SuperSport Schools Plus

Vrystaatse halfeindstryde word Saterdag op Gonval Store-park in Bainsvlei beslis

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-04 Tags: , , ,

FOTO: Marnus Prinsloo

Die Vrystaatse halfeindstryde vind Saterdag op President Steyn se velde plaas.

Volg al die aksie op SuperSport Schools Registreer nou

Fichardtpark sit hul veldtog tot ‘n onoorwonne seisoen voort waneer hulle vir Sentraal in die Stadsbeker halfeindstryd ontmoet.

In die ander halfeindstryd speel Jim Fouché teen Landboudal.

Die Fichie Leeus is definitief die gunsteling op hierdie stadium, nadat hulle reeds al hul teenstanders op die dorp gedurende die seisoen kon mak maak en die Wesgrow Sentrale Sportreeks titel ‘n staanplek in die Rosestad kon gee.

Toe hulle vroeër teen Sentraal gespeel het was Fichardtpark die beter span en kon gemaklik met 33-7 wen.

Hul laaste Wesgrow bepaling teen Witteberg was egter ‘n baie harder wedstryd, en die Bloemfonteiners moes sweet vir hul 29-27 sege.

Hierdie mag dalk ook die laaste wedstryd vir hul eerste SA Skole speler, Jaco Grobbelaar (slot), in ‘n Fichardtpark trui wees.

Sentraal beleef ‘n baie moeilike seisoen en dit sal hul sterkste vertoning van die jaar vereis om die Fichies Saterdag in te perk.

Edward Mpinga (vleuel) en sy Cravenweek skakelpaar van Dailen Geldenhuys (losskakel) en Devanté Claassen (skrumskakel) veroorsaak nog heel jaar vir verdegingslyne probleme, en hulle sal die naweek ook hul stempel wil afdruk vir Fichardtpark.

Jim Fouché beleef ook ‘n sterk seisoen, aangevuur deur hul Cravenweek haker en kaptein, Stefan Venter, wat week na week vir sy span uitblink.

Hulle was net voor die vakansie met 27-12 baas teen Landboudal en sal daardie sukses weer Saterdag wil herhaal.

Die manne van Jacobsdal het ook ‘n moeilike seisoen agter die rug, en pak vir JF sonder hul staatmaker losskakel, Vuyani Moore, aan.

Moore mag later as ‘n plaasvervanger opkom, maar Regard Fouché begin in die nommer-10 trui.

Die spanne is:

Fichardtpark t. Sentraal om 13:50:

Fichardtpark: 15 Rubin Visagie, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré can der Merwe, 11 Martin Kalp, 10 Dailen Geldenhuis, 9 Devanté Claassen, 8 Tumelo Leputla, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Janse van Rensburg, 1 Zaine van Zyl.

Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Hanco Smith, 12 Ruan van Niekerk, 11 Reece van Rooyen, 10 Hendrik Jonker, 9 Johan van der Merwe, 8 Sarel Taljaard, 7 Stephan de Lange, 6 Chris Kachelhoffer, 5 Steven Smith, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

Jim Fouché t. Landboudal om 12:40:

Jim Fouché: 15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Tristan van der Walt, 8 Calvin Bolt, 7 JW Stone, 6 Ruan Heymans, 5 SW van der Merwe, 4 Stefan van Rooyen, 3 Stean Marais, 2 Stefan Venter, 1 Bernard Labuschagne.

Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Barry Pretorius, 13 Jan Louis Nel, 12 Franz Homsek, 11 Robin van der Walt, 10 Regard Fouché, 9 Coenraad Pretorius, 8 Peru van der Merwe, 7 Henko Brummer, 6 Juhan Swanepoel, 5 Dylan Janse van Rensurg, 4 Franke Fourie, 3 Stefan Opperman, 2 Bielie Davel, 1 Wianco Ludicke.

Brandfort t. St Andrews om 11:30:

Brandfort: 15 Gustav Maree, 14 Janco Snyman, 13 Franco de Klerk, 12 Fanie van Heerden, 11 Amolang Maloisane, 10 Henré Smith, 9 Altus Coetzee, 8 Wehan Strydom, 7 Barend de Klerk, 6 Demas Moloyi, 5 JC Venter, 4 Cecil Lee, 3 Lian Naude, 2 Heinrich de Kock, 1 Frikkie Smith.

St Andrews: 15 Connor Nel, 14 Dakalo Leketa, 13 Mlungisi Lepesa, 12 Elia Mokuoane, 11 Koena Ntsamai, 10 CM Geel, 9 Schalk Liebenberg, 8 Yavantle Peni, 7 Mandela Sipoyo, 6 Matthew Fletcher, 5 Marco de Sousa, 4 Lesedi Sipoyo, 3 Matthew Simon, 2 Ioanni Giannakopoulos, 1 Brett Barnes.

Zastron t. Hendrik Potgieter om 10:20:

Zastron: 15 Kuhle Mdladlamba, 14 Jay-Cee Knoetze, 13 Mawethu Magudela, 12 Kamo Masiloane, 11 Asive Diba, 10 Lechabile Leballo, 9 Rheinico Nel, 8 JP van Rooyen, 7 Jean Pierre Steenkamp, 6 GD Bruwer, 5 Kamo Elesia, 4 Markus Allerston, 3 Frans Botha, 2 CJ Bouwer, 1 Christen du Toit.

Hendrik Potgieter: 15 Breyton Read, 14 Denver Jacobs, 13 Sterling Batties, 12 JW Mortlock, 11 Tumi Pholoane, 10 Jandre van Niekerk, 9 Quinton Fillis, 8 Unathi Ngeyakh, 7 Divan van der Bank, 6 Kallie Erasmus, 5 SW Erasmus, 4 Grysie Coetzee, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.

Ander bepalings:

o.19 B: 08:00 – Jim Fouché II t. Sentraal II; 09:10 – Landboudal II t. Fichardtpark II.

o.19 C: 12:00 – Sentraal III t. Jim Fouché III; 13:10 – Landboudal III t. Fichardtpark III.

o.16: 10:00 – Zastron t. Brandfort; 11:05 – St Andrews t. Hendrik Potgieter; 12:10 – Landboudal t. Fichardtpark; 13:15 – Jim Fouché t. Sentraal.

o.15: 08:00 – Sentraal t. Fichardtpark; 08:00 – Bloemfontein Hoërskool t. Brandfort; 09:00 – Landboudal t. Jim Fouché; 09:00 – St Andrews t. Sand du Plessis.

o.14: 10:00 – Sentraal t. Jim Fouché; 11:00 – Jim Fouché t. Landboudal.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.