SuperSport Schools Plus

Vyf kampioene nog in wedloop om titel van Groep 2 van SDC Noordvaal Cup


FOTO: Irmi Drotskie/Ellisras Facebook-blad

Daar is agt rolspelers oor in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup met vyf van die rolspelers wat hul onderskeie unies se kampioene is.

Limpopo se kampioen, die Hoërskool Ellisras, kom in die kwarteindronde teen Dinamika van Alberton te staan. Die span van Lephalale sal na LA oftewel Lower Alberton moet reis vir die kragmeting.

Dinamika is die Goue Leeus se kampioen. Die span van Alberton het vir die Hoërskool Randburg met 23-15 in die Leeu-eindstryd uitoorlê. Ellisras is as Limpopo-kampioen gekroon toe hy Frikkie Meyer van Thabazimbi met 33-22 in dié eindstryd getroef het.

Die span van Ellisras het vroeër vanjaar ook die kroon as kampioen van die Mauritz Hansen-week of Hansie-week soos dit in die volksmond bekend staan. Hier het hy ook vir Frikkie Meyer met 17-8 in die eindstryd verslaan.

‘n Wedstryd se uitslag tydens die week wat Dinamika met belangstelling sou dophou is die sege van 5-0 oor die Hoërskool Linden op die tweede dag in Mookgophong.

Dinamika het vanjaar al twee spanne wat in die Bowl-afdeling van die SDC Noordvaal Cup meeding slae gegee. Hy het vir Dr. Malan (23-14) en die Hoërskool Alberton (32-10) vroeër in die seisoen geklop.

Die kragmeting tussen Dinamika en Ellisras behoort dus een van die hoogtepunte van die kwarteindronde te wees.

Die verdedigende kampioen van die SDC Noordvaal Cup, Midstream College, het self ‘n moeilike besoek aan Ermelo wat op hul wag. Die span van Centurion is ook die Blou Bulle-kampioen, terwyl sy gasheer die Hoërskool Ermelo die Puma-kampioen is.

Ermelo het sy titel as Puma-kampioen beklink met ‘n sege van 20-17 oor Rob Ferreira van Witrivier. Midstream College het nie veel probleme in die Bulle-eindstryd teen Overkruin (49-3) ervaar nie.

Ermelo het ‘n trotse rugbygeskiedenis en was die eerste houer van die kompetisie se trofee in 1920 toe hy vir Heidelberg Volkskool met 3-0 in die eindstryd verslaan het. Die skool moes wel 80 jaar wag voordat hy sy tweede titel in 2000 (toe Beeldtrofee) sou verower.

Midstream College se Cravenweek-vleuel, Hilton Thomas, sal ook fyn deur die tuisspan dopgehou word. Thomas is ook ‘n bekwame naelloper wat met skitterende tye van 21 .88 sekondes (200m) en 48.09 sekondes (400m) vanjaar op die tartanbaan spog.

Die Valke se kampioen, Hans Moore van Benoni, sal na Rustenburg reis om teen die Luiperds se naaswenners, Bergsig Akademie, te staan te kom. Hans Moore het vir Brandwag naelskraaps in die Valke-eindstryd met 18-17 getroef.

Bergsig kan egter nie gering geskat word nie. Die span het vanjaar reeds onder andere met Frikkie Meyer (47-28), Randburg (46-29) en Rob Ferreira (12-10) afgereken.

Al die spanne sal wel die uitslag van die kragmeting langs die oewer van die Mooirivier in Potchefstroom met groot belangstelling dophou. Die Luiperds se kampioen, Potchefstroom Gimnasium, speel gasheer vir Brandwag van Benoni.

Die Gimmies beskik vanjaar oor ‘n span wat ‘n sterk aanspraakmaker op die titel is. Hulle het vanjaar in hul jaarlikse FNB Classic Clash vir Potchefstroom Volkskool met 26-13 verslaan. Die Volkies neem in die kompetisie in Groep 1 in die Bowl-afdeling deel.

Potch Gimmies het die Luiperds se naaswenners, Bergsig Akademie, oortuigend met 45-5 in hul kragmeting ore aangesit.

