SuperSport Schools Plus

Bloemhof, La Rochelle slaggereed vir langverwagte Boland-derby

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-07-19 Tags: ,

Die twee Wes-Kaapse skole, Hoër Meisieskool La Rochelle en Hoër Meisieskool Bloemhof, pak mekaar vanmiddag om 16:55 by La Rochelle in die langverwagte Boland-derby.

Dié kragmeting beloof om hope aksie op te lewer.

Die spanne het vanjaar reeds drie keer ontmoet, met La Rochelle wat by elke geleentheid as oorwinnaars uit die stryd getree het. Die punteverskil was egter nooit groot nie.

Hulle was twee keer in Maart slaags, met La Rochelle wat 28-25 en 24-23 gewen het. Hul mees onlangse ontmoeting was in Mei, toe La Rochelle weer met 12-8 koning gekraai het.

La Rochelle: Iselle Acker, Marone Uys, Minette Retief, Jade Atkins, Mia MicKay Steenkamp, Christelle Greyling, Zahrah Noah, Esmari Valentyn, Mischa du Toit.

 

 

Bloemhof: Juané Maass, Mariaan Bruwer, Nell Basson, Lara Ehlers, Alana Lourens, Zahni Smit, Carlin Keuzenkamp, Cara Otto, Simoné Dry, Mila Bester.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.