SuperSport Schools Plus

Wie gaan tweede Noordvaal Seweskroon dra?

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-09-22

Rooibul wit bgroundDie Hoërskool Garsfontein sal sonder twyfel vanjaar weer een van die gunstelinge wees om as kampioen van die Noordvaal-sewestoernooi (vir o.17-spanne) in Pretoria gekroon te word. Die toernooi word vanjaar vir slegs die tweede keer aangebied. Soos verlede jaar sal Menlopark weer die toernooi aanbied wat more en oormore plaasvind. 

Garsies se sewesspan het sedert 2012 nog net vyf keer in 92 wedstryde in die stof gebyt. Die span was wel verlede jaar in die eindstryd van die Noordvaal-toernooi teen die HTS Middelburg met 31-24 aan die verloorkant. Die twee spanne het mekaar vroeër vanjaar ook in die eindstryd van die Beeld Noordvaal Trofee gepak met Garsfontein wat met 42-40 in ‘n opwindende wedstryd baas was. 

Garsfontein sal teen Heidelberg Volkskool, HTS Witbank en Ben Vorster in sy drie groepwedstryde te staan kom. HTS Middelburg en Monument van Krugersdorp kan albei sterk weerstand vir Garsies bied. Die Rooi Bulle sal verby die gasheer, Menlopark, Sutherland en Linden in sy groepwedstryde moet kom. Monnas sal vir Zwartkop, Vereeniging-Gimnasium en Kemptonpark in sy groep die stryd aansê. 

EG Jansen van Boksburg, die Hoërskool Pietersburg, Waterkloof en Helpmekaar is waarskynlik saam in die moeilikste groep geloot. Buiten die o.17-afdeling het dié toernooi ook vanjaar ‘n o.15-afdeling. Die groepwedstryde word more beslis, terwyl die uitspeelwedstryde oormore gespeel sal word.

Die bepalings is: 

23 September 2015 

A-veld: 13:00 – Garsfontein t. Heidelberg Volkskool; 13:20 – HTS Witbank t. Ben Vorster; 13:40 – EG Jansen t. Hoërskool Pietersburg; 14:00 – Waterkloof t. Helpmekaar; 14:20 – Monument t. Linden; 14:40 – Vereeniging Gimnasium t. Zwartkop; 15:00 – Garsfontein t. Ben Vorster; 15:20 – HTS Witbank t. Heidelberg Volkskool; 15:40 – EG Jansen t. Helpmekaar; 16:00 – Waterkloof t. Hoërskool Pietersburg; 16:20 – Monument t. Vereeniging-Gimnasium; 16:40 – Garsfontein t. HTS Witbank;  17:40 – EG Jansen t. Waterkloof; 18:00 – Hoërskool Pietersburg t. Helpmekaar; 18:20 – HTS Middelburg t. Sutherland; 18:40 – Menlopark t. Linden. 

B-veld: 13:00 – Monument t. Zwartkop; 13:20 – Vereeniging Gimnasium t. Kemptonpark; 13:40 – HTS Middelburg t. Menlopark; 14:00 – Sutherland t. Linden; 15:40 – HTS Middelburg t. Linden; 16:00 – Menlopark t. Sutherland; 16:20 – Zwartkop t. Kemptonpark; 16:40 – Heidelberg Volkskool t. Ben Vorster.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.