SuperSport Schools Plus

Bekker en Fochville vat die voortou vir die 2021-seisoen

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2021-04-22

FochvillevsBekkerDit is nou dalk nie soos beplan ‘n afskop tot die seisoen net ‘n raps na middernag nie, maar die Hoërskool Bekker en Hoërskool Fochville sal steeds koppe stamp in die eerste wedstryd sedert die uitbreek van die Coronavirus-pandemie. 

Die twee spanne se kragmeting sal reeds om 05:00 net buite Magaliesburg afskop om die nuwe seisoen in te lui. Die kameramanne van DigiTV sal ook daar wees om die ondersteuners wat uitgehonger vir so bietjie skolerugby lafenis te verskaf.

Die wedstryd kan regstreeks op www.digitv.co.za gekyk word.

Die kragmeting sal as die Sunrise-beker bekend staan. Die twee skole be-oog om die ‘n jaarlikse instelling te maak. 

Fedsas, die Fedarasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, het ‘n stokkie voor die afskoptyd van 00:01 vroeër die oggend gesteek. Albei skole het vooraf goedkeuring van die Departement van Onderwys ontvang. 

Dit sal die eerste skolerugby-wedstryd wees sedert president Cyril Ramaphosa die nasionale inperking weens die Covid19-pandemie in Maart 2020 aangekondig het. 

Die afrigter en skoolhoof van Fochville, Bobby McLeod, het gesê dat hulle baie opgewonde is om weer ‘n wedstryd te speel. “Jy kon tydens ons proewe vroeër die week die opwinding voel,” het McLeod gesê.

Hoewel albei spanne in Afdeling 3 van die Virsekerbeker speel, sal Vrydag se kragmeting slegs ‘n vriendskaplike ontmoeting wees. 

Fochville sal deur sy flank, Dewan Delport, aangevoer word. Aan die ander kant van die skrum sak ‘n ene Jan Ellis, en ons sou sê enige span met ‘n speler met die naam wat aan die kant van die skrum sak, behoort vir goeie voetbal te sorg.

Fochville het die laaste wedstryd tussen die twee spanne in 2019 met 23-19 gewen. Bekker behoort egter op sy tuisveld vroeg uit die vere te kom in hoop om die bordjies teen die besoekers te verhang.

Die spanne is: 

Bekker: 15 Thabang Ndlovu, 14 Khulile Ndondo, 13 Dikotsi Kgomotso, 12 Keletso Maubane, 11 Nhlanta Cholani, 10 Niel Buitendag, 9 Hentie Fourie, 8 Junior Dantjes, 7 WJ Grobler, 6 Jano du Plessis, 5 Johannes Wandrag, 4 Enrico Malan, 3 Christo Kotze, 2 Lwazi Boyce, 1 Siyabonga Mkhabela. Plaasvervangers: 16 Kevin Ndlovu, 17 Offentse Segabutla, 18 Temoso Matlala, 19 Themba Zulu, 20 Luan Potgieter, 21 JJ Labuschagne.  

Fochville: 15 Marné Theron, 14 Lukisang Mofokeng, 13 Samuel de Villiers, 12 Riaan van Heerden, 11 Tristan Leggat, 10 Ryan Loots, 9 Jacques van Heerden, 8 James Watermeyer, 7 Dewan Delport (kaptein), 6 Jan Els, 5 Ryno Koekemoer, 4 Ruan Meyer, 3 JJ van Zyl, 2 Wian Gibbens, 1 Stanley Bennet. Plaasvervangers: 16 Marchelle Strydom, 17 Kobus Knoetze, 18 FC van den Berg, 19 Hugo van der Merwe, 20 Ryan Kemm, 21 Tiaan Louw, 22 Julian Rheeder, 23 Nathan van der Walt, 24 Wian Groenewald, 25 Hanro Nortjé, 26 Kian Kruger.

[powr-comments id=”512cf1d2_1619078712070″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.