Die span van Potchefstroom het wel vanjaar teen Dinamika met 6-31 die knie behoorlik gebuig.

Die spanne is: 

Potchefstroom Gimnasium vs Brandwag (Benoni) in Potchefstroom om 11:20: 

Potchefstroom Gimnasium: 15 Jaap van der Westhuizen, 14 Lourens Jacobs, 13 Jean Groenewald, 12 Delarey Joubert, 11 Toks Becker, 10 Jhanco de Beer, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Dewald Lubbe, 6 Bart du Plooy, 5 Tobias van Dyk, 4 Kyle Williams, 3 Deandré Lombard, 2 Franco van Dyk, 1 Daneil Potgieter.

Brandwag (Benoni): 15 Stefan Horn, 14 Tyrese Baatjies, 13 Logan Turvey, 12 Ruan Joubert, 11 Sheldon Lucas, 10 Kevin van der Merwe, 9 Jayden Smith, 8 Ruben Riekert, 7 Ruan Nelson, 6 Fred Terblanche, 5 Eben Pretorius, 4 Charl van Zyl, 3 Edward Kotze, 2 Theuns Goosen, 1 Nardes Bloemhoff.

Hoërskool Ermelo vs Midstream College in Ermelo om 10:15: 

Hoërskool Ermelo: 15 Siviwe Nkosi, 14 Thabo Mukwena, 13 Edwin Smit, 12 EJ Venter, 11 Mafika Khubeka, 10 Carel Jacobs, 9 Louis Roulliard, 8 Adriaan Davel, 7 Christiaan Horn, 6 Azanda Khumalo, 5 Philan Khumalo, 4 Leo Luyt, 3 Lindo Linda, 2 Riaan Janse van Rensburg, 1 Nnete Manotsi,

Midstream College: 15 Jaedon Louw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Anru Cronjé, 11 Nicolaas Vlok, 10 Christiaan Mare, 9 Xander Senekal, 8 Tian Pretorius, 7 Joshua Smit, 6 Jahred Smit, 5 Kago Montene, 4 Jacques Vos, 3 Deon le Roux, 2 Mika Lubbe, 1 Kobus van der Merwe.

Bergsig Akademie vs Hans Moore in Rustenburg om 11:20: 

Bergsig: 15 Waldo Pretorius, 14 Siya Buthelezi, 13 JL Janse van Rensburg, 12 Jaysen de Abreu, 11 Alzandro dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Jacques du Plooy, 7 CJ van Rooyen, 6 Cobus Ferns, 5 Dewald Potgieter, 4 Taffa Luyanda, 3 Hercu du Plessis, 2 Clayton Reed, 1 Bongi Sakie.

Hans Moore: 15 Warren Minnaar, 14 Carl Muller, 13 Shanden Mays, 12 Stephan Kellerman, 11 Lex Laurens, 10 Tristan Fletcher, 9 Jean Maré, 8 Keagan van Zyl, 7 Liam Diedericks, 6 Luan Zeelie, 5 Nico Boshoff, 4 Marnus van der Walt, 3 Jayden van Heerden, 2 Johan du Plessis, 1 Lian Jansen.

Dinamika vs Hoërskool Ellisras in Alberton om 10:00: 

Dinamika: 15 Dylan Serfontein, 14 Ansley Govender, 13 Jaden Jonker, 12 Nathan Son, 11 Jayden Serfontein, 10 Kyle Young, 9 Dylan Feenstra, 8 Dwayne Roodt, 7 Keanu Viljoen, 6 Jonathan Rebelo, 5 Usher Booysen, 4 Marco Gomes, 3 Wesley Williamson, 2 Kyle Middelton, 1 Tiaan Saayman.

Ellisras: 15 Lebo Rabodiba, 14 TK Mulaudzi, 13 FK Drotskie, 12 Divan Malan, 11 Ashley Monyelo, 10 Gerdro Grobler, 9 Erhard Geyser, 8 Jadrin van Blerk, 7 Heinrich Poolman, 6 Ewald Kirstein, 5 John-Michael Elenis, 3 Hope Seyaga, 3 Khamo Mojeki, 2 Hanno Kay, 1 Ruan Mostert.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.