SuperSport Schools Plus

Woeries en Hoogies sal vroeg stempel in SDC Noordvaal Cup wil afdruk

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-01 Tags: , , , , , , , , , ,

Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen van die SDC Noordvaal Cup Groep 2 gekroon word.

Die verdedigende kampioen, Overkruin van Pretoria, kon nie vanjaar daarin slaag om tot die uitspeelrondes deur te dring nie. Die naaswenner, Bergsig Akademie, het vanjaar in Groep 1 in die Bowl-afdeling deelgeneem.

Die Puma-kampioen, Hoërskool Hoogenhout, sal vir sy eerste uitspeelwedstryd na Alberton reis om teen die Hoërskool Alberton te staan te kom.

Die Allies het die reeks as die Valke se vierde gekeurde span deurgedring. Hoogenhout het in die Puma-eindstryd vir Lydenburg met 34-24 die loef afgesteek.

Die span van Alberton het ook tot dusver ‘n goeie seisoen beleef en het vroeër vanjaar ‘n vyfde plek in die NWU 16-reeks verdien.

Wagpos van Brits sal in sy uitspeelwedstryd teen die Limpopo-naaswenner, Hans Strijdom, te staan kom. Die span van Brits het verlede week in die uitspeelwedstryd om die derde en vierde posisie in die Blou Bul-liga vir Pretoria-Noord met 45-25 kaf gedraf.

Hans Strijdom het in die Limpopo-eindstryd naelskraaps met 23-27 teen Ben Viljoen vasgeval. Die Hansies het vroeër vanjaar die titel as kampioen van die NWU 16-reeks ingepalm.

Die span se flank Janneman Benson, binnesenter Hendriko van der Kolf asook die heelagter, Tebogo Mapologelo, kan die tuisspan probleme besorg.

Die Blou Bulle se kampioenspan, Hoërskool Centurion, kom op sy tuisveld teen Frikkie Meyer van Thabazimbi te staan. Die Woeries het vir Midstream College met 26-21 in die eindstryd onttroon.

Die Valke se naaswenner, Dr. Malan van Meyerton, sal in sy uitspeelwedstryd teen Wonderboom van Pretoria wat beloof om ‘n titaniese stryd te wees, te staan kom. Dokkies het in die Valke-eindstryd naelskraaps met Brandwag van Benoni met 11-13 die knie gebuig.

Wonderboom se Tiere het Die Wilgers met 46-40 in ‘n opwindende kragmeting verlede week geklop om te bepaal wie die Bulle se vyfde en sesde kwalifiseerder vir die Noordvaal-reeks sal wees.

Die spanne is: 

Hoërskool Alberton vs Hoogenhout om 11:30 in Alberton: 

Hoërskool Alberton: 15 Mbuso Zuma, 14 Jarron Geldenhuys, 13 Kgosi Matsena, 12 Ewan Muller, 11 Vian Nieuwoudt, 10 Dewald de Jager, 9 Jaydon Mostert, 8 Jay C Nienaber, 7 Luke Joubert, 6 Juan Crous, 5 Herman du Preez, 4 Ruan van Wyk, 3 Jayden Graaff, 2 Reuben van der Westhuizen, 1 Ivan Venter.

Hoogenhout: 15 Lesedi Moselane, 14 Sizwe Madonsela, 13 Sonwabo Simelane, 12 Pieter Viljoen, 11 Ryan Nel, 10 Siyabonga Shabangu, 9 Kegan Berry, 8 Thabang Mphore, 7 Stian Naudé, 6 FJ Maritz, 5 Dandré Els, 4 Eythan Martin, 3 Bertie Botha, 2 Pieter van Zyl, 1 Ikhona Masango.

