SuperSport Schools Plus

Wilgerivier blitzkrieg Rooiskool in Frankfort

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-05-23 Tags: , , , , , ,

NewsG HentieCilliersDie Hoërskool Wilgerivier van Frankfort se blitzkrieg het gehelp om ’n geskiedkundige oorwinning van 25-24 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad te behaal.

Wilgerivier het die naelskraapse sege op sy tuisveld uiteindelik danksy ’n strafdoel in die doodsnikke van die wedstryd deur sy slot Cobus Erasmus, gewen. Dit was boonop Wilgies se eerste tuiswedstryd ooit in die Griffon-liga.

Die tuisspan se blitzkrieg was in die eerste 20 minute toe hy ’n stewige voorsprong van 19-0 opgebou het. Rooiskool het daarin geslaag om terug te veg en die spanne het gaan rus met Wilgies voor met 19-14 op die telbord.

Die span van Frankfort se flank Corjan Muller, Erasmus en die skrumskakel, Christiaan Muller, het uitstaande vertonings gelewer. Muller het sy span oor die voordeellyn gekry en ook was ook met sy lakwerk goud werd vir sy span.

Erasmus het buiten sy stelskopwerk ook in die lynstane met sy rankwerk beïndruk. Vir Rooiskool kan die agtsteman, Dian de Beer, en die senter Zak van Niekerk tevrede met hul vertonings voel.

Witteberg se slot Cronjé Meiring het ’n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 46-14 oor die Hoërskool Kroonstad behaal. Wittes se skrumskakel, Jason Roux, en die slot Dirko Grobler het ook goed vertoon.

Blouskool het deurgaans in die skrums en lynstane sy man gestaan en nooit moed opgegee nie. Bloues het die laaste twee drieë van die kragmeting gaan druk wat die feit beklemtoon. Die losvoorspeler Piet van der Merwe het voorlangs goeie speler gelewer, terwyl die senter Mervin Touzel agterlangs meer as sy kant gebring het.

Goudveld-Hoërskool was in ’n onplesierige wedstryd met 36-0 oor HTS Sasolburg baas. Die Spanners het ’n rooikaart en twee geelkaarte in die wedstryd gekry.

Gouties se flank GP Nieuwenhuizen het voorlangs gewoel, terwyl die skrumskakel, Leon van der Walt, ook ’n puik vertoning gelewer het.

Voortrekker het nie veel probleme ondervind om HTS Welkom met 60-0 in hul kragmeting te troef nie. Die Trekkers se haker, Tiaan van Zyl, die flank Sakkie Mollentze en stut Francois Klopper het almal twee keer gaan druk.

Die pasaangeër in die Griffon-liga, Welkom Gimnasium, moes hard sweet in Virginia om Hentie Cilliers met 31-23 uit te oorlê. Die wenspan se heelagter, Andrew Kota, het 16 van sy span se punte aangeteken wat twee drieë ingesluit het.

Hennenman het sy spiere in die Sandveld-liga behoorlik gebult met ’n sege van 43-7 oor Riebeeckstad. Riebies het ’n afdag beleef met slegs sy skrumskakel, Lipoko Majoe, wat werklik vir Hennenman die stryd aangesê het.

Bothaville het vir Wessel Maree met 31-17, sy eerste nederlaag van die liga toegedien. Die wenspan se vleuel Reinhardt Grobler, die senter Hloni Manama, die heelagter Johani Bezuidenhout, die haker Marnus Klopper en die agtsteman, Charl de Waal het almal beduidende rolle in die oorwinning gespeel.

Ficksburg het vir Paul Erasmus van Senekal met 29-12 in hulle wedstryd in die Oos-Vrystaat verslaan.

Puntemakers: 

Wilgerivier 25 (19): Drieë: Junior Jordaan, Corjan Muller, Erich Kruger. Doelskoppe: Cobus Erasmus (2). Strafdoele: Erasmus (2). AHS Kroonstad 24 (14): Drieë: Marinus Aucamp (2), Dian de Beer. Doelskoppe: Chappies van der Walt (3). Strafdoel: Van der Walt. 

Goudveld-Hoërskool 36 (19): Drieë: Leon van der Walt (2), GP Nieuwenhuizen, Tristan September, Zane Vorster, Triumph Baloyi. Doelskoppe: Vorster (2), September. HTS Sasolburg 0.

Witteberg 46 (17): Drieë: Cronjé Meiring (3), Johannes van Graan, Franco Victor, Erhard Bubb, Jan-Herman van Straaten, Jason Roux. Doelskoppe: George Spershott (3). Hoërskool Kroonstad 14 (0)

Voortrekker 60: Drieë: Tiaan van Zyl (2), Francois Klopper (2), Sakkie Mollentze (2), Wessel van Huysteen, George Badenhorst, Regard Smalberger, Hercu Breitenbach. Doelskoppe: Louis Viljoen (5). HTS Welkom 0

Welkom Gimnasium 31 (14): Drieë: Andrew Kota (2), Ruben Abrahams, Gift Dlamini, Kyle Els. Doelskoppe: Kota (3). Hentie Cilliers 23 (6): Drieë: William Hendricks, Dillon Hardenburg, Winny Kennedy. Doelskop: Ruben Pretorius. Strafdoele: Pretorius (2). 

Hennenman 43 (17): Drieë: Fanie Pretorius (3), Stefan Diniso, Thinus Claassen, Juhze Piechazek, Jason Nel. Doelskoppe: Albe Venter (4). Riebeeckstad 7 (7): Drie: Lipoko Majoe. Doelskop: Johan Marais. 

Bothaville 31 (19): Drieë: Hanco van Aswegen, Casper Cordier, Reinhardt Grobler, Stefan Bester, Hloni Manama. Doelskoppe: Carlo Kleynhans (3). Wessel Maree 17 (5): Drieë: Reinard van der Vyver, Brandon Smit, Antonio Mosaledi. Doelskop: Tian Potgieter.

Ficksburg 29: Drieë: Stian Olivier, Jade Adams, DP Coetzee, Atie Konza. Doelskoppe: Rannie Nolan (3). Strafdoel: Nolan. Paul Erasmus 12

Hoopstad 14: Drieë: Wayne Vorster, Jaco Burger. Doelskoppe: Burger (2). Theunissen 19.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.