë: Malcolm Theunissen (2), Cameron Wehr (2), Jeandré Overmeyer. Doelskoppe: Robert Nutt (3). Strafdoel: Nutt. Hoërskool Alberton 3 (0) – Strafdoel: Anru Lewis.
Lichtenburg 14 (0) – Drieë: Zandro Coetzee (2). Doelskoppe: Erich Snyman (2). Hoërskool Upington 7 (7) – Drie: Vrele du Toit. Doelskop: Ruwan Isaks.
Robertson 29 (19) – Drieë: Jumaine Eyssen, Bernado Diedericks, Kyle Seconds, Christopher Ward, Zackira Carolus. Doelskoppe: Tjokka Sthandiely (2). Oosterlig 7 (0) – Drie: Leon Orsmond. Doelskop: Cayden Serfontein.
Hugenote (Wellington) 38 (33) – Drieë: Wayde Julies (3), Vin-Heath Andrews (2), Tyrone Thomas. Ethan Vorster (4). Potchefstroom Gimnasium 24 (12) – Drieë: Etienne Erasmus (2), Zuvan Slabbert, Daniël Fourie. Doelskoppe: Fourie (2).
Brackenfell 34 (24) – Drieë: Kian Basson, Juan-Lee Carolus, Donovan Otto, Michardt Potgieter, Moreblessing Arumando. Doelskoppe: Bronstin Agulhas (3). Strafdoel: Agulhas. Jeugland 7 (0) – Drie: Jeandré Momberg. Doelskop: Marnu Maritz.
Swartland 17 (17) – Drieë: Chivonne Parker, Eli Phillips, Jordan Abels. Doelskop: Romeal Swartz. Ellisras 10 (0) – Drieë: Mabotha Gwangwa, Molifi Maboka.
Landboudal 33 (19) – Drieë: Paul van Zyl, Deon Labuschagne, Herman Groenewald, Loffie Ackerman, Theuni van der Merwe. Doelskoppe: Vuyani Moore (4). Montagu 19 (12) – Drieë: Jenovan Soldaat, Beon Hartnick, Junior Pearson. Doelskoppe: Ronaldo Koker, Hartnick.
Hoërskool Strand 19 (12) – Drieë: Vincheslo van Wyk (2), Gino Cupido. Doelskoppe: Jayden Bester, Jaydon Cookson. Oos-Moot 12 (0) – Drieë: Ruben Oosthuizen, Braam Bezuidenhout. Doelskop: Carlo Janse van Rensburg.
Merensky 29 (7) – Drieë: Philip Ludick (2), Niël van Vuuren, Johan van den Heever. Doelskoppe: Ludick (2), Van Vuuren. Strafdoel: Van Vuuren. Augsburg Gimnasium 20 (17) – Drieë: Jaco Nieuwoudt, Sherdon Throne. Doelskoppe: Jean Swart (2). Strafdoele: Swart (2).
Hoërskool Vryburg 47 (14) – Drieë: Marnus Bosch (2), Solly Makoka, HJ Kruger, Leon Kgatlane, Linda Boyo, Kraynu Kruger. Doelskoppe: Kruger (6). Hoërskool Oudtshoorn 5 (0) – Drie: Ke-Owen Meyer.
Overberg 17 (14) – Drieë: Slade Jacobs (2). Doelskoppe: Clive Swarts (2). Strafdoel: Swarts. Graaff-Reinet Volkskool 16 (6) – Drie: Jemarl Minnaar. Doelskop: Elrico Prins. Strafdoele: Prins (3).
Parel Vallei 7 (0) – Drie: Bongolwethu Bawuti. Doelskop: Hiram Cassiem. Bredasdorp 5 (5) – Tristan Tayob.
Sentraal 13 (5) – Drieë: Hendré Botha, Christiaan Barnard. Strafdoel: André Buys. Langenhoven Gimnasium 7 (7) – Drie: Rihard van den Bergh. Doelskop: Calin Young.
Vredendal 24 (7) – Drieë: Ewan van Nieuwholtz, Dermonte Marero, Benre de Waal. Doelskoppe: Cee-Jay Isaacs (2), Lambrecht Cornelissen. Strafdoel: Jo-Haden Abrahams. Westering 22 (14) – Drieë: Cody Pienaar, Daylin Ruiters, Ntsika Kilani. Doelskoppe: Young (2). Strafdoel: Young.
[powr-comments id=”1033424a_1648455147533″]




