Bastion hoop op geskiedkundige sege oor Vryburg in SDC Noordvaal Cup
Die Hoërskool Vryburg se eersterugbyspan sal vandag vir sy negende eindstryd in die geskiedenis van SDC Noordvaal Cup (voorheen Beeldtrofee en Virsekerbeker) aantree.
Vryburg kom hy op sy tuisveld, die Gert Lubbe-stadion in Vryburg, teen die Goue Leeus se kampioen, Bastion van Roodepoort om 12:30 in Groep 3 se eindstryd te staan.
Vryburg was boonop ook nog nooit aan die verloorkant in ‘n eindstryd nie. Die span is boonop die verdedigende kampioen na hy verlede jaar die titel as kampioen van Groep 3 met Die Wilgers van Pretoria (15-elk) moes deel.
Vryburg het verlede week in die halfeindronde vir Die Wilgers met 37-29 uitgeskakel.
Die Luiperds-kampioen was in tussen 2002 en 2005 vier keer op ‘n streep as kampioen van die Beeldtrofee vir Kleinskole gekroon. Hy het ook in 2009, 2014 en 2016 die Beeldtrofee se kroon as Mediumskole-kampioen gedra.
Bastion se span van 2023 maak geskiedenis deur vir die eerste keer ‘n verskyning in die eindstryd vir eerstespanne te maak. Die span van Roodepoort het egter vanjaar gewys dat hy glad nie gering geskat mag word nie. Hy was in sy 15 wedstryde tot op datum nog net een keer in die eindstryd van die Superreeks teen Brandwag van Benoni (26-27) aan die verloorkant.
Brandwag het self vanjaar tot kwarteindronde van Groep 2 in die reeks gevorder.
Vryburg was vanjaar nog net drie keer aan die verloorkant. In die NWU 16-reeks se eindstryd teen Piet Retief (14-20), teen die Hoërskool Upington (12-29) en Langenhoven Gimnasium (10-31). Dit is duidelik dat Vryburg vanjaar weer soos gewoonlik bo sy gewigsklas geboks het.
Piet Retief se skool is een van twee skole wat na vandag se eindstryde in Groep 2 ‘n kans staan om tot Groep 1 se Bowl-afdeling bevorder te word. Die Hoërskool Upington is die Griekwa grootskole-kampioen van 2023 en kom vandag in Kimberley in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga teen Fichardtpark te staan.
Saterdag se eindstryd beloof om vir hope vuurwerk en intrige te sorg soos nog ‘n hoofstuk in die saga in die Noordvaalreeks geskryf word.
Die spanne is:
Hoërskool Vryburg: 15 Solly Mokoka, 14 Linda Boyo, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Hanco Halgryn, 11 Johannes Haasbroek, 10 Zander Ackerman, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Marno van den Berg, 6 Diaan Janse van Rensburg, 5 Ben van Niekerk, 4 Jan Espag, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Kobus van den Berg.
Bastion: 15 Liam Jacobs, 14 Benie Paich, 13 Aiden Gerber, 12 PJ Potgieter, 11 Heinrich Albrecht, 10 Devlin du Preez, 9 Juan Venter (kaptein), 8 Warren Scott, 7 Christiaan Harmse, 6 Deanin Marais, 5 Michael Bester, 4 Christo Troskie, 3 Joodre de Beer, 2 Heinrich Venter, 1 Rynhardt Koekemoer.
Afskop: 12:30
Skeidsregter: Jean Booyse.
Junior Eindstryde:
o.16 – 11:00 – Vryburg vs Riebeeckrand
o.15 – 10:00 – Lydenburg vs Hoogenhout
o.14 – 09:00 – Hoogenhout vs Overvaal
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16