Brandfort verdedig trotse rekord teen Bothaville
DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort sal vandag in die hoofwedstryd van sy 15de jaarlikse sportdag teen Hoërskool Bothaville sy trotse onoorwonne rekord verdedig.
Die span van Brandfort was sedert die ontstaan van die sportdag nog nie aan die verloorkant op dié dag nie.
Grey-kollege sal ook vir die eerste keer sedert 2000 weer op dié sportdag in aksie wees. Daar sal twee spanne van Grey teen onderskeidelik Welkom-Gimnasium en Goudveld-Hoërskool kragte meet. Die span van die Rosestad gebruik die wedstryde as proewe.
Grey se breier, Tewis de Bruin was in Grey se laaste wedstryd in Brandfort in aksie. Grey het op daardie dag vir Fichardtpark 106-0 kaf gedraf. De Bruin het 26 van sy span se punte aangeteken. Hy het 13 doelskoppe oorgeklits.
Grey se Mike Andrade wat van Brandfort af kom sal weens ‘n enkelbesering nie aan die sportdag deelneem nie. Hy het twee jaar terug vir Brandfort op die sportdag teen Parys uitgedraf.
In die vernaamste voorwedstryd van die sportdag pak Sentraal en Noord-Kaap mekaar. Tralies het vroeër die week teen Landboudal van Jacobsdal 16-27 die knie gebuig. Northerns se agtsteman, Gerhard Holtzhausen is in die nasionale skole-sewesgroep. Tralies se losskakel DP de Lange en slot SJ Wessels was twee jaar gelede in die nasionale o.16 groen groep.
In Jacobsdal op Landboudal se jaarlikse sportdag sal Louis Botha se nuwe Suid-Afrikaanse Skole aanwins, Joseph Dweba sy buiging vir die span van die Rosestad maak. Dweba het verlede jaar vir Florida en die Leeus op die Cravenweek gespeel.
Hy is egter nie verkiesbaar vir vanjaar se Cravenweek-toernooi in Middelburg nie.
Die stryd in die kragmeting om dop te hou is tussen die gasheer se senterpaar Kat Mabaleng en Guillaume Oberholster teen hulle eweknieë van Louis Botha Ali Mgijima en Dale Koopman. Koopman en Mgijima het verlede jaar vir die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig, terwyl Mabaleng vir Griekwas gespeel het.
Vandag se skolerugbybepalings:
Brandfort Rugbydag: A-veld – 07:35: Bultfontein t. Goudveld III; 08:45: Hendrik Potgieter t. Hennenman; 09:55: President Steyn t. Hentie Cilliers II; 11:05: Grey Barbarians t. Welkom-Gimnasium; 12:15: Fichardtpark t. AHS Kroonstad; 13:25: Grey XV-tal t. Goudveld; 14:35: Zastron t. Hentie Cilliers; 15:45: Sentraal t. Noord-Kaap; 17:00: Brandfort t. Bothaville; B-veld – 15:30 – Theunissen t. Bohmer; 16:30: Martie du Plessis t. Zastron II. Ander – 12:20 – Sand du Plessis t. Ficksburg; 12:30: Duineveld t. Diamantveld; 13:30: Hoërskool Klerksdorp t. Jim Fouché; 16:30: Landboudal t. Louis Botha
- Bishops bags crucial victory over Boishaai in Schools SA20 - 2025-01-24
- Nini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16