Blou Tornado waai Bere weg, Rooi Bulle is stoetbulle in Middelburg

PRETORIA. – Dit het ‘n volle 11 jaar geneem, maar die Blou Tornado van die Hoërskool Waterkloof het uiteindelik weer daarin geslaag om Garsfontein se Bere weg te waai.
Die Klofies was met 47-36 op sy tuisveld baas. Soos enige goeie wenresep het jy ‘n kok oftewel in Waterkloof se geval Marco Kok nodig. Kok het telke male met sy stormramlopies sy span oor die voordeellyn gekry.
Boonop het die heelagter, Ronan Bastiaanse, sy skopskoene aangehad. Hy het nie net ‘n skepdoel vanuit sy eie helfte oorgeklits nie, maar ook ‘n bydrae van 22 punte met sy skopskoen gelewer.
Die Klofies se senterpaar, Happy Makate en Riwan van Aswegen, het agterlangs ook baljaar.
Dit was die Garsies se sesde agtereenvolgende nederlaag vanjaar. Die Turkoois Bere het laas in 2010 só ‘n droogte beleef toe hy vier keer in ‘n ry teen onderskeidelik Oos-Moot (8-32), Waterkloof (0-102), Centurion (14-59) en Wonderboom (14-17) die onderspit gedelf het.
Die Bere se ses nederlae tot dusver vanjaar was egter meestal teen groot honde soos Affies, die Hoër Jongenskool Paarl, Oakdale Landbou, Stellenberg en Grey-kollege.
Die Klofies was teen rustyd met die telling op 38-12 stewig in die saal. Die Garsies sal dus sook positiewe punte uit die nederlaag kan neem soos hul terugvegpoging in die einde asook hul skrumwerk.
Dit is sover vanjaar ook nie die Hoër Jongenskool Paarl se seisoen nie.
Maar die eerstespan van Boishaai het Saterdag in Bloemfontein gewys dat hy steeds oor hope durf beskik. Die span se afrigter, Sean Erasmus, se planne is ook duidelik nog vêr van klaar.
Grey-kollege was soos verwag in die interskole met 40-28 baas, maar dit was ‘n veel moeiliker taak as wat meeste vooraf verwag het. Grey het teen lemoentyd ‘n skrale voorsprong van 19-14 geniet.
Grey se skrumskakel, Phillip McLaren, wat uitstaande veral op verdediging waar hy waarskynlik meer as drie keer sy eie gewig in goud werd was. Die linkervleuel, Ruben Cilliers, was ook uitstaande.
Vir Boishaai het sy twee flanke, Rubin Dames en Stephan van der Merwe, vir die tuisspan probleme by die afbreekpunte besorg.
In Middelburg het HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg gesorg dat die meer as 13 000 toeskouers getrakteer word tot alles wat ‘n volwaardige derby behoort te hê.
Die twee spanne het behoorlik inmekaar geklim. Veral met hul duikslae asook by die afbreekpunte. Daar is sonder twyfel ‘n hele paar seer lywe vandag in Middelburg.
Die Rooi Bulle se kaptein en flank, Toy Engelbrecht, was vooraan in sy span se sege van 31-24 oor die Middies.
Agterlangs het die binnesenter, Johnny dos Santos, ook deurgans puik spel opgedis.
Vir die Middies het sy losskakel, Matthew Abbey, ‘n skitterende wedstryd beleef. Die tweestryd met sy direkte teenstander, Jacque Stassen, was een van die hoogtepunte van die kragmeting.
Albei losskakels het 16 punte in die kragmeting aangeteken. Die wedstryd was ook deel van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.
Diamantveld het in Kimberley sy grootste sege nog oor sy aartsvyand Noord-Kaap behaal. Die Diamonds was witwarm het en met ‘n allemintige 71-7 as oorwinnaars van die veld in die FNB Classic Clash gestap.
Die tuisspan het tien keer agter Northerns se doellyn gaan kuier.
Duineveld het koning gekraai in die Klein Interjol teen Hoërskool Upington met 17-15, terwyl Jim Fouché in sy jaarlikse FNB Classic Clash met 32-12 oor Sentraal baas was.
Die groot verrassing in die sentrale streek was die gelykop-uitslag van 17-elk tussen Welkom Gimnasium en die Hoërskool Trio. Witteberg het vir Goudveld-Hoërskool behoorlik met 52-0 afgestof.
In die Wes-Kaap moes Paarl Gimnasium behoorlik sweet om Rondebosch Boys’ High met 19-12 te troef. Gimmies se teenstanders van volgende week, Paul Roos Gimnasium, het ook hard gewerk om vir SACS met 28-10 te klop.
