Arende en Luiperds pak mekaar in VKB-eindstryd
Dit is die Vrystaat Arende teen die Luiperds in die eindstryd van die eerste VKB-week (vir stedelike spanne).
Dit is dalk heel gepas dat die laaste kampioen van die VKB-week in sy vorige formaat, die Luiperds (2017), en die laaste wenner van die week voor die onstaan van die Pukke-week, die Vrystaat Arende (2004), mekaar in die eindstryd pak.
Die Arende het ‘n naelskraapse sege van 13-10 oor die Griffons op die tweede dag van die toernooi behaal. Die wenspan het teen rustyd met 10-5 voorgeloop. ‘n Skepdoel deur die heelagter, DJ van Pletzen, in die doodsnikke van die wedstryd het aan sy span die oorwinning besorg.
Die Luiperds moes ook hard werk vir sy plek in die eindstryd. Hulle het die Limpopo Blou Bulle met 35-33 op die tweede dag verslaan. Die span se losskakel, Stephan van Niekerk, het 15 punte tot die Luiperds se sege met sy skopskoen bygedra. Hy het drie van sy span se vier drieë verdoel en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.
Die Limpopo Blou Bulle se heelagter, Zander de Ridder, beskik ook oor ‘n geleerde skopskoen. Hy het met twee doelskoppe en drie strafdoele geslaag om 13 punte tot sy span se totaal by te dra.
Puntemakers:
Luiperds 35 (23) – Drieë: Lebo Thakoli (2), Danie Schoenveld, Armand van der Merwe. Doelskoppe: Stephan van Niekerk (3). Strafdoele: Van Niekerk (3). Limpopo Blou Bulle 33 (7) – Drieë: Gerrie Blom (2), Rudie Hattingh, Zander de Ridder. Doelskoppe: De Ridder (2). Strafdoele: De Ridder (3).
Vrystaat Arende 13 (10) – Drieë: Brendon van Heerden. Doelskop: DJ van Pletzen. Strafdoel: Van Pletzen. Skepdoel: Van Pletzen. Griffons 10 (5) – Drieë: Slade Dousse, Juan Jordaan.
Valke Oos 28 (14) – Drieë: Juanrich Botha (2), Willie van Dyk, Ethan de Kock. Doelskoppe: Joshua McCullam (3), Botha. Oostelike Provinsie 13 (8) – Drieë: D Jansen, Juhane Rossouw. Strafdoel: G Hoffman.
Noord-Natal 25 (15) – Drieë: Andi Niebuhr, JW Olsen, Vukani Malinga. Doelskoppe: Ruan Muller (2). Strafdoele: Muller, Wicus van der Walt. Valke-Suid 24 (5) – Drieë: 14C Labuschagne (2), A Meintjies, X Erasmus. Doelskoppe: R Bezuidenhout (2).
- Athletics Rankings 2025 | Boys u17 - 2025-02-18
- Athletics Rankings 2025 | Boys u15 - 2025-02-18
- Curro Hazeldean clears the hurdle at the Wildeklawer Super Interhigh Group 5 - 2025-02-11