Wagpos vs Hans Strijdom om 11:10 in Brits: 

Wagpos: 15 JG Olckers, 14 Franco Dippenaar, 13 Ivan du Preez, 12 Heinrich Wiehahn, 11 Dylan Joubert, 10 Myburgh Henning, 9 Arrie Joubert, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Wian Botha, 5 Matt Killian, 4 Anthony Bezuidenhout, 3 Killian Kirchner, 2 Adriaan Venter, 1 MG Hattingh.

Hans Strijdom: 15 Tebogo Mapologelo, 14 Keano van der Walt, 13 Francois Koen, 12 Hendriko van der Kolf, 11 Louis Joubert, 10 Jayden Enslin, 9 Mario Opperman, 8 Heigers Ferreira, 7 Janneman Benson, 6 Paul de Beer, 5 Ewandré Jonker, 4 Deon Otto, 3 Wessel Strooh, 2 Leander Janse van Rensburg, 1 Willie Vermaak.

Centurion vs Frikkie Meyer om 11:30 in Centurion: 

Centurion: 15 Donnell Farmer, 14 Dylan Schoeman, 13 Moeketse Legodi, 12 Kyle Fourie, 11 Ge-Raldo Danster, 10 Bernick Fourie, 9 Stefan Vorster, 8 Darius Durie, 7 CJ Niemandt, 6 Malan le Roux, 5 Ulrich van Wyk, 4 Ruben Pretorius, 3 Coenraad du Toit, 2 Robbie Herholdt, 1 Lincoln Hattingh.

Frikkie Meyer: 15 Barnabas Nyamakupe, 14 Poppie Mphela, 13 Prince Sekoboane, 12 Mare Pieterse, 11 HW du Plessis, 10 Leon Deysel, 9 MJ Kloppers, 8 Darren Pretorius, 7 Wian Pretorius, 6 Stefan Mulder, 5 Herman Prinsloo, 4 Kgosi Leteane, 3 Johnny Barnard, 2 Ruben Venter, 1 Lourens Pieterse.

Dr. Malan vs Wonderboom om 11:20 in Meyerton: 

Dr. Malan: 15 Shawn van Wyk, 14 Kallie Goosen, 13 Ambrogio van der Westhuizen, 12 Reinhardt Groenewald, 11 Enrico Janse van Rensburg, 10 Estian van der Westhuizen, 9 Dewald Erasmus, 8 Dillon Gouws, 7 Lex Grimsdel, 6 Jordan Bouwer, 5 Duvan Bornman, 4 Enrico van Zyl, 3 Shano Kukard, 2 Bernard Benson, 1 Ruben la Grange.

Wonderboom: 15 Iwan van Rooyen, 14 Nathan Roesch, 13 Carlo Schmahl, 12 Navan Jansen, 11 Christiaan Swanepoel, 10 Kyle dos Santos-Joubert, 9 Barend Bossert, 8 Ryan Otto, 7 Nathan Wilke, 6 Jancu Nel, 5 Nolan Lourens, 4 Darius van Loggerenberg, 3 Branden Freemantle, 2 Dian Dreyer, 1 Ethan Cotton.

Ander uitspeelwedstryde: 

Eerstes | 15:00 – Hartbeespoort vs Lydenburg; 10:15 – Die Wilgers vs Ben Viljoen; 11:15 – Brandwag (Benoni) vs Pretoria-Noord.

o.16 | 10:00 – Dr. Malan vs Hoërskool Tuine; 10:00 – Wagpos vs Ben Viljoen; 10:15 – Centurion vs Hans Strijdom;

o.15 | 09:00 – Dr. Malan vs Midstream College; 09:00 – Wagpos vs HTS Witbank; 09:00 – Centurion vs HTS Tom Naudé; 09:00 – Die Wilgers vs Ellisras;

o.14 | 08:00 – Dr. Malan vs HTS John Vorster; 08:00 – Wagpos vs Frikkie Meyer; 09:00 – Leeuwenhof Akademie vs Centurion; 10:00 – Hoërskool Alberton vs Die Wilgers;

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.