Agtstemanne hou sleutel in vandag se hoofwedstryd
MIDDELBURG. – Met albei unies wat mekaar vandag in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir hoërskole op HTS Middelburg se hoofveld pak se laaste verskynings in die gesogte wedstryd het hulle sterk op die leierskap van hulle agtstemanne gesteun.
Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte se mekaar om 12:45 in die hoofwedstryd die stryd aan.
Die Voltruisboere was laas in 2008 in Pretoria teen die Vrystaat in die hoofwedstryd met sy agtsteman en kaptein, CJ Stander, wat hulle tot ’n sege van 31-25 geinspireer het.
Die span van die Baai se kaptein en agtsteman met hulle laaste verskyning in die hoofwedstryd in 2005 was die Springbok Dewald Potgieter. Oostelike Provinsie het op dié dag met 38-15 teen die Leeus die knie in Bloemfontein gebuig.
Oostelike Provinsie was laas in 1979 aan die wenkant in die hoofwedstryd. Die span se agtsteman, Junior Pokomela, kan met nog ’n stewige vertoning sy span se lang droogte verbreek. Die Voltruisboere se agtsteman is, Navada Jacobs.
Dit is die eerste keer sedert 2000 dat nie een van Suid-Afrika se sogenaamde Groot Vyf unies in dié wedstryd in aksie is nie.
Toe was dit die stryd van die losskakels met Derick Hougaard (Boland) en Nel Fourie (Pumas) wat in ’n stryd gewikkel was. Die Pumas het die naelbyt-stryd met 19-18 gewen.
Dit is ook die eerste eindstryd sedert 2010 in Welkom waarin die Leeus nie te sien sal wees nie.
Drie spanne sal na afloop van vanjaar se toernooi met ’n onoorwonne rekord kan spog. Buiten die wenner van die hoofwedstryd sal die Griffons, Luiperds en Griekwas almal vandag veg om hulle onoorwonne statusse te behou.
Die Perses het sedert die 2011-toernooi nog net een keer verloor. Hulle kom teen die Luiperds in die hoofwedstryd van die tweede veld, Hoërskool Middelburg se hoofveld, te staan.
Hulle sal egter nie gelukkig met die bepalings wees nie. Met dié wedstryd is hulle ontneem daarvan om vir hulself ’n beter posisie op SA Rugby se rangorde vir volgende jaar se toernooi in Durban te verwerf, maar ook om hulself behoorlik te toets. Die Griffons was verlede jaar ook onoorwonne en verdien eintlik om vandag op die hoofveld te speel.
In die vroeëre dae van die Cravenweek toe die spanne wat die opwindendste rugby tydens die toernooi opgedis het, beloon is om in die hoofwedstryd of op die hoofveld te speel sou die Griffons, Luiperds en Griekwas dalk vandag op die hoofveld te sien gewees het.
Die Perses en Poubloues is boonop die enigste twee spanne op die toernooi wat nog onoorwonne is, wat vier om meer drieë in albei hulle kragmetings tot dusver gedruk het.
) Vandag se bepalings is:
HTS Middelburg A-veld – 08:30: Pumas t. Leeus; 09:50: Westelike Provinsie t. Vrystaat; 11:10: KwaZulu-Natal t. Blou Bulle; 12:45: Suidwestelike Distrikte t. Oostelike Provinsie.
Hoërskool Middelburg A-veld – 08:30: Zimbabwe t. Namibië; 09:50: Griekwas t. Grens; 11:10: Griffons t. Luiperds.
Hoërskool Middelburg B-veld – 08:30: Griekwa-platteland t. Grens-platteland; 09:50: Boland t. Limpopo Blou Bulle; 11:10: OP-platteland t. Valke.
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15
- Rondebosch finish the prestigious Peninsula Festival as the only unbeaten side - 2025-01-12