Al die uitslae:
SDC NOORDVAAL CUP
Groep 1
Beker: Waterkloof 47, Garsfontein 36; Monument 59, Menlopark 25; Helpmekaar 72, Hoërskool Nelspruit 19; EG Jansen 32, Marais Viljoen 8; Noordheuwel 40, Hoërskool Rustenburg 34. Plaat: HTS Middelburg 31, Hoërskool Middelburg 24; Transvalia 43, Ligbron Akademie 35; Kempton Park 34, Zwartkop 26; Oos-Moot 43, Montana 31. Skild: Die Anker 57, Ben Vorster 15; Hugenote (Springs) 41, Secunda 31; Wesvalia 41, Hoërskool Pietersburg 10; Heidelberg Volkskool 34, Jeugland 29. Bowl: Potchefstroom Gimnasium 62, Randburg 24; Piet Retief 15, Wagpos 14; Merensky 43, Hoërskool Alberton 17; Eldoraigne 30, Dr. Malan 30.
Groep 2
Blou Bulle: Bergsig Akademie 26, Midstream College 23; Overkruin 36, Pretoria-Noord 28; Wonderboom 31, Centurion 26. Goue Leeus: Dinamika 41, Hoërskool Sasolburg 29. Limpopo: Ben Viljoen 82, Frans du Toit 3; Ellisras 26, Nylstroom 13; Frikkie Meyer 29, HTS Tom Naudé 18. Valke: Brandwag (Benoni) 55, Hans Moore 26; Oosterlig 39, Leeuwenhof 26.
Groep 3
Blou Bulle: Die Wilgers 40, HTS Tuine 13. Limpopo: Louis Trichardt 62, Eric Louw 10. Luiperds: Vryburg 40, Hartbeespoort 21. Pumas: Hoogenhout 15, Generaal Hertzog 15.
Groep 4
Blou Bulle: Curro Roodeplaat 44, Suiderberg 0; FH Odendaal 26, Silverton 0; Magalieskruin 22, Maragon Mooikloof 10; Akasia 41, Kwaggasrand 7. Goue Leeus: Bastion 29, Allen Glen 24; Linden 62, Glenharvie 5; Bekker 53, Queen’s High 21; Alberton High 43, President 6; Bracken 30, Jan Viljoen 21; Randpark High 41, Fourways 20.
KWAZULU-NATAL
Maritzburg College 24, Michaelhouse 17; Westville Boys’ High 34, Kearsney College 22; St Charles College 36, Clifton 12; Hilton College 29, Pretoria Boys’ High 17.
NOORDVAAL
Jeppe 40, Northwood 8; St John’s College 80, St Andrew’s (Bloemfontein) 3; Lichtenburg 12, Hoërskool Klerksdorp 7; Parktown Boys’ High 23, St Stithians College 15; St Alban’s College 27, Northcliff 25; King Edward VII 75, St Benedict’s College 3; Rob Ferreira 57, Uplands College 14.
OOS-KAAP
Grey High School 15, Queen’s College 5; Nico Malan 31, Marlow Landbou 27; Framesby 47, HTS Daniël Pienaar 19.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Grey-kollege 40, Hoër Jongenskool Paarl 28; Landboudal 13, Fichardtpark 12; Jim Fouché 32, Sentraal 12; Witteberg 52, Goudveld-Hoërskool 0; Voortrekker (Bethlehem) 37, Hentie Cilliers 12; Hoërskool Trio 17, Welkom Gimnasium 17; Diamantveld 71, Noord-Kaap 7; Duineveld 17, Hoërskool Upington 15; President Steyn 53, Sand du Plessis 0; Hendrik Potgieter 34, Brandfort 26; Zastron 59, Sand du Plessis 8; President Steyn 61, Bloemfontein-Suid 5; Hoërskool Bloemfontein 56, Heatherdale 0; Hennenman 3, Riebeeckstad 0; Wilgerivier 50, Wessel Maree 7; Bultfontein 18, Bothaville 12; Hoopstad 75, HTS Welkom 0; Hopetown 64, Kimberley Boys’ High 0; Vrede 48, Harrismith 7.
WES-KAAP
Paul Roos Gimnasium 28, SACS 10; Paarl Gimnasium 19, Rondebosch Boys’ High 12; Boland Landbou 32, Wynberg Boys’ High 10; Stellenberg 25, Bishops 19; HTS Drostdy 25, Hoërskool Durbanville 23; Worcester Gimnasium 35, Robertson 28; Charlie Hofmeyr 27, Oakdale Landbou II 26; Hopefield 28, Piketberg 15; Langenhoven Gimnasium 31, Hoërskool Oudtshoorn 20; Hoërskool Punt 20, DF Malan 16; Tygerberg 20, Melkbosstrand 19; Hoërskool Bellville 32, Hugenote (Wellington) 29; Montagu 35, Labori 14; Porterville 45, Steynville Sekondêr 7; Milnerton 55, Parel Vallei 12; HTS Bellville 14, Monumentpark 10; Brackenfell 19, Strand 15; Overberg 19, Hermanus 7; Augsburg Gimnasium 20, Vredendal 13.