Wildeklawer vir die volgende twee jaar in by Diamantveld gehou
Die 2014-weergawe van die Wildeklawer SuperSkole-toernooi sal heel moontlik die grootste rugby- en netball-toernooi ter wereld vir skole wees. Nie minder as 112 skolespanne sal van 26 tot 30 April volgende jaar in die Diamantstad in aksie wees.
In die hoofdis sal 20 van Suid-Afrika se voorste rugbyskole te sien wees. “Daar sal nie baie veranderinge indien enige aan die eersterugby en netbalspanne wee swat vanjaar se toernooi bygewoon het wat volgende jaar weer te sien sal wees nie,” het Cassie Carstens, organiseerder van die toernooi, gesê.
Dié toernooi keer terug na Hoërskool Diamantveld in Kimberley na dit vroeër vanjaar deur Maritzburg-kollege in Pietermaritzburg aangebied is. Diamonds was al voorheen twee keer gasheer. Volgende jaar sal die sesde keer wees wat die toernooi aangebied word. Paarl Gimnasium het dit in 2009 en die Afrikaanse Hoër Seunskool in 2010 aangebied.
Buiten die eerste spanne sal daar ook op die rugbyveld op o.14-, o.15- en o.16-vlak soos in vorige jare meegeding word. ‘n Vernuwing aan die toernooi is die o.13-afdeling. “Ons het 16 rugbyspanne en netbalspanne in die o.13-afdeling vir volgende jaar. In dié afdeling sowel as die o.16-afdeling sal 50 persent van die spanne ontwikkelingspanne wees. Dit is spanne uit die platteland asook spanne van voorheen benadeelde skole. Hierdie is ‘n toernooi uit die Noord-Kaap vir die Noord-Kaap,” het Carstens gesê.
Vier eerste rugbyspanne uit die streek Grey-kollege, Diamantveld, Noord-Kaap en Hentie Cilliers van Virginia het vanjaar aan die toernooi deelgeneem. Op die netbalbaan was Sentraal en Diamantveld van die streek in aksie. Die Hoër Meisieskool van Oranje was weggelaat vir vanjaar se toernooi, maar sal ‘n sterk saak kan maak vir herinsluiting na ‘n uitstekende seisoen.
“Daar word met SuperSport onderhandel om die grootste Superrugby uitsending nog vanaf die toernooi volgende jaar te laat realiseer,” het Carstens gesê. Buiten Diamantveld se velde en bane sal daar ook van Kimberley Boys’ jr., CBC Kimberley, Newton, die Hoërskool Staatspresident Swart en AR Abbass se velde gebruik word.
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16