Arende kampioen van die VKB-week vir stedelike spanne
Die Vrystaat Arende is die kampioen van die eerste VKB-week (vir stedelike spanne) op Reitz. Die Arende het die Luiperds met 34-25 in die eindstryd op Piet Geyer-park in die Riemland geklop.
Die Arende se linkervleuel, Jannes de Jager, en een van die span se helde in die eindstryd het ‘n driekuns aan driee in die wedstryd behaal. De Jager, deesdae ‘n leerling van Fichardtpark in Bloemfontein, is ‘n oud-leerling van die Hoerskool Reitz.
Die kampioen se losskakel, Marinus Maloney, was die argitek van die span se sege in die eindstryd en is ook welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Maloney het deurgans vra aan die Luiperds se verdediging gevra. Hy het ook sy span se rekening vroeg in die wedstryd geopen na hy die bal onderskep het.
Wat Maloney se vertoning nog meer indrukwekkend maak is die feit dat sy direkte teenstander, Stephan van Niekerk, as die week se voorste agterspeler aangewys is. Nog ‘n ster van die Arende in die eindstryd die loskopstut, Herman Steenkamp, is welverdiend as die voorspeler van die week aangewys.
Die Limpopo Blou Bulle se heelagter, Zander de Ridder, het sy skopstewels aangehad en sy span tot ‘n oorwinning van 30-19 oor die Griffons geskop. De Ridder het 20 van sy span se punte met die skopskoen aangeteken.
De Ridder het slegs een poging pale toe skeef gekorrel. Dit was die doelskop van Keanan Brand se drie en was waarskynlik die maklikste van al sy pogings. Drie van sy ses strafdoele was vanuit sy eie halfgebied.
Puntemakers:
Vrystaat Arende 34 () – Driee: Jannes de Jager (3), Marinus Maloney, Arno Pienaar. Doelskoppe: DJ van Pletzen (3). Strafdoel: Van Pletzen. Luiperds 25 () – Driee: Divan Naude, Xander de Meyer, Armand van der Merwe. Doelskoppe: Stephan van Niekerk (2). Strafdoele: Van Niekerk (2).
Limpopo Blou Bulle 30 (12) – Driee: Keanan Brand, TG Fourie. Doelskop: Zander de Ridder. Strafdoele: De Ridder (6). Griffons 19 (10) – Driee: Jaco Theron, John-David Duthie, Strafdrie. Doelskop: Ryan Davids.
Valke-Oos 32 (15) – Driee: Divan de Klerk (2), Willie van Dyk, Ettiene Pretorius, Jayden Boshoff, Tiaan Venter. Doelskop: Boshoff. Noord-Natal 29 (5) – Driee: John Oberholzer (2), Vusi Buthelezi, Ruben Kwakkermaak. Kwanele Hlongwane. Doelskoppe: Kwakkermaak (2).
Oostelike Provinsie 59 (33) – Driee: Rohan Kruger (2), Cullen August (2), Anton van der Mescht, G Hoffman, Heinz Bertram, V Present. Doelskoppe: Hoffman (7). Valke-Suid 29 (7) – Driee:R Boshoff, AJ Claassen, F Marais, E McKenzie, M Combrinck. Doelskoppe: R Bezuidenhout (2).
- Athletics Rankings 2025 | Boys u17 - 2025-02-18
- Athletics Rankings 2025 | Boys u15 - 2025-02-18
- Curro Hazeldean clears the hurdle at the Wildeklawer Super Interhigh Group 5 - 2025-02-11