SuperSport Schools Plus

Vrystaat kies voorlopige spanne vir nasionale weke

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-29 Tags: , , , , , ,

GEORGE, SOUTH AFRICA – JULY 05: Pieter Van Der Merwe of Free State scores a try during the match between Western Province XV and Free State on day 3 of the SA Rugby U18 Craven Week at Outeniqua Park on July 05, 2023 in George, South Africa. (Photo by Shaun Roy/Gallo Images)

Die Vrystaatse o.18-rugbyspan se hele beginspan vir die Stadio Cravenweek vir hoërskole kom vanjaar uit Grey-kollege. In totaal het die rugbyfabriek 19 spelers in die voorlopige groep van 24 spelers waarop die keurders besluit het.

Die Cravenweek vind vanjaar op die Ras van Rooyen-veld van Monument in Krugersdorp plaas. Die Vrystaters kom Saterdag in hul eerste losmaker teen die Griffons se Akademie-span in Bloemfontein te staan. Die Blikore kom in hul eerste kragmeting van die Cravenweek vanjaar teen die Perses se uitsoekspan te staan.

Die binnesenter, Pieter van der Merwe, asook die losskakel, Alzeadon Felix, is die enigste twee spelers wat verlede jaar ook vir die Vrystaat op die toernooi in George in aksie was.

Van der Merwe het verlede jaar die SA Skole A-span gehaal en sal sonder twyfel sy oog op ‘n SA Skole-baadjie hê.

Daar kan ook vanjaar geskiedenis gemaak word met Burgersdorp se Abcotile Pate wat in die span is. Hy sal die eerste speler wees wat buite die Vrystaatse provinsie skoolgaan sedert die ontstaan van die Cravenweek in 1964 om die Vrystaat te verteenwoordig.

Burgersdorp vanuit die Oos-Kaap neem van vanjaar af vir die eerste keer in die Vrystaatse liga deel.

Die Vrystaters word deur Bobby Joubert (Grey College) afgerig, met Corné Erasmus (Jim Fouché) en Moekoa Bolofo (Louis Botha) as sy hulpafrigters. Voughan Casling (Grey College) is die spanbestuurder.

Die spanne is: 

Craven Week: 15 Donelle Hendricks (Grey College), 14 Pretorius Ekeji (Grey College), 13 Ethan Adams (Grey College), 12 Pieter van der Merwe (Grey College), 11 Siyabonga Kenny (Grey College), 10 Alzeadon Felix (Grey College), 9 Philip McLaren (Grey College), 8 Liam Santos (Grey College), 7 Julian Cosmo (Grey College), 6 Xander Smit (Grey College), 5 AJ Meyer (Grey College), 4 Heinrich Theron (Grey College), 3 Danie Kruger (Grey College), 2 Liam van Wyk (Grey College), 1 Dian Venter (Grey College). Plaasvervangers: 16 Emile McGeer (Grey College), 17 Tserilitso Shongwe (Louis Botha), 18 Kutlwano Tukulu (Louis Botha), 19 Buko Mlali (Fichardtpark), 20 Kwanda Tokwe (Louis Botha), 21 Sherwin Buys (Grey College), 22 Toriq Schambreel (Grey College), 23 Abcobile Pate (Burgersdorp), 24 Theko Montjane (Grey College).

19 Grey College | 3 Louis Botha | 1 Fichardtpark | 1 Burgersdorp

Academy Week: 15 Heinz Stockenström (Grey College), 14 Phiwe Mkunjane (Louis Botha), 13 Thristan Maree (Grey College), 12 Junior Titoti (Fichardtpark), 11 Ruben Cilliers (Grey College), 10 Okuhle Dyani (Burgersdorp), 9 Bernard Wessels (Grey College), 8 Marcel Coetzee (Grey College), 7 David du Toit (Grey College), 6 Lisakanya Taba (Burgersdorp), 5 Peter Tembo (Fichardtpark), 4 Renier Grobler (Grey College), 3 Marinus Oosthuizen (Grey College), 2 MJ Hattingh (Fichardtpark), 1 Zaine van Zyl (Fichardtpark). Plaasvervangers: 16 Itumeleng Mokhati (Jim Fouché), 17 Hloni Mkhwane (St Andrews), 18 Molaoa Oregolele (Louis Botha), 19 Temba Nomganga (Louis Botha), 20 Mokoena Rapeo (Louis Botha), 21 Pule Motsilili (Fichardtpark), 22 Jan-Hendrik van der Linden (Grey College), 23 Rorisang Masoeu (Grey College).

10 Grey College | 5 Fichardtpark | 4 Louis Botha | 2 Burgersdorp | 1 Jim Fouché | 1 St Andrews

Rhino Week: 15 Bendré Vermaak (Jim Fouché), 14 Jannie de Waal (Landboudal), 13 Darius Erwee (Grey College), 12 Hanro Marais (Jim Fouché), 11 Benjamin van der Berg (Grey College), 10 Breyton de Wee (Jim Fouché), 9 Hanru Hugo (Landboudal), 8 Franco Oberholzer (Jim Fouché), 7 Adem Nieuwoudt (Grey College), 6 Tian Fourie (Grey College), 5 Claude Steyn (Grey College), 4 Qian Moller (Jim Fouché), 3 Regard Scheepers (Landboudal), 2 Luan Booysen (Landboudal), 1 David Hayidakis (Grey College). Plaasvervangers: 16 Marno Smit (Fichardtpark), 17 Henco Diederichs (Grey College), 18 JG Badenhorst (Grey College), 19 JC van Niekerk (Jim Fouché), 20 Chris Strauss (Landboudal), 21 Duard Bester (Jim Fouché), 22 SJ Coetzee (Sentraal), 23 Adrian de Necker (Jim Fouché), 24 Simeon de Klerk (Landboudal), 25 Clement van Tonder (Grey College).

Vrystaat Arende: 15 Marius Etzebeth (Landboudal), 14 Devan Maartens (Fichardtpark), 13 Sinethemba Mkolambi (Burgersdorp), 12 Riaan Benadé (Grey College), 11 Ayanda Qinisa (Fichardtpark), 10 Henco Truter (Landboudal), 9 Hendrik Jonker (Sentraal), 8 Juhan van der Westhuizen (Landboudal), 7 JW Stone (Jim Fouché), 6 Neo Mothibidi (Louis Botha), 5 Mogomotsi Mokonyane (Louis Botha), 4 Francke Fourie (Landboudal), 3 Nathan Swanepoel (Fichardtpark), 2 Marnus Earle (Sentraal), 1 SW van der Merwe (Jim Fouché). Plaasvervangers: 16 JT Laney (Grey College), 17 Daniel Tjimbundi (Louis Botha), 18 Wianco Ludike (Landboudal), 19 Christiaan Oosthuizen (Burgersdorp), 20 Jaco Venter (Landboudal), 21 Craven Crause (Landboudal), 22 Divan Vorster (Landboudal), 23 Divan Roux (Grey College), 24 Steven Smith (Sentraal